Page 1 of 1

Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Mon Dec 08, 2014 2:55 pm
by jaracal
Francois Briedenham het 'n kursus gereel vir Saterdag 10 Januarie 2015 te Kathu.
Indien daar nog persone is wat belangstel kan julle Francois kontak by nommer 0sewe90259600. Die kursus word so 10 km buite Kathu gehou op die plaas Mogobi. Julle kan hom ook PM op sy Forum naam Kolhasie.
Kursus begin 08h30 en word 'n middag en aandroep gedoen. Ingesluit is 'n CD en DVD.
Prys R1000-00 per persoon.

Groete

Heinrich

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Mon Dec 08, 2014 5:45 pm
by Flip Fouche
Sal graag wil bywoon, maar te vroeg in die nuwe jaar.

Mooi loop

Flip

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Dec 11, 2014 12:47 pm
by Charles
Oom Heinrich is dit oom self wat die kursus aanbied?

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Dec 11, 2014 1:53 pm
by jaracal
Charles
Yip, ek bied die kurus aan.
Groete
Heinrich

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Dec 11, 2014 3:06 pm
by Kolhasie
Goeie dag almal. Jamer as ek stil is sit biki langs die groot waters en kyk die lywe. Daar is slaap plek in n boskamp vir mense wat wil oor slaap. Ek gee vir Saterdag aand n lekker potjie vir die manne wat iets wil eet. Die verblyf gee ek ook gratis!!Al wie julle manne betaal is vir oom Hein wat die Kursus aanbied. Betaalings word by kursus gedoen. Groete Kolhasie

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:10 pm
by 243Songdaug
Klein Cois as ek nie besig is die 10de se naweek nie sal ek ook kom insit. Het al die kurses gedoen maar kan nie doodmaak om weer te kom luister nie

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Fri Dec 12, 2014 8:22 pm
by Kolhasie
243Songdaug wrote:Klein Cois as ek nie besig is die 10de se naweek nie sal ek ook kom insit. Het al die kurses gedoen maar kan nie doodmaak om weer te kom luister nie
Wie gaan dan die man wees wat die Jak sal plat skiet met n demostrasie?????? hahaha

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Dec 25, 2014 11:16 am
by Page
Ek stel ok belang om te gaan glo ek sal af wes dai tyd. Is daar n beperking op mense

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Dec 25, 2014 7:41 pm
by jaracal
Page
Ek dink nie daar sal meer as 12-15 man opdaag nie, sal later by Francois hoor hoeveel al bespreek het.
Groete
Heinrich

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Fri Dec 26, 2014 1:25 pm
by Page
Dankie oom Hein ek wil net my plek verseker

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Tue Dec 30, 2014 4:19 pm
by KSV
Oom Hein moet tog vir Pages spesiale aandag gee. Ek en Jaco sukkel met die ou erg!

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Tue Dec 30, 2014 6:15 pm
by Page
Nee dis ek en Jaco wat met jou sukkel.

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Sun Jan 04, 2015 10:27 am
by schalk
Tel my by asb, ek kom baie ver maar sal graag wil bywoon, ek kom van die Roggeveld af.Ek sal later bevestig. Groetnis

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Mon Jan 05, 2015 9:20 am
by Kolhasie
Dag almal. Doodreg almal is meer as welkom!

Groete KH

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Mon Jan 05, 2015 9:52 am
by 243Songdaug
Cois. Oom Johan Beer het ook gister met my gepraat - as hy los is sal hy ook die kurses bywoon

Re: Roepkursus - Kathu Jan10 2015

Posted: Thu Jan 08, 2015 6:54 am
by Kolhasie
Dag almal.

Die manne wat my probeer kontak het my selfoon het probleme opgedoen tydens n bees werk sessie.
Sal vandag ander selfoon kry.

Jammer.

Groete FB