Page 1 of 1
Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 9:35 pm
by Fanie Nel
Goeie naand almal
Ek soek so bietjie raad het so klein probleempie. Het die naweek so bietjie geskiet toe sien ek dat elke keer wanneer ek loop laat afkoel het na ek 3 skote gekiet het,is die volgende skoot 'n flyer en nie net bietjie sommer 1 en half duim na twee duim bo die ander twee skote. Wat kan die oorsaak wees
Groete Fanie Nel
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 9:50 pm
by Arnold
Dit klink of jou loop iewers aan jou kolf raak? Is dit dalk wel die geval?
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:01 pm
by JPS
Fanie, jou heel eerste skoot, met die koue loop, is hy ook hoog? Of slegs as jy die eerste 3 skoot groepering geskiet het en dan afgekoel het en weer skiet?
JP
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:24 pm
by Fanie Nel
Arnold die loop raak defenitief nerens aan kolf nie.
JP geweer doen dit met eerste skoot ook
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:37 pm
by JPS
Fanie,
Ek is dan geneig om met Arnold te stem oor die loop erens raak sodra hy warm raak. Het jy al die kolf afgehaal om te kyk of daar nie erens 'n klein blink plekkie op die kolf is waar die loop druk as hy warm word nie? Rede vir vraag is ek het ook selfde probleem gehad. Nadat ek seker was loop was mooi gefloat. Het later sintetiese kolf opgesit wat toe problEem vir my opgelos het. As jy 100% seker is daar is geen drukplek is nie wag ons maar op die ander kundige manne se voorstelle.
Groete
JP
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 11:10 pm
by James Wilson
moet met die manne saamstem, jou loop raak iewers. dit is een van die maklikker probleme om reg te stel.
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Mon Apr 04, 2011 11:21 pm
by Francois Marais
Fanie
Kan ook maar net by die ander manne se versie inval......
Reken jou loop raak iewers aan die kolf.
Mooi loop
Francois
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Tue Apr 05, 2011 12:20 pm
by Fanie Nel
Ek redelik seker loop raak nie gerrie coetzee het seker 3 maande terug geweer vir my gepak en loop gefloat, was toe by Clarence vir knaldempper hy het kolf afgehaar gese bedding is reg. Sal weer kyk
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Tue Apr 05, 2011 12:32 pm
by Andy
Fanie,
'n Maklikie toets om te sien of die loop iewers raak is om te skiet en as hy afkoel 'n R10 noot tussen die kolf en die loop deur te trek. Jy sal dadelik voel as die noot begin swaarder terk, dit beaam die moontlikheid dat die twee mekaar raak. Een van my gewere het dit gedoen en het net bietjie skuur werk nodig gehad om dit reg te maak.
Andy
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Tue Apr 05, 2011 12:35 pm
by Arnold
Ek dink die loop raak nie as hy koud is nie maar wel as hy warm is. Trek daai R10 noot tussen die kolf en loop as die geweer warm en koud is en voel of daar 'n verskil is.
Het jy al drie skote met 'n koue loop geskiet? Groepeer hulle op dieselfde plek?
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Tue Apr 05, 2011 1:20 pm
by fanie17
Fanie
Maak ook net seker van die twee skroewe wat die aksie aan die kolf vas maak.Het die geweer dit voorheen gedoen,wat is intussen verander as hy dit nie voorheen gedoen het nie.Watse aksie is die geweer op gebou.
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Tue Apr 05, 2011 1:40 pm
by Wouter Roets
Faan
Doen hierdie toetse(R10 noot) met die silencer op. Daai silenser kan veroorsaak dat die loop wel teen iets druk. Ek neem aan die ondersoeke wat tot nou toe gedoen was deur al die manne was met die silencer af.
Groetnis
Wouter
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Tue Apr 05, 2011 10:06 pm
by Fanie Nel
Naand Wouter
Ja ek nog nie R10 noot toets gedoen as loop warm is en silencer op is nie. Sal as ek tydjie het weer gaan skiet en dan toets doen.
Dankie Almal
Groete
Fanie
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Wed Apr 06, 2011 12:36 pm
by Stefan764
Fanie
Persoonlik het ek al met los skroewe gesit. My baie bullets en baie askies vir die vloekery gekos. Check hulle maar gereeld.
Watse roer is dit? My pa het n .308win Musgrave mod80. Die voorste skroefie (nie op aksie nie, die een wat die geweerband-svivel in kolf vastrek) het deurgedruk tot teen die loop. Die skroefie is verwyder en probleem van bont skiet is opgelos.
Jy skiet nie bont nie, net die "koue" skoot is weg van die groep, as ek jou reg verstaan. In die geval stem ek saam met my kamerade hierbo deur te se daar is net een ding wat kan fout wees, die loop druk OF as hy warm is OF as hy koud is teen die kolf.....kan nie dink dat dit iets anders kan wees nie, dan sou die roer mos bont geskiet het?? Of hoe reken julle?
Stef
Re: Flyers na loop afgekoel het
Posted: Wed Apr 06, 2011 12:54 pm
by Fanie Nel
Hello stef
Dit is 270win marlin fabrikaat. geweer het my baie laat sukkel tot ek hom behoorlik laat pak het, nuwe kroon laat sny en silencer laat opsit, was toe ruk lank reg nou weer die probleem. lopie maar dun en kort het vir my nuwe loop gekoop moet nog net laat opsit. Ek pacnor loop gekoop
Groete