Page 1 of 2
CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 12:05 pm
by DWB
Hallo Manne,
Ek het nou sommer vriende wat vir my kwaad is oor ek blykbaar nie hul raad gevolg het nie.
Ek het my hart op 'n CZ 550 3006.
Ek het opsie op 'n nuwe een in Nelspruit.
Ek kan ook die ander bogenoemde handelsmerke kry.
Die CZ is R10775 en die ander almal onder R10000.
Ek is versot op die CZ, hy praat net met my. Het al met 'n ruger geskiet, maar nog nie die ander eers besigtig nie.
Moet ek gaan vir wat my hart vir my s? of moet ek na die ander opsies kyk?
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 12:12 pm
by Francois Marais
DWB
n Remington vi onder R10 000, watter model is dit??
CZ is n goeie keuse maat, onthou dit is jy wat tevrede moet wees, en nie jou pelle nie................
Mooi loop
Francois
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 12:13 pm
by DWB
Dankie Francois,
Weet nie watse model dit is nie, moet nog uitvind.
Maar ek like die CZ regtig baie
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 12:31 pm
by Nico Harris
howa !!!!
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 1:05 pm
by DWB
Eish Nico,
Ek het na 2 Howas gekyk wat my regtig nie impress het nie.
Ek weet nie of dit ou modelle was nie, maar ek kon myself nie kry om van hulle te hou nie.
Ek het besluit ek soek graag 'n hout kolf.
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 1:48 pm
by tripodmvr
Brno of CZ het reputasie as goeie gewere. Met 22 Brno al geskiet en is baie akkuraat. Nuwe CNC tegnologie sorg vir beter toleransies. Jy soek daardie CZ in 30-06, so vat hom!!! Jou gemoedsrus en teveredenheid is waaroor dit gaan
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 1:56 pm
by herley
DWB
Vat daai CZ ek het een in .308 en is vrek mal oor hom, akkurAat nadat ek sy sweet spot gekry het en die aksie is vir my in n ander klas
Bradley
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 3:17 pm
by Ponkie
Francois Marais wrote:
DWB
n Remington vi onder R10 000, watter model is dit???
Oom FM
Ek wil ook daai selle vraag vra!
Remington is darem net in 'n klas van sy eie!
Groetnis
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 5:53 pm
by Joey
Ponkie wrote:
Remington is darem net in 'n klas van sy eie!
Ek dink nie dit geld meer vir alle Reminton gewere nie..............hang af watter model jy koop. Kannie fout gaan met Europese wapens soos CZ, Tikka en Sako.
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 5:57 pm
by Ponkie
Joey
Welkom op die forum. stel jou gerus voor aan die ander lede by "Nuwe aansluitings".
Jammer, ek moet seker myself daar reghelp en se, die Rem model 700 is darem net in 'n klas van sy eie.
Groetnis
Ponkie
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 6:20 pm
by Gerhard
Deon,
Kry maar daai CZ.
Jy gaan nog lekke jag met hom.
Onthou jy het n groot onderstel en die geweer moet jou pas...

Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 7:26 pm
by DWB
Gerhard wrote:
.
Onthou jy het n groot onderstel en die geweer moet jou pas...
Hel, niemand het dit nog so getsel nie maar noudat jy dit noem
'n ordentlike 4X4 het mos 'n goeie suspensie nodig...LOL
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 7:29 pm
by DWB
Ek sal vir die res van julle manne uitvind watter remingtons dit is.
Ek weet nie of ek dit al gese het nie, maar ek soek 'n geweer met 'n hout kolf. dit voel net reg, en daai CZ is net so vrek mooi!!!
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 8:19 pm
by tripodmvr
Hier is 'n nuwe reeks Remingtons wat plastiek insette in die slot het om 'n gladder beweging te verkry. Dit veroorsaak egter probleme. Netso is die gewere se grendels swak gemaak en breek die handsvatsel af as daar net 'n bietjies te veel krag gebruik word. Die aanhegting is power. Vermy asb.
Brno - CZ het reputasie soos Toyota. Hou nie op werk nie. (Ek het self nie een van die' make nie - net respek vir dit wat meganies deeglik gedoen is)
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 9:24 pm
by Jagtersdok
DWB
Die make wat jy hier noem is almal erkende uitstekende vervaardigers. wat wersks verrugting betref sal jy geen verskil kry nie. Miskien die safety van die Ruger is iets wat alle geweer make maar kan aanneem.
Hier gaan dit oor wat jy wil h?, wat gaan jou tevredenheid gee? As dit die CZ is gaan daarvoor.
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Sun Apr 03, 2011 9:40 pm
by Boesman
DWB
Vat jou CZ. Veral as dit jou jaggeweer gaan wees.
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Mon Apr 04, 2011 7:53 am
by Geno
My .308 is 'n CZ, en my .25-06 is 'n Ruger.
Ek is baie tevrede met altwee gewere.
Ek het vir Ruger gestem bloot oor die feit dat hy 'n great safety meganisme het!
Groete,
Eugene
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Mon Apr 04, 2011 12:55 pm
by DWB
Skuus manne, die sogenaamde Remingtons vir onder R10 000 is toe 'n Marlin, en ek stel nie daaring belang nie
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Mon Apr 04, 2011 1:24 pm
by Stefan764
Geno wrote:
Ek het vir Ruger gestem bloot oor die feit dat hy 'n great safety meganisme het!
Presies dieselle rede hierso. Skitterende veiligheidsknip.
Stef
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Mon Apr 04, 2011 1:36 pm
by Andy
Deon,
Ek het geen ondervinding van die CZ of Winchester nie, Geweer koop is amper soos om te trou, dis nie jou pelle wat met haar gaan sit nie maar jy, dus koop waarvan jy hou en daarna wat almal wil he jy moet koop.
Net solank jy tevrede is.
Andy
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Mon Apr 04, 2011 2:50 pm
by DWB
Kan die geweer vir R9995 by 'n ander handelaar kry.
R800 is R800, so sal maar vir daai opsie gaan.
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Tue Apr 05, 2011 9:08 am
by PITSMIT
DWB pitsmit hier
ek skiet met n brno de lux .270 en die CZ is sy vervanging nadat amerike mos nou hulle ou speelgoedjies gaan toets het op die wapenfabriek destyds in bruno in die eertydse czjegoe zlowaki? toe kon die nuwe fabriek nie dieselfde naam geweer fabriseer nie, maar ek verseker jou dit bly goeie gewere want daai klomp russe verstaan staal en ingeneurswese so al hulle produkte is great.
jy sal nie spyt wees nie
groete
pitsmit
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Tue Apr 05, 2011 12:37 pm
by Triple2
dit voel net reg, en daai CZ is net so vrek mooi!!!
Geniet die CZ. Jou hart het klaar gepraat!!
Groete
Ek self skiet n Sako waarmee my hart tevrede is

Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Thu Apr 07, 2011 12:38 pm
by DWB
YES YES YES Manne!!!!!!!!!!!!
Nou net gehoor die finansies is reg!!!
Ek kan nou my CZ koop!!!!!
Nou moet ek net hoor watse scope mounts en rail om op te sit...?
Re: CZ vs Remington vs Winchester vs Ruger
Posted: Thu Apr 07, 2011 12:49 pm
by Gerhard
DWB wrote:
YES YES YES Manne!!!!!!!!!!!!
Nou net gehoor die finansies is reg!!!
Ek kan nou my CZ koop!!!!!
Nou moet ek net hoor watse scope mounts en rail om op te sit...?
Lekke man!!!!