Page 1 of 1

Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 7:44 pm
by mosselv
Hi Mense

Ek hoop iemant kan my help ek is op soek na enige vorm van skets wat skoot plaasings aan dui. Ek en my pa jag al vir jare en kom nou eers by die argiment van skoot plaasing, dit volg op n blesbok wat ek die naweek hart skoot geskiet het en die bok het sy eie tyd gevat om te val by gese hy het net stil gaan staan nie gehardloop vir die hart om lekker te pomp nie. Ek skiet graag vir trofee en hou nog altyd van die hart skoot maar my pa glo ek moet eder vir die hoe blad gaan.

Enige raad sal ook help

Groete
Andre Venter

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 7:58 pm
by Gerhard
Ek skiet vir die middel van die vital triangle

Dit gee jou n dubbel long net bo oor die hart skoot.

So iets om jou net rowwe idee te gee

Image

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 7:59 pm
by Jagtersdok
Mossel

Die SA jagters vereniging het 'n dvd uitgebring oor skootplasing. Kry dit gerus, jy en pa se argumente sal gou uitgeklaar word en dis goed om te h? vir daardie nuwe vriend wat op sy eerste jag gaan.

Dis soos my een groot vriend my eendag vra. Waar skiet mens 'n Eland, die antwoord, baie naby aan die pad. ;D

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:00 pm
by mosselv
Dankie Gerhard

Dit help baie ek skiet net regs van die driehoek op agter die hakskeen

Dit gaan baie help

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:03 pm
by Christo
Daai shotplacement DVD en daar is ook 'n boekie ( ek kry nie nou dadelik die naam nie ) beskikbaar.

http://thegamerancher.com/Hunting/ShotPlacement.html

kyk die link.

Google maar net shotplacement en jy sal sien die foto's wat daar beskikbaar is.

Ai die internet en google. Wat sou ons daarsonder gedoen het. Seker rustiger gelewe het.  ;)

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:04 pm
by mosselv
Hahahah,

baie naby aan die pad was n baie goeie andtwoord anders gaan jy sukkel om te laai
Ek sal uit kyk vir die dvd ek is seker dit sal help

Die ding is ek dink ek en my pa skiet vir verskulende redes ek skiet vir trofee en wat oorbly is biltong my pa skiet vir vleis en wil alles spaar ek dink hy het n vang hok nodig

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:04 pm
by Gerhard
Kry vir jou Kevin Robertson se Perfect shot boekie of DVD dit sal jou baie help met skoot plasing.

Onthou die hoek wat die bok staan na jou toe het ook groot invloed op skoot plaasing.

Op dit vital triangle skoot het jy die meeste kaans om n dood skoot te skiet al maak jy n vout.

Bietjie op, links of regs en jy skiet steeds dubbel long.

Bietjie laag en dis n hart skoot.

Jagtersdok,

Mens moet eland mooi kyk want daai brisket is baie diep.

Eland skiet jy lekke in die middel op die skouer ...

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:07 pm
by DWB
Het in laas week my pocket shot placement boekie van Kevin Robertson gekry.

Baie nice

Gaan een van die dae die DVD bestel

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:09 pm
by mosselv
Mane

Ek het saterdag vir n pel van my n blesbok gaan skiet en die blesbok was 17duim ek is sommer vies my grootste een ooit was 15enhalf duim

Ek sal sommer more gou vir daai boek gaan soek

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:12 pm
by tripodmvr
African Hunter tydskrif en moontlik ook Zimbi het 'n sakgids vir skootplasing vir $20 = R150. Sulke boekies is handig synde hulle saamgaan na die jagveld en daar gebruik kan word. Goeie sketse met ander wenke ook.

Re: Skoot plaasing

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:13 pm
by Christo
Gerhard wrote: Mens moet eland mooi kyk want daai brisket is baie diep.

Eland skiet jy lekke in die middel op die skouer ...
Ek het die laaste Eland koei , lekker groot, reg van voor in die kuiltjie getref met 7x64 en Barnes X 150gr. Dit was behalwe vir 'n kopskoot die minste vleismors wat ek nog gesien het. Sy het om die bos gehardloop en net daar gel

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 4:54 am
by Gerhard
Kyk waar het die jagter die eland geskiet.

http://www.facebook.com/video/video.php?v=1588925489984

mens sou dink dis te hoog maar daai was n mooi hart skoot.

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:35 am
by James Wilson
om die skootplasing van diere te leer en bestudeer is van die beste dinge wat n jagter hom mee kan besig hou. die boekkies en die websites wat die manne hier noem sal vir jou handig te pas kom. let net op n belangrikke fout wat almal geneig is om te maak:  as jy die prentjies kyk en memoriseer dan is n mens geneig om na n plek op die vel te mik en plek van n doodmaakpunt binne in die bok. die boogjagters het n goeie aanduiding. hulle mik vir die oorkantste voorbeen van die bok. maar self dit is nie altyd reg nie. probeer maar raai waar is die vitals is as die bok sleg staan en mik dan "binne in" die bok.

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:39 am
by Gerhard
Dis baie waar.

Verbeel jou daar is n ballon in sy vital area wat jy moet eers raak sien en dan stukkend skiet.

Die skiet vir die oorkantste skouer been werk net op bokke wat skuins weg van jou af staan.

Ons sit gereeld fotos op van verskillende bokke en dan moet die manne beskryf of kolletjie maak waar hy die skoot sal skiet.

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 12:41 pm
by Stefan764
Hallo Andre (Mosselv)

Nog n ding wat baie jagters vergeet/nie doen nie/nie belangstel nie/nie lus nie of wat ook al die rede is, is om nie by te wees as daar geslag word nie.

Die beste manier wat jy n bok se "vital area" leer ken is om self jou hande vuil te kry. Help slag en bestudeer elke verskillende spesie in detail. Jy sal vinnag agterkom waarvoor jy "binne" die bok moet skiet, soos Gerhard met die ballon en Jagbehep ook hierbo verduidelik. Onthou, bokke verskil van spesie tot spesie. Gemsbok se longe sit bietjie verder trug (na agter) en nie heeltemaal so hoog nie terwyl rooibok se longe weer meer op (hoer) sit as na agter. Dus, jy kan deur te hoog te skiet op n Gemsbok die kambeen raakskiet en die longe mis (oelalaaa dan hol dai Gemsbok vir jou EEERS lekker) terwyl jy weer n rooibok se longe kan misskiet as jy te ver na agter vat. My punt wat ek wil maak is, deur self die bok te slag en te sien waar sit wat binne die enjinkamer asook wondkanale te ondersoek tydens die slagproses help baie met skootplasing vorentoe op toekomstige jagte. Herwinning van koeels voeg ook nog n stukkie detail by die hele groter prentjie van skootplasing.

My resep: As n ou trofee jag (bv 58" koedoe wat R9000 kos en nie MAG wegkom nie en jy wil ook nie die cape moertoe skiet nie!!) dan sit jy die vertikale kruishaar tussen die 2 boorbene, maak nie saak hoe die bok staan nie. Staan hy plankdwars sit jy hom op die bene. Staan hy skuins, dan sit jy hom daar waar die 2x bene bymekaarkom (hy maak n onderstebo V). Die horisontale kruishaar: jy trek n denkbeeldige streep in die middel van die bok se lyf (vanaf sy bors/brisket) tot op sy rug (nie skof nie, rug!) en plaas jy hand in jou verbeelding aan die onderkant van daai lyn. Jy plaas nou joi kruishaar op jou onderste vinger, met ander woorde 4x vingers onder die "middellyn" van die bok.

Hiers so vinnige illustrasie:

[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... ment-1.jpg[/img]


Groete
Stef

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 2:34 pm
by grumpy
Ek het die Shot Placement dvd. As jy nie te ver is nie dan sal ek dit copy maar jy moet dit net by my kry.

Johann
armour1@live.co.za

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 3:05 pm
by Gerhard
Stefaans,

Dis baie vinniger om die bok se "elemboog" te kry op sy borskas.

Dan sit jy 4 vingers bo op of die lengte van n sigeret boksie.

As jou skoot mooi loop dop die bok binne 50 tot 100 tree.

Oppas net om te laag te gaan op n Eland bul die res van ons bokke kan jy maar op die 4 vinger reel skiet maar ook net as hy plank dwars staan soos in jou foto. Sodra hy draai raak dit n ander speletjie...  ;D

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 5:42 pm
by fanie17
Op skerpskut kursus word jy geleer dat daar verskillende ,vital, skote is.Eerste is om die senuwee stelsel so na as moontlik aan die brein af te skiet ,bedoelende kop nek en rugstring skote.Daar na hoe nader aan die hart jy die bloedstroom kan af skiet.Hierdie is in ag geneem dat so n persoon met n slegte bloedstoom skoot miskien kan terug skiet.Op diere het ons gelukkig nie die prbleem nie.Jy moet dit maar verwerk soos dit jou pas.Skiet heeltyd vir die vital binne in die liggaam.Jy sal goed doen.

Re: Skoot plaasing

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:21 pm
by James Wilson
Stefan764 wrote: Hallo Andre (Mosselv)

Nog n ding wat baie jagters vergeet/nie doen nie/nie belangstel nie/nie lus nie of wat ook al die rede is, is om nie by te wees as daar geslag word nie.

Die beste manier wat jy n bok se "vital area" leer ken is om self jou hande vuil te kry. Help slag en bestudeer elke verskillende spesie in detail. Jy sal vinnag agterkom waarvoor jy "binne" die bok moet skiet, soos Gerhard met die ballon en Jagbehep ook hierbo verduidelik. Onthou, bokke verskil van spesie tot spesie. Gemsbok se longe sit bietjie verder trug (na agter) en nie heeltemaal so hoog nie terwyl rooibok se longe weer meer op (hoer) sit as na agter.
kyk, dis nou die waarheid, slag of help slag of staan maar net by, maar Stefan slaan die spyker op die kop, moenie hierdie leerskool by die slagtery mis nie.

Re: Skoot plaasing

Posted: Tue Apr 05, 2011 9:41 am
by mosselv
ek stem met daai een ek het gelukkig baie geslag

Ek en my pa strei want hy haat die hart skoot storie net so agter die elemboog hy hou van n blad skoot maar dit pla my ek wil nie die blaai op neek nie of ook nie my trofee vel nie
My pa wil he die bok moet val en dadelik hy hou nie van die 50 tot 100 daf van n hart skoot nie

Re: Skoot plaasing

Posted: Tue Apr 05, 2011 11:41 am
by 222
My seun het baie gesukkel met die "vital area" in die bok. Kon dit n ie mooi bergryp of verstaan hoe skiet mens na iets "binne in" 'n bok nie, jy skiet mos die bok.

Ek het toe 'n tennisbal gevat, met n saknaald (met tou) 'n gat regdeur gemaak sodat die bal aan die tou hang. n Paar bokse gaan kry by die Kooperasie en die bal met die tou binne in die boks gehang.

Nou kan jy die boks raakskiet MAAR ook sien of jy die boks doodgeskiet het. Het baie lekker gewerk en hy het al sy bokke mooi geskiet net waar hy moes.

Mens kan seker 'n ballon ook gebruik en 'n windbuks, maar ek het dit so gedoen want die 308 kon die bal ook raakskiet en hy kon aan die geweer ook gewoond raak.

Re: Skoot plaasing

Posted: Tue Apr 05, 2011 12:01 pm
by Skolla
Ek het myself geleer om te mik waar ek die koeel uit die bok wil h?.
Werk vir my.

Re: Skoot plaasing

Posted: Tue Apr 05, 2011 12:25 pm
by Christo Els
Wel nou het ek ook 'n hele paar dinge wyser geword.
Ek het altyd gedink agter die blad is net agter die blad maar nou verstaan ek ook beter