Page 1 of 1

Soek handelaars vir 'n kwotasie op 22-250??

Posted: Sat Apr 02, 2011 1:57 pm
by Ponkie
Middag vrinne

Ek kom nounet van Safari en Outdoor af, het by hulle 'n kwotasie gekry op die Remington, en die Howa.
Hulle quote my R10 000 op 'n Howa, Varminter met 'n 26'' loop en sintetiese kolf. Baie netjiese roer.
Verder quote hulle my R13300 op die Remington Model 700, Varminter. Ook 'n sintetiese kolf met 26'' loop.

Oom Francois gaan ook vir my qoute op 'n Howa uit NAM. Is daar enige een van julle wat my dalk kan verwys na handelaars wat ek kan vra vir 'n kwotasie?

Groetnis
Ponkie

Re: Soek handelaars vir 'n kwotasie op 22-250??

Posted: Sat Apr 02, 2011 2:54 pm
by JPS
Ponkie,


Kry kwotasie by Camdix in krugersdorp in Gauteng, hulle het van die beste pryse op die Howa's.

Groete
JP

Re: Soek handelaars vir 'n kwotasie op 22-250??

Posted: Sat Apr 02, 2011 6:23 pm
by Boertjie
Ponkie

Jy ken mos vir Magda by Drosdy arms op Uitenhage?
Vra haar ook vir n orys. Sy gee my altyd goeie afslag.

Boertjie

Re: Soek handelaars vir 'n kwotasie op 22-250??

Posted: Sat Apr 02, 2011 8:39 pm
by Ponkie
Boertjie

Ja ek ken vir Tannie Magda. Ons doen baie besigheid met haar, wag net tot Maandag om haar te bel!

Jps, sal gou kyk of hulle 'n website het, anders sal ek hulle 'n lui gee Maandag.

Dankie

Re: Soek handelaars vir 'n kwotasie op 22-250??

Posted: Sun Apr 03, 2011 11:19 am
by JPS
Ponkie,
Hulle het nie website nie maar hulle adverteer elke maand in die Magnum. Hulle Howa's begin by R4900 waar meeste ander handelaars begin by R6000. Stef het ook 243 daar gekoop as ek dit nie mis het nie.

Groete
JP

Re: Soek handelaars vir 'n kwotasie op 22-250??

Posted: Sun Apr 03, 2011 12:39 pm
by Ponkie
JPS

Ek sien daai prys is vir die Std Howa met 22'' loop en Hogue stock. Ek soek graag die Varminter met 26'' loop en Laminated stock.

Wag nog vir Oom FM se quote. As safari nou net vroeer oopgemaak het in PTA kon Stef mos vir my 'n goeie deal daar aan mekaar geslaan het!  ;D

Groetnis
Ponkie