Page 1 of 2

Help my om die scope te verstaan

Posted: Thu Dec 11, 2014 3:27 pm
by LUAN
Waar begin ek?

Ek wil nie lyk of ek kla en stories opmaak nie maar iets se vir my die scope is ook nie reg nie.
So bietjie agtergrond. Ek het my eerste Rudolph V1 6-24x50 n rukkie gelede gekoop. Ek sien toe na ek hom gemount het en ook ongelukkig tyd en geld gemors het op ammo dat sy kruishaar spring op en af as ek die paralaks draai. Ek laat weet vir Rudolph direk en hy antwoord vining en ek kry binne n week n ander scope.

Gister kry ek tyd om hom te mount en boresight en weer na dit besluit ek om te kyk hoe werk die paralaks op die een. Ek mik toe van n rus af en hou die posisie en begin die paralkas draai van laag tot infinity. Toe sien ek maar die kruishaar styg en daal soos ek die paralaks op en af draai. Nou dit lyk nie vir my reg nie? Ek moet byse ek het n Bushnell elite tactical en as ek dieselfde met hom doen dan bly die kruishaar op dieselfde plek net die focus gaan uit soos te wagte. So dan kan die Rudolph mos nie reg wees? Kan jy dink hoe jou poi sal skuif as die paralaks net bietjie uit is vir die spesifieke afstand? Regtig dit breek my selfvertroue. Kan dit so moeilik wees om n scope reg te bou? Maar hiers ander ouens op die forum wat die scopes loof en prys?

Al wat ek nou wil weet is of ek die moeite en geld moet mors om weer baan toe te gaan net om te sien dat die groeperings skuif? Of is dit maar hoe n scope moet werk?

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Thu Dec 11, 2014 4:39 pm
by LRLaubscher
LUAN,

Dit is verseker nie reg nie. Ons het al lekker gesels en van wat ek kon aflui is jou skiet verwagting van so 'n aard dat jou toerusting reg moet wees.
Vrae jou geld terug, en koop iets wat reg is.
Dis baie jammer, die dat dit 'n afrikaanse maatskappy is wat die scopes laat maak en inbring is tog vir my goed.
Maar as die toerusting nie na wense perform nie, kry iets wat doen.
Vortex se scopes is effe duurder maar gaan jou nie die ergenis verskaf nie.
6.5-20x50 Viper!! BDC kruishaarl!

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Thu Dec 11, 2014 4:44 pm
by alecjohnson
Dit is nie reg nie! Ek was baie tevrede met my rudolph H1 4-12x50 en hy het nie paralax verstelling nie. en is baie akuraat met verstellings. Ek het nou vortex viper 6.5-20x44 en WOW dis nou 'n lekker een sy paralax werk 100%. Ek hou wel meer van die rudolph se prys.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Thu Dec 11, 2014 4:57 pm
by henning
Ek kan nie kommertaar lewer op die Rudolph scope nie maar kan net se dat ek n Viper scope het en regtig baie beindruk is met die prys en wat jy daarvoor kry.

Groete
Henningf

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Thu Dec 11, 2014 5:52 pm
by LUAN
Wat my lam maak is doen die ouens nie quality control voor hulle die scope verpak? Ek wil nie weer scope ruil nie ek soek liewer my geld terug eks jammer.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Thu Dec 11, 2014 9:20 pm
by Frikkie Coetzee
Luan. In terme van die Gebruikers Beskerming Wet is dit jou reg om die transaksie te kanseleer en jou geld terug te vra onder omstandighede waar die produk nie geskik is vir die doel waarvoor hy bedoel is nie.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Fri Dec 12, 2014 12:13 am
by Johnnie De Wet
Klein probleempie met toets: gestel teiken is op 100m, jy begin met jou paralaks op 100m. As jy jou kop link, regs, op en af beweeg bly jy op teiken. Nou stel jy die paralaks na 800m maar die teiken bly op 100m. As jy nou jou kop links, regs, op of af beweeg is jy redelik ver van teiken af. Die probleem is jy kan nie jou kop so stil hou nie, dis hoekom die paralaks daar is.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Fri Dec 12, 2014 12:26 am
by LUAN
Probleem is johnnie op daardie lang afstande kan jy nie rerig sien of jou paralaks reg is vir daardie afstand. So nou dink jy is reg gestel vir die afstand maar die kruishaar het daardie bietjie gelig wat n paar duim is op teiken. Ek het die toets op kort afstand gedoen en gesien hoe baie die kruishaar beweeg dink nou hoeveel duime gaan dit wees op lang afstande. Die bottom line is my ander scope doen dit nie want dis nie hoe dit moet wees nie.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Fri Dec 12, 2014 5:21 am
by Geno
Is jou oog presies 100% in die middel as jy die paralaks knop draai?

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Fri Dec 12, 2014 5:46 am
by LUAN
Geno ek het van die tafel af oor die bipod gemik op n kol en in die posisie gebly terwyl ek die paralaks draai. Soos ek se met my bushnell bly die kruishaar op dieselfde punt net die fokus gaan uit waar die rudolph se kruishaar op beweeg hoe verder ek die paralaks draai.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sat Dec 13, 2014 11:13 am
by LUAN
Nou ja terug vanaf die baan. Gebore sight en begin skiet op 25m. Eerste skoot bo. Hou die vergroting op 6x en draai die paralaks heeltemal uit en die volgende skoot sit daar onder. Volgende skoot draai ek die paralaks terug na 25m en die skoot val in die eerste gat.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Dec 14, 2014 11:35 am
by TASCO
Luan,

Dit wil my voorkom of redelik baie forumlede nie heeltemal die paralaks funksie en spesifiek die "paralaks korreksie" terme verstaan nie.
Hiermee in "Brits" soos deur Dolph aan my gestuur.

Parallax Correction
The most misunderstood and often incorrectly set rifle scope adjustment of all .... is the parallax setting. This is NOT a focus adjustment or a range finder.
The parallax adjustment eliminates the optical error when shooting at different distances. This is accomplished by positioning the lenses to correct the parallax at each specific distance, making sure the image focuses on the same plane as the reticle .... not in front or behind them.
To be parallax free, the target image must be focused onto the reticle. This condition can be met only at the range for which the scope is focused.
Targets that are either nearer or further away will cause parallax, which is seen as apparent movement of the reticle against the target.
Also, while shifting your eye to the left and right, it can appear if the reticle is moving across your target.

The small amount of parallax exhibited in general purpose hunting scopes and at normal hunting ranges is insufficient to be of concern.
For precision shooting, parallax is not tolerable and can be eliminated at all ranges with the adjustable focusing wheel.
Rotate the focusing wheel to the position where the reticle and the target are the sharpest.


Ek dog ek stuur dit maar net aan, want dit mag voorkom of jou scope eindelik niks meer fout is nie!

Groete

Tasco

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Dec 14, 2014 12:30 pm
by LUAN
Dis als mooi Tasco ek verstaan ook nogal die paralaks storie so. Maar nou hoekom doen my bushnell nie dieselfde nie?

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Dec 14, 2014 1:44 pm
by James Wilson
LUAN wrote:Dis als mooi Tasco ek verstaan ook nogal die paralaks storie so. Maar nou hoekom doen my bushnell nie dieselfde nie?
Goeie vraag!

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Dec 14, 2014 1:51 pm
by Rudie
Luan ek het self al gewonder oor die kruishaar wat beweeg saam met die fokus ring. Kyk baie mooi, die scope is second focal plane so die eye piece wat lyk of hy die kruishaar laat beweeg, beweeg egter die hele beeld saam en die kruishaar skuif nie van die kol al nie. Met 'n FFP scope sou dit die geval wees. Al hoekom jou skote skuif as jou paralaks nie reg is nie is omdat jou teiken en kruishaar nie op dieselfde fokus punt sit nie. As jou kop nie perfek agter die scope is nie sal hy pla.

Ek stel voor om jou kop so bietjie links en regs te beweeg agter die geweer en dan jou kruishaar te kry om op te hou rond dans op die teiken. Ek het nou 'n Vortex HST terug gestuur wat se Windgage glad nie stel nie so dit gebeur met die beste scopes op die mark.

Ergste van alles is nou is daar lang stories laat dit tot 4 maande kan vat vir my om scope terug te kry. Die scope was nog nie eers geskiet nie en slegs op die geweer gemount om tall target toets te doen toe ek dit agter kom.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Dec 14, 2014 2:46 pm
by Gian_dP
LUAN wrote:Dis als mooi Tasco ek verstaan ook nogal die paralaks storie so. Maar nou hoekom doen my bushnell nie dieselfde nie?
Kan wees dat jou Bushnell so monteer is dat jy perfek deur die middel kyk, sal dan redelik paralaks vry wees selfs al verstel jy nie vir paralaks nie. As jy nie deur die middel van die okkulere lens kyk nie, sal jou kruishaar skuif soos jy paralaks verstel.

Skuif jou kop verder van die teleskoop as weg totdat jy net n kleinerige beeld sien. Maak seker kruishaar in die middel. Verstel nou paralaks. As kruishaar steeds skuif is daar iets fout. As dit nie skuif nie, moet jy net wangstuk aanpas om jou oog in die middel van scope te kry.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Dec 14, 2014 7:52 pm
by Hein22
Dit kan nie so 'n groot verskil op 25m maak nie, daar moet fout wees met die scope.

Gaan soek bietjie op youtube "understanding parallax with leopold". Daar verduidelik hulle 'n ao scope met 'n 44x objective wat se parallax op 100yards gefokus is slegs 44mm op 300yards kan uit wees as jy jou kop heeltemal links en heeltemal regs skuif so vêr jy kan.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Tue Dec 30, 2014 6:02 pm
by LRLaubscher
Die hoeveelheid wat die impak skuif is te veel om aan normale parralax toe te skryf.
Iets is hier nie reg nie.
Ek het 6 scopes met parralax versteling en nie een van hulle doen dit nie.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Tue Dec 30, 2014 6:58 pm
by Johan JvR
Fout met die scope.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Tue Dec 30, 2014 7:47 pm
by LUAN
Dankie, ek sal maar in die nuwe jaar terugstuur eks nou bietjie gatvol vir die scopes storie hou nou eers vakansie.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Feb 15, 2015 10:49 pm
by pietbak
Is daar iemand wat die parplaks in eenvoudige Afrikaans kan verduidelik. Hoe meer ek oplees hoe minder verstaan ek. Ek gebruik 'n Nikon Monarch 3 5-20x44 op die .257 Roberts.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Feb 15, 2015 11:39 pm
by Rudie
Die kort weergawe is basies die teiken en die kruishaar is nie op dieselfde fokus plein binne die scope nie. Maklik om vas te stel of jou paralaks reg gestel is. Kyk deur jou scope na die teiken en sonder om jou geweer te beweeg, beweeg jou kop so klein bietjie op en af. Jy verstel dan jou sidefocus tot jou reticle nie meer beweeg ten opsigte van jou teiken nie.

Moet nie net gaan staan en die afstand stel wat op jou sidefocus knop is nie want hulle is maar net plus minus gekallibreer.

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Feb 15, 2015 11:47 pm
by Gian_dP
pietbak wrote:Is daar iemand wat die parplaks in eenvoudige Afrikaans kan verduidelik. Hoe meer ek oplees hoe minder verstaan ek. Ek gebruik 'n Nikon Monarch 3 5-20x44 op die .257 Roberts.
Jy stel jou teleskoop se agterste lens(okkuler) sodat die kruishaar in fokus is as jy na blou lug kyk. Dit is die gesigveld (focal plane) van jou kruishaar. Dink nou aan dit soos n glasblad met jou kruishaar op.

Die beeld wat jy dan na kyk wanneer jy na n teiken/bok deur die teleskoop gaan deur n stel lense om dit te vergroot. Hierdie beeld word dan "projekteer" op die glasblad met jou kruishaar. As jou verstelling korrek is(paralaks vry), is beide jou kruishaar en beeld van die teiken in fokus.

Indien jy nie reg stel nie , is daar n paralaks fout. Jou kruishaar dus in fokus, maar teiken geblur. Jou oog kan kompenseer, teiken dan gefokus met kruisdraad geblur.

Die ander probleem met n paralaks wat nie korrek gestel is nie, kan verskuiwing van POI gee as jy nie met elke skoot presies deur dieselfde punt van teleskoop kyk nie.
Dink so daaraan as jou paralaks reg is, le die glasblad met kruis teen die teikenbeeld. Al skuif jy jou kop rond, gaan kruis en teiken nie bewweg tov mekaar nie. As paralaks uit is, is die glasblad ent voor of agter die beeld. As jy jou kop rond beweeg, verander die teiken en kruishaar tov mekaar. As eknreg onthou, is dit maks die helfte van jou objektiewe lens. (Bv 20mm vir n 3-9×40 teleskoop)

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Feb 15, 2015 11:47 pm
by Gian_dP
pietbak wrote:Is daar iemand wat die parplaks in eenvoudige Afrikaans kan verduidelik. Hoe meer ek oplees hoe minder verstaan ek. Ek gebruik 'n Nikon Monarch 3 5-20x44 op die .257 Roberts.
Jy stel jou teleskoop se agterste lens(okkuler) sodat die kruishaar in fokus is as jy na blou lug kyk. Dit is die gesigveld (focal plane) van jou kruishaar. Dink nou aan dit soos n glasblad met jou kruishaar op.

Die beeld wat jy dan na kyk wanneer jy na n teiken/bok deur die teleskoop gaan deur n stel lense om dit te vergroot. Hierdie beeld word dan "projekteer" op die glasblad met jou kruishaar. As jou verstelling korrek is(paralaks vry), is beide jou kruishaar en beeld van die teiken in fokus.

Indien jy nie reg stel nie , is daar n paralaks fout. Jou kruishaar dus in fokus, maar teiken geblur. Jou oog kan kompenseer, teiken dan gefokus met kruisdraad geblur.

Die ander probleem met n paralaks wat nie korrek gestel is nie, kan verskuiwing van POI gee as jy nie met elke skoot presies deur dieselfde punt van teleskoop kyk nie.
Dink so daaraan as jou paralaks reg is, le die glasblad met kruis teen die teikenbeeld. Al skuif jy jou kop rond, gaan kruis en teiken nie bewweg tov mekaar nie. As paralaks uit is, is die glasblad ent voor of agter die beeld. As jy jou kop rond beweeg, verander die teiken en kruishaar tov mekaar. As eknreg onthou, is dit maks die helfte van jou objektiewe lens. (Bv 20mm vir n 3-9×40 teleskoop)

Re: Help my om die scope te verstaan

Posted: Sun Feb 15, 2015 11:51 pm
by pietbak
Dankie. Dit is 'n nuwe teleskoop wat ek Satedag gekoop het. Sal hom gaan toets op die skietbaan. Nog maar altyd met eenvoudige teleskope geskiet maar begin sukkel met my sig.