Page 1 of 1

Kriek

Posted: Tue Dec 02, 2014 10:01 pm
by Aceofspades
Goeie naand almal

Ek het seker so 2 / 3 maande terug angesluit, maar het my tyd mis bestee om nie deur die forum te gaan en al die waardevolle brokkies inligting te lees en na te gaan nie. Tyd is maar altyd 'n faktor en partykeer word die verkeerde besluite geneem oor hoe om tyd te spandeer. Ek sal defnitief van nou af meer tyd hier spandeer en ook probeer om nuttige inligting te deel soos ek dit inwin en ook leer uit almal se insae tot die forum.

Ek moet ook onverskoning vra, aangesien ek vanoggend insae gelewer het voor ek myself voorgestel het.

Dankie dat ek toegelaat is op die forum.

Wat ek gesien het is dat almal wil weet wat die nuwe lede skiet. Ek moet ongelukkig bieg dat ek op die stadium nie iets het wat die slagdoppies laat vlam vat nie, maar gaan nie dat dit my liefde vir wapens laat verdwyn nie.

Dankie

Aceofspades
Johann Kriek

Re: Kriek

Posted: Tue Dec 02, 2014 10:05 pm
by Pvdw
Welkom hier. Hier kan jy lekker lees voor jy daai 1ste skietyster gaan optel

Re: Kriek

Posted: Tue Dec 02, 2014 10:10 pm
by Burger
Weereens welkom van my kant af Johan. n Mens leer elke dag iets nuut op Jaracal, ek glo jy sal dit geniet hier.

Re: Kriek

Posted: Wed Dec 03, 2014 8:42 am
by Aceofspades
Hi Pvdw, het darem al so 3tjies gehad en wil ook weer stadig begin uitkyk vir so ietsietje.

Re: Kriek

Posted: Wed Dec 03, 2014 8:48 am
by VdWalt
Welkom hier, ek glo ju gaan dit geniet soos die res van ons.

Re: Kriek

Posted: Wed Dec 03, 2014 11:49 am
by Boesman10
Welkom Kriek.

Re: Kriek

Posted: Wed Dec 03, 2014 10:38 pm
by Aceofspades
Baie dankie vir die verweloming. Ek glo ek sal die forum terdee geniet.