Page 1 of 1
Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:03 pm
by DawieKotze
Op die koffietafel lê 'n hele spul muntestukke - plat. Almal is kop na bo, behalwe 3 wat stertkant na bo lê.
Jy is geblindoek en dra handskoene sodat jy nie die kop of stert kan voel nie.
Verdeel hulle nou in 2 groepe sodat albei groepe ewe veel munte het met stertkant bo.
Jy kan soveel omdraai as jy wil.
Laat waai!!
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:05 pm
by Heinz Petersen
Dawie, jy hou vir jou slim die tyd van die jaar.
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:13 pm
by Willie
Ek dink hy spog met sy spaar geld

Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:14 pm
by 6mm rem700
maak al die munte op hul kante staan?
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:16 pm
by VdWalt
Deel hulle gelyk op en dan draai jy net die helfte van elke groep om.
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:19 pm
by DawieKotze
Heinz Petersen wrote:Dawie, jy hou vir jou slim die tyd van die jaar.
Heinz - Dis so stil by die werk, ek soek iets om my mee besig te hou en op die manier leer mens darem elke dag iets nuuts by.
Ek het nou al die hele Jaracal van voor tot agter 3 x deurgelees. Nous ek verveeld!!
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:21 pm
by DawieKotze
VdWalt wrote:Deel hulle gelyk op en dan draai jy net die helfte van elke groep om.
Dit gaan nie werk nie! Die 3 munte wat reeds omgekeer is, mag dalk van die wees wat jy weer omkeer en dan is daar nie ewe veel in elke groep nie.
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:47 pm
by Cobus(Cobb)
Draai enige 3 om, dis 1 groep, res op die tafel is groep 2
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:49 pm
by Chevvy SS
Sias en Gert, ja.
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 2:52 pm
by DawieKotze
Cobus(Cobb) wrote:Draai enige 3 om, dis 1 groep, res op die tafel is groep 2
Set, djou slemkênd!!

Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:18 pm
by VdWalt
madako wrote:Op die koffietafel lê 'n hele spul muntestukke - plat. Almal is kop na bo, behalwe 3 wat stertkant na bo lê.
Gaan dit nie net werk as daar 6 muntstukke is nie?
Hoe werk dit as daar 8 muntstukke is?
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:29 pm
by DawieKotze
VdWalt wrote:madako wrote:Op die koffietafel lê 'n hele spul muntestukke - plat. Almal is kop na bo, behalwe 3 wat stertkant na bo lê.
Gaan dit nie net werk as daar 6 muntstukke is nie?
Hoe werk dit as daar 8 muntstukke is?
VdWalt - die oorspronklike vraag vra nie dat die groepe ewe groot moet wees nie, net dat daar ewe veel stertkante in elke groep moet wees.
As jy enige 3 omdraai (en hierdie drie jou een groep maak en die res die ander groep) sal daar altyd ewe veel wees. Bv - indien een van die drie wat jy omdraai, een van die oorspronklike 3 met stertkant bo is, het jy nou 2 met stertkant bo en een met kop bo. Van die oorspronklike 3 is daar in die ander groep net 2 oor met stertkant bo. Dus is daar ewe veel in die 2 groepe.
Indien jy heel toevallig al 3 kies, is daar geen stertkant bo in enige groep nie, Dus ook ewe veel.
Mos gesê dis 'n simpel enetjie!!
Dawie
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:30 pm
by Cobus(Cobb)
kom ons sê daar lê 50 waarvan 3 stert bo is, dan draai ek enige 3 om, dis my groep 1 wat bestaan uit 3 stertbo sente en groep 2 bestaan uit 44 stert onder sente en 3 stertbo sente, dus albei groepe het selle hoeveelheid stertbo sente.
As ek egter in my poging 1 stertbo sent omdraai, dan is daar mos net 2 stertbo sento oor in elke groep.
as daar 8 was met drie "heads" en 5 "tails" en ek draai drie om is dit selle effek
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:36 pm
by VdWalt

Ek het by ewe veel vas gehaak , munte en sterte....!
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:44 pm
by Cobus(Cobb)
jou probleem kom in as jy perongeluk die drie "heads" raakvat en omraai, dan is die hele tafel "tails"
Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 3:48 pm
by DawieKotze
Cobus(Cobb) wrote:jou probleem kom in as jy perongeluk die drie "heads" raakvat en omraai, dan is die hele tafel "tails"
Cobus - dan is daar nogsteeds ewe veel, nl niks!

Re: Simpel enetjie...
Posted: Tue Dec 02, 2014 5:02 pm
by win270
0 is 'n element van die versameling van ewe getalle . . . My 2c . . .

Re: Simpel enetjie...
Posted: Sun Dec 07, 2014 8:59 am
by Jacquesb
Dis nou letterlik "jou sente omdraai"
Dawie laat ons oefen vir swaar tye.