Page 1 of 1

Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 11:58 am
by Willie007
Hallo julle,

Ek hoop iemand hier kan my help?

Ek het huis gekoop laas jaar. Die mense wat daar gebly het, het net gebly.. Tussen die gras het ek bossies, of eintlik - tussen die bossies het ek gras! Ek het al round up daar gespuit, wat my met kaal kolle gelos het, en nou, met nuwe bossies. Ek het kunsmis gegooi om te sien of die gras nie die goed wil oorneem nie (iewers gehoor dit sal werk..) Bottom line: ek kry nie van die bossies ontslae geraak nie. Die een lyk, soos ons op skool geleer het, soos 'n papier duwweltjie, die ander een is ek nie van seker nie.

Weet iemand of daar iets op die mark is om die goed mee slae te gee? Of enige ander advies?

Mods, as dit nie gepas is nie, skuif maar, of haal maar af asb?

Dankie,

Willie.

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:02 pm
by Geno
Ek luister saam. Sit met dieselfde probleem!

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:15 pm
by RUPERT
Onder koreksie! Ek het gehoor die bosies groei in jou tuin agv van teveel suur in die grond en n mens kan kalk gooi om te keer met die plaag. Maak maar eers seeker oor my storie voor julle dit doen.

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:21 pm
by Sarel
Ek weet nie watter tipe gras jy het nie, maar met my ondervinding van kikuyu gras is:

Sny gereeld. Dit vorseer die gras om lote te maak, en versprei vinniger sodat die gate toegroei en onkruid doodgroei

Gooi bogrond in die somer

Gooi 323 kunsmis gereeld

Ek verkies LM gras eintlik meer omdat dit vinniger groei, maar is meer dors vir water

Die beste grasnyer is:

LM Gras: Draai lem grasnyers
Kikuyu gras: Rol lem grasnyers

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:25 pm
by Kallie Fernhout
As die bossie n breƫ blaar onkruid is en dit staan op n grasperk of n tipe gras wat n small blaar is moet jy iets soek met die aktiwie bestandeel 2,4D en MPCA naamlik turfweeder . Dit is tipe onkruid dodders wat slegs die bree blaar onkruid tussen die gawasse met smal blare sal dood maak.

http://msdssearch.dow.com/PublishedLite ... age=GetDoc

As dit andersom om is en daar staan bree blare en jy wil gras uithaal wat smal blaar is sal jy weer iets soos Gallant gebruik

Maak net seker dat jy die dosis reg spuit en die regte hoeveelheid water op die geskrewe area sit anders kan jy alles vrek brand. Maak ook net seker dat daar nie n drift is na die verkeerde tipe plant vir die verkeerde tipe gif nie.

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:27 pm
by Sarel
As jy onkruiddoder wil gebruik kan jy Turfweeder aanwend:

http://www.lawnpro.co.za/weeds-on-lawns ... lawns.aspx

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:27 pm
by Smirre
More
daar is verskillende giwwe op die mark
die wat bossies dood,bree blare dood, gras dood of sommer als dood ,ens ens

Gaan na die kooperasie en kies die regte een.
Neem sommer n kiekie om vir die manne daar te wys

Smirre

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:33 pm
by DWB
Dis oor julle nie loadshedding kry nie, nou groei die bossies maar....

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 2:43 pm
by Umshwati Boy
Vir 'Woody Stemmed' Onkruid, gebruik "Browser", sit MCPA by en dan beheer jy die Broadleaves en die Woody stemmed bossies.

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 3:00 pm
by Willie007
Dankie menere! Hier is darem slim manne op die forum!! En dan is daar die manne wat net saam gesels (ne Deon?) Ek terg sommer Deon, die ander het my iets laat leer, jy het my laat lag. Ek is bly om te sien so tussen al die kennis deur wat hier gedeel word, is die sin vir humor hier lewendig!

Re: Onkruid..

Posted: Wed Dec 10, 2014 4:50 pm
by Chrisjan
Ek sit nou juis met die bree blaar probleem. Waar gaan koop mens die doder?

Re: Onkruid..

Posted: Thu Dec 11, 2014 12:09 am
by marthinus100
Enige iemand ondervinding met n produk genaamd banweed? Ekt dit nou die naweek gespuit. Die wind het my grasperk hierdie jaar goed vol papier doring sade ens gewaai. Tuindienste trek nie die bossies uit nie. Anders sal ek en en die vrou dit maar op die ou manier moet doen. Met die hand uit trek.

Re: Onkruid..

Posted: Thu Dec 11, 2014 6:07 am
by ruaanb
Banweed werk goed jy moet net opvolg spuit doen oor 2 weke en dan weer soos nodig

Re: Onkruid..

Posted: Thu Dec 11, 2014 9:21 pm
by Christo
ruaanb wrote:Banweed werk goed jy moet net opvolg spuit doen oor 2 weke en dan weer soos nodig
Maklikster metode, pasop net winddrift in jou rose in. Hulle is eerste vrek.

Banweed gaan net op die breeblare werk.

Re: Onkruid..

Posted: Fri Dec 12, 2014 4:46 am
by Apie
Banweed is MCPA
Turfweeder is 2.4d plus MCPA
Super Turfweeder is 2.4D plus MCPA plus Dicamba.

Almal is hormoon gebaseerde breeblaar onkruiddoders.

Vir 'n begin plant gras in die kaal kolle.
Gee jou gras kans om goed te vat voor jy die eerste keer met onkruiddoder naby kom.

Enige van die bogenoemde produkte sal werk.
Spuit jou onkruide as hulle nog jonk is en aktief groei.
Pasop vir wind, jy wil nie mammie se varkore en kappertjies en leeubekkies ook in die stof laat byt nie!