Page 1 of 1
Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 9:13 am
by Franc
MorĂª,
Hoop iemand kan dalk help, die bok lam is saterdag aand/sondag oggend gevang in die kraal waar ons die ooie en lammers toemaak. Net die binnegoed is gevreet. Die ding wat gevang het het 'n lekker gat onder deur die draad gegrawe. Ek kon nie spore sien nie.
Wat kan dit wees? Het al vanjaar baie probleme gehad met rooikat maar die die lyk anders?
021.jpg
023.jpg
Enige raad?
Dankie,
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 9:14 am
by Geno
Jakkals se werk daai!
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 9:28 am
by Franc
Dankie Geno,
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 9:32 am
by Willie
Kan seker net jakkals wees. Vra een van die ysters op die forum om hom vir jou te hom uit sorteer voor jy meer skade kry.
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 2:33 pm
by jamalley
Waar in die Noordwes Vrystaat woon jy - kontak vir Blok Botha, hy is van Potch se wereld, dalk kan hy jou help
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 3:13 pm
by Franc
Dankie manne,
Jamalley, Hoopstad omgewing.
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 3:14 pm
by Geno
Franc wrote:Hoopstad omgewing.
Johann Badenhorst (Voltyddse jagter) jag daar rond. 072 806 7249
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Mon Dec 08, 2014 4:12 pm
by Bass
Hallo Franc,het julle ratels by julle?
Wes-kaap vreet daai ding ons lammers op.
Wel dis tussen hom en die rooikatte by ons.
Re: Hulp met identifikasie
Posted: Tue Dec 09, 2014 8:06 am
by Franc
Bass, nee nie sover ek weet nie. Hier is baie jakkalse, maar het lanklaas probleme gehad. Het net nie gedink hy sal in die kraal naby die huis vang en dan nog rustig en netjies vreet nie.
Geno, dankie vir die kontak nr.