Page 1 of 4
Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 10:46 am
by maxboostsa1
Ek is redelik nuut in die lang afstand skiet. Ek het al die app’s wat jy kan aflaai en koop op Android gekry en begin skiet van 300m af ..... toe ek by 700m kom was Applied Ballistics nog presies maar toe ek by 800m kom skiet ek 1.5MOA te laag!
Ek gebruik G7 op die AMAX 140gr punte en al die ander info is presies reg, waarom skielik van 800m af is die app. Uit?
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 10:57 am
by Arnold
Dan is als nie presies reg in die App nie!
Ek gebruik ook AB en ek kry baie keer die regte antwoorde

Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 11:01 am
by Arnold
'n Groot fout wat mense begaan is om die lugdruk verkeerd te gebruik en dan ook om nie hulle teleskoop se verstelling reg te kalibreer nie.
Kyk ook na Coriolis en spin drift!
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 11:37 am
by maxboostsa1
Arnold wrote:'n Groot fout wat mense begaan is om die lugdruk verkeerd te gebruik en dan ook om nie hulle teleskoop se verstelling reg te kalibreer nie.
Kyk ook na Coriolis en spin drift!
As iets verkeerd is waarom sal hy eers by 800m uit raak!
Lugdruk is volgens die Kestrel. Ek gebruik n Nightforce en hy is n kwart per click.... en die error op Nightforce is tog klein
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 11:54 am
by Eugene
Wynand, ek mag verkeerd wees, maar die AB app, gee net die inligting weer volgens dit wat ingesit is. As die app nie die regte DOPE gee nie, is daar erens iets wat nie reg opgestel of ingelees is nie... My AB app werk 100% tot 1000m toe, maar ek het ook aanvanklik gesukkel... Fritz ken nogal die app redelik goed en het my baie gehelp.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 11:57 am
by Arnold
Hoe groot is jou groepering op 700m? Hoe bepaal jy dat jy die teiken op 800m met presies 1.5 MOA gemis het?
Gebruik jy absolute lugdruk of barometriese druk?
Het jy jou teleskoop getoets?
Neem jy coriolis en spin drift in ag?
Gebruik jy Litz se G7 BC?
Is jou spoed reg?
Onthou klein foutjies kan jou maklik die teiken op die langer afstande laat mis.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 12:08 pm
by Eugene
Arnold wrote:
Het jy jou teleskoop getoets?
Onthou klein foutjies kan jou maklik die teiken op die langer afstande laat mis.
Ja, die tall target test! Maak seker dat wanneer jy jou scope 30moa stel, dit presies 30mao stel. Die feit dat dit 'n duur teleskoop is, beteken nie noodwendig dat dit wel presies reg stel nie en op langer afstande begin die verskil al hoe groter raak....
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 12:22 pm
by Gawie(13mm)
Ek is nou nie 'n kenner op die gebied van AB nie, maar het baie dieselfde probleem ervaar met my 243 en Strelok Pro.
Die aplikasies is maar nes enige rekenaar program wat met logoritmes werk. Die antwoorde is net so goed soos die inligting verskaf.
Ek weet dat AB 'n funksie het waarmee jy die program kan "true".
Jy skiet op dieselfde mikpunt op verskillende, vasgestelde afstande en meet dan fisies die val in trajek.
Die inligting voer jy dan in. Dit skakel foute met die chronograaf lesings uit, sowel as BC foute.
Soos Arnold sê het "spindrift" en "Cariolis" efek 'n invloed op elavasie sowel as die vertikale invloed agv. die wind.
Hoop dit help.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 1:03 pm
by Eugene
Gawie(7mm) wrote:
Ek weet dat AB 'n funksie het waarmee jy die program kan "true".
Gawie, jy is korrek, maar om dit te kan true, moet jy op afstande skiet tussen 925y en 2600y! Akkuraat genoeg om jou "drop" te kan bepaal! Ek weet eerlik waar nie of ek dit sal regkry nie......
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 1:24 pm
by Gawie(13mm)
Eugene, ek het Shooter wat 'n kloon is van AB as ek na Corné se app kyk. Ek kon myne baie fyn kry deur op 100, 200, 300 te skiet en te meet en dan op 600 te skiet en dan die werklike val te kalibreer teenoor die voorgestelde elevasie. Met die inligting kon ek my werklike trompsnelheid bepaal. Deur die waarde te gebruik saam met die korrekte BC soos verskaf deur Brian Litz kon ek Strelok "tweak" om die plaat op 1085m te slaan.
Thomast was op dag een saam met my en ek kon nie eens naby die plaat kom nie. Ons het nerens eens stof sien opslaan nie. Na die bogenoemde oefening en met Corné se hulp vind ek dat my elavasie op die afstand amper 30 MOA uit was en my wind met ongeveer 7 MOA!!!!
MOET NOOIT ALLES GLO WAT ANDER SÊ NIE. TOETS DIT SELF.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 1:28 pm
by Johan JvR
Maak ook seker jou foon se battery is gelaai
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 1:32 pm
by Gawie(13mm)
Johan JvR wrote:Maak ook seker jou foon se battery is gelaai
"Power Gorilla"
images-1.jpeg
As jy met die Kestrel gesinkroniseer is vreet die foon krag.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Mon Dec 08, 2014 7:01 pm
by Johan JvR
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Tue Dec 09, 2014 9:17 pm
by Mariuss
Hier is die link na die Applied Ballistics Manual toe. Jy moet dit mooi rustig van voor af deurgaan en seker maak jy verstaan alles nie net van jou APP nie maar ook van hoe jy die Kestrel moet opstel. Alles word nogal mooi verduidelik.
http://appliedballisticsllc.com/AB_app.htm
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Wed Dec 10, 2014 12:04 pm
by maxboostsa1
Mariuss wrote:Hier is die link na die Applied Ballistics Manual toe. Jy moet dit mooi rustig van voor af deurgaan en seker maak jy verstaan alles nie net van jou APP nie maar ook van hoe jy die Kestrel moet opstel. Alles word nogal mooi verduidelik.
http://appliedballisticsllc.com/AB_app.htm
Dankie, ek het alles gelees en alles probeer maar kry hom nog nie 100% reg nie.
Ek het Baro Pressure van 25.5 inHG en Altitude van 4300ft op my Kestrel gekry maar dan skiet ek te laag.
As ek se Pressure is Absolute dan skiet ek nog te laag.
As ek se Use Density Altitude lyk dit beter.... Ek het ook die Custom drag file vir die 140gr AMAX gekoop en dit lyk nog beter, ek sal kyk of ek iewers in die week dit gou kan gaan toets.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 8:35 am
by Fritz
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 9:25 am
by maxboostsa1
hhaahha Fritz jy wil net my naam gaan toffie maak as ek sukkel.
maar ek dink ek weet wat die probleem is..... ek vermoed my rangefinder meet op 800m 10 meter verder maw 810m... daai fout op 1000m is 3clicks en dis amper 9 duim
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 10:05 am
by maxboostsa1
So lyk my eerste poging op 900m en 1000m.
Dit is hoe laag ek skiet.
900m 3 skote
http://img.photobucket.com/albums/v127/MAXBOOSTSA1/900m3skote20141210-WA0003.jpg
1000m 3 skote
http://img.photobucket.com/albums/v127/MAXBOOSTSA1/1000m3skote20141210-WA0004.jpg
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 10:50 am
by Eugene
Jou probleem is nie net elevasie nie, maar horisontaal ook! Is jy seker die probleem lê nie 6" agter die scope nie?
Netjies gegooi Wynand! As jy die elevasie uitsorteer en ophou bewe, is die goud joune!
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 10:53 am
by Capt. Yoda
O kla ons nou al oor sulke grope op 1000m

Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 10:53 am
by maxboostsa1
Hhaaahhaaa daai het ek gskiet terwyl ek agter op my double cab bakkie se bak le met die bipod op die klap en my voete in die lig om op die bak te kan pas.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 10:56 am
by maxboostsa1
Capt. Oblivious wrote:O kla ons nou al oor sulke grope op 1000m


Ek kla oor die hoogte wat nie reg is nie.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 10:58 am
by Eugene
maxboostsa1 wrote:Hhaaahhaaa daai het ek gskiet terwyl ek agter op my double cab bakkie se bak le met die bipod op die klap en my voete in die lig om op die bak te kan pas.
In die begin het ek gedog jy kla en wou ek regtig probeer om jou te help! Nou blyk dit hierdie is 'n onverbloemde spogpoging.....
Lê reg en skiet reg!

Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 12:19 pm
by maxboostsa1

jy kan mos sien ek sukkel kyk hoe laag skiet ek..... Ek gaan die baan laat afmeet met n RTK GPS sisteem, klink my dis akkuraat.
Re: Applied Ballistics en ander app's
Posted: Thu Dec 11, 2014 12:27 pm
by Gawie(13mm)
maxboostsa1 wrote:hhaahha Fritz jy wil net my naam gaan toffie maak as ek sukkel.
maar ek dink ek weet wat die probleem is..... ek vermoed my rangefinder meet op 800m 10 meter verder maw 810m... daai fout op 1000m is 3clicks en dis amper 9 duim
Ek dink dit moet anders om wees anders sou jy hoog skiet. Jou afstandtaster lees kort. Daarom minder elavasie.