Page 1 of 2

Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 9:06 am
by PWV
Vanoggend hierdie (ek skat dit is 'n dame), in die badkamer raakgeloop.
As hier dalk 'n kenner is wat hierdie spinnekop kan identifiseer, sal ek bly wees.
Hy/sy is amper so groot soos my handpalm.
Groetnis
P.W.V.

Ns. Dalk kan ek haar vir teeldoeleindes verkoop. 8)

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 9:27 am
by Sarel
Lyk soos 'n reen spinnekop, nie giftig nie

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 9:47 am
by PWV
Dankie Sarel, ek het ook so gedink. Ek dink die groot agterlyf dui daarop dat dit 'n wyfie is.

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 9:50 am
by Frikkie Coetzee
Dis n frikkus bangeloticus. Kom meestal in my badkamer voor. Brand dadelik nou huis af!

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 9:51 am
by Johan JvR
As ek daai At in my huis kry gaan haal ek die pistool uit. klaar

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 9:58 am
by Geno
PWV wrote:Ek dink die groot agterlyf dui daarop dat dit 'n wyfie is.
In mense dui 'n groter agterlyf ook daarop dat dit die vroulike geslag is.

Nou moet ek hol, want Lila gaan my moer as sy dit lees!

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 10:05 am
by andre007
PWV wrote:Vanoggend hierdie (ek skat dit is 'n dame), in die badkamer raakgeloop.
As hier dalk 'n kenner is wat hierdie spinnekop kan identifiseer, sal ek bly wees.
Hy/sy is amper so groot soos my handpalm.
Groetnis
P.W.V.

Ns. Dalk kan ek haar vir teeldoeleindes verkoop. 8)
Hallo Oom PW
Dis n reënspinnekop. So lyk die mannetjie:
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Capture_zpsa0c74478.jpg

Hulle is heeltemaal skadeloos, al dink die skonergeslag nie so nie ;D

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 10:40 am
by PWV
Gromit wrote:Dis n frikkus bangeloticus. Kom meestal in my badkamer voor. Brand dadelik nou huis af!
My vrou beweer dit is Skrikkicus mygattiaf! Sy gooi net kookwater as ek nie daar is om die arme wese te red nie!

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 10:42 am
by PWV
andre007 wrote:
PWV wrote:Vanoggend hierdie (ek skat dit is 'n dame), in die badkamer raakgeloop.
As hier dalk 'n kenner is wat hierdie spinnekop kan identifiseer, sal ek bly wees.
Hy/sy is amper so groot soos my handpalm.
Groetnis
P.W.V.

Ns. Dalk kan ek haar vir teeldoeleindes verkoop. 8)
Hallo Oom PW
Dis n reënspinnekop. So lyk die mannetjie:
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Capture_zpsa0c74478.jpg

Hulle is heeltemaal skadeloos, al dink die skonergeslag nie so nie ;D
Mooi spinnehoof! 8)

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 10:47 am
by Dries101
Aracnis Deathicus-ek stem brand die huis af

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 11:24 am
by Wielie Waps
Ek het redelik baie reenspinnekoppe om my huis aangesien daar ivy is wat teen my huis rank. My vrou wou ook al die huis afbrand , want sy kan die goed nie verdra nie. My seun het nou die ander dag 'n plastiek spinnekop baie strategies geplaas op 'n matras en toe my vrou dit sien het sy 'n halwe blik doom op dit uit gespuit. Ek se toe 'n plastiek spinnekop en vra of sy nie gesien het hy hardloop nie weg nie. Haar antwoord was dat sy nie tyd het om te kyk of hy hardloop of nie hy MOET net vrek. Sy het tot die bottel waarin my seun hom kastig gevang het weggegooi.

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 11:31 am
by soundzmad
Dankie PWV/Willie Waps


EK het nou lekker gelag....."tyd het om te kyk of hy hardloop of nie hy MOET net vrek"

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 11:41 am
by Gawie(13mm)
Wat het van ons spinnekop kenner daar uit Duits Wes geword? ;D

Oom ek het 'n mooi jong mannetjie in my badkamer gevang laas week. Dit is net die ding vir Sannie.

Hou asb. die 7mm Inisiatief draad dop vir pryse van teel-pare en jongelinge. Wat jy daarmee maak is jou saak, maar ons wil geld maak. >:D

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 12:13 pm
by Chevvy SS
Pieter Pille se vrind wat die sekretaresse skrikgemaak het? Pille is self stil- het iemand hom kwaadgemaak?

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 12:28 pm
by JacoW
Net so...

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 1:20 pm
by PWV
Nie geweet my spinnekop-post gaan sulke drastiese reaksies uitlok nie.

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 1:27 pm
by Cz_apie
++>: Action chart ++>:

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 3:40 pm
by Chevvy SS
spinneont.jpg
Hierdie ding sal 'n paar amoreuse manne genees van die ewige lus.....

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 3:52 pm
by PWV
Chevvy, waar krap jy nie orals nie??

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 3:54 pm
by Gawie(13mm)
PWV wrote:Chevvy, waar krap jy nie orals nie??
Waar dit nie jeuk nie :-X >:D

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 4:37 pm
by Heinz Petersen
Ek het geweet daai V8 gaan iets raakloop.

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 6:03 pm
by GERT vd M
Gelukkig het ek baie akkedisse, laat hulle toe in my huis. maar die spinnejane is nie my vriende nie. kan nog die langbeen verdra maar niks verder. Alhoewel ek hoor hy is baie giftig maar nie deur n mens se vel kan byt nie. Die reenspin en die vioolspin lyk baie na mekaar WAT VAN DIE SAK SPIN Hy het my susterskind op sy rug gebyt met rampspoedige gevolge
Groetnis
Gert

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 8:20 pm
by tripodmvr
Leg gisteraand rustig op de bed met 'n boek. Val de spinnewoef op my bors. Soos nou toe is hy afgeklap. Ma het hom gedood met luide krete. Ek dink dit was 'n sakkie gewees.

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Tue Dec 09, 2014 10:13 pm
by PWV
tripodmvr wrote:Leg gisteraand rustig op de bed met 'n boek. Val de spinnewoef op my bors. Soos nou toe is hy afgeklap. Ma het hom gedood met luide krete. Ek dink dit was 'n sakkie gewees.
Jy moet moenie dink dit was 'n sakkie nie, maak seker en sorg dat daar nie nog is nie. Daai sakkie kan veroorsaak dat hulle jou testament lees!

Re: Ken iemand hierdie spinnehoof?

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:47 am
by alecjohnson
GERT vd M wrote:Gelukkig het ek baie akkedisse, laat hulle toe in my huis. maar die spinnejane is nie my vriende nie. kan nog die langbeen verdra maar niks verder. Alhoewel ek hoor hy is baie giftig maar nie deur n mens se vel kan byt nie. Die reenspin en die vioolspin lyk baie na mekaar WAT VAN DIE SAK SPIN Hy het my susterskind op sy rug gebyt met rampspoedige gevolge
Groetnis
Gert
Dit is 'n nonsense storie dat die langbeen spinnekop baie giftig is. Ruk terug artiekel gelees oor hulle en gifmonsters is geneem. Hulle gif beínvloed nie mense nie. Hulle kan wel deur die vel byt maar dis 'n pynlose byt.

Wel dis wat ek gelees het. Ek is nie 'n kenner nieImage