Page 1 of 1

Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 11:35 am
by JGZ
Goeiedag almal,

Ek het sopas aangelsuit iop die forum. Gebruik dit al vir jare vir inligting, maar die tyd kom nou om n paar vrae self te vra.
Ek is n PhD student by Stellenbsoch Universiteit en sekerlik al my beursgeld gaan in my ketties in. Ek is baie lief vir jag en veldskiet en is ook tans besig om n nuwe geweer te bou.

Huidiglik staan die arsenaal as volg:
Savage 10/110 FCP HS Precision 308; 24' 1/10 twist; CDI bottom metal; AICS mags; Bushnell HDMR FFP 3.5-21 x 50mm

Glock 17 gen 4 9mm

Remington 870 express super magnum 12 gauge

Nuwe projek:
Rem700 kort aksie - besluit nog op kaliber
Timney 510 sneller
Nightforce 20 MOA scope rail
Badger ordinance tac boltnob

Lekker om hier te wees!

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 11:46 am
by Arnold
Baie welkom hier.

Wat is jou naam en wat swot jy?

Kaliber vir daai Rem700 kort aksie - 6XC met 'n 1-8" twist loop :)

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 11:58 am
by JGZ
Dankie Arnold,

Gideon van Zyl

Doen my PhD in Plantpatologie - Digitale beeldanaliese vir spuitdeposisie parameter bepaling, siekte modelering en remote sensing tech (LIDAR ens) ontwikkeling.

Ek het gedink aan n 6XC of 243ai spesifiek vir veldskiet, maar die 260rem klink ook goed vir extrme steel.

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 12:01 pm
by Carl
Welkom Gideon. Pasop net die plek meng maklik in met jou studies ;)

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 12:05 pm
by Arnold
Met 'n 6XC en 105/7gr koeƫls gaan jy waarskynlik die 260 Rem klop ;)

Sterkte met die PhD!

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 12:32 pm
by Kallie Fernhout
Bou n xc dan het jy n bitter lekker roer wat jy lank kort stadig en vinnig kan skiet, al probleem is as jy met hom geskiet het wil jy met niks ander skiet nie. Baie welkom sterkte met phd

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 1:08 pm
by Geno
Welkom Gideon!

Bou eerder 'n improved XC nl. 6x47L

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 2:44 pm
by JGZ
My kop is sterk op n 6mm xc. Ek wil graag my eie reamer koop, maar is dit regtig nodig?

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 2:47 pm
by JGZ
maar ai dan is daar ook nog die 6mm super LR...

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Fri Dec 12, 2014 4:32 pm
by Heinz Petersen
Welkom Gideon. Hier gaan die manne nou met jou kop smokkel.

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Mon Dec 15, 2014 12:19 am
by jamalley
Welkom

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Mon Dec 15, 2014 1:54 pm
by Boesman10
Welkom op die forum. Bly jy ook in ons omgewing of swot jy net hier.

Re: Moes al lankal aangesluit het...

Posted: Mon Dec 15, 2014 4:35 pm
by JGZ
Ek is n bolander "born and raised". Bly tans in Stellenbosch.