Page 1 of 1

130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Tue Dec 02, 2014 1:45 pm
by vanderlindedj
Hallo Manne.
Ekt so per ongeluk n klomp Berger VLD 130gr 6.5mm gekoop vir my 260rem.
Het enige van jul al met hul geskiet ? Te vrede?
Ek skiet op die oomblik 142gr SMK en sal graag die 130gr n GO wil gee vir bietjie meer spoed. Speel maar nou tussen 41gr-42.3gr S365 Lot76. Enige voorstelle?

Groete

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Tue Dec 02, 2014 1:52 pm
by Eugene
Ek het die 130gr Berger Hunting gebruik in my 6.5x284. Baie goeie groepe gekry en het hulle so 2960ft/s geskiet. Bietjie duur gewees vir 'n oefen/papierkoeel. Was nie baie beindruk met dit as LA jagkoeel nie. Dit het baie soos 'n varmint koeel gereageer, selfs op afstande anderkant 400m. Koeel breek baie maklik op en maak enorme vleis skade. As jy vleis by slaghuis ingee, kan jy dit seker gebruik, maar as jy jou vleis self werk, is dit nie ideaal nie.

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Tue Dec 02, 2014 4:55 pm
by Rudie
Die Berger 130 VLD is die beste koël wat ek nog uit my 260 geskiet het. Mik so vir 'n node sped van 2850 fps uit 'n 24" loop. Hulle hou van teen die lands in my geweer maar dit lyk maar of dit oral die gevoel is waar ek al gelees het oor hulle.

My lading in die Tikka Varmint is 43.3gr S365(74) wat so bietjie warmer is as lot 76 en presies op Node van 2850fps met 'n TPL so .010 weg van die lande af.

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 3:41 pm
by KWAGGA ROBERTSE
Rudie wrote:Die Berger 130 VLD is die beste koël wat ek nog uit my 260 geskiet het. Mik so vir 'n node sped van 2850 fps uit 'n 24" loop. Hulle hou van teen die lands in my geweer maar dit lyk maar of dit oral die gevoel is waar ek al gelees het oor hulle.

My lading in die Tikka Varmint is 43.3gr S365(74) wat so bietjie warmer is as lot 76 en presies op Node van 2850fps met 'n TPL so .010 weg van die lande af.
As ek mag vra, hoe diep gan punt in dop in? Ek skiet selfde geweer en punte met lapua doppe ma ek sukkel bietjie. Dink my lot kruit is lui want ek sukkel om by 2850fps uit te kom. Hoe vol is jou dop?

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 7:03 pm
by tripodmvr
Kwagga, volgens jou pos telling is jy 'n nuwe lid. Vertel ons wie jy is onder "Nuwe aansluitings" - kon nie sien dat jy dit wel gedoen het nie.

Baie welkom hier. As jy die lotnommer gee kan ons moontlik verklaar waar jou lae spoed vandaan kom.

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 7:11 pm
by KWAGGA ROBERTSE
Dankie, ek maak so. Dit is lot 76. Wat my pla is ek kan nie punt naby an lands kry nie want dan is greep op punt "shank" net 4.93mm en ek ken ma net hy moet kaliber diepte in dop gan. Trek nou op 45.5gr S365 met lot 76 en 74.5mm tpl. Kry so 2830ft/s.

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 8:40 pm
by Rudie
LOT 76 is omtrent 1gr stadiger in my geweer, ek gebruik lot 74 vir daai rede. Hierdie lading is in QL so na as wat ek aan perfek sou noem.

Hier is alles soos in QL

S365 lot 74
43.3gr
Remington primers
2844fps gemeet 5m van kroon af
74.7mm TPL daar is nog 7.34mm van die skag in die nek en totaal 12.42mm
Dop vul is 99.9%
Druk is teoreties 54330 psi

Moet natuurlik nie die lading dupliseer nie maar hierdie een tick al die regte boksies vir 'n goeie lading.

Sit jou nommers op dan kan ons jou dalk nader aan jou node kry.

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 9:50 pm
by KWAGGA ROBERTSE
Dankie. Gan eers tpl 74.7mm traai en kyk of ek nog van lot 76 in my doppe kry dan sal ek op my ql opwerk na 2850. Hoe groep hul op 300m?

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 10:21 pm
by Rudie
Beste was 1'' op 300m vir 3skote en slegste so 1 3/4''. Maar dit is maar die drywer daai. Sal die naweek kyk hoe maak hulle op 500 en 700m

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Sun Dec 07, 2014 10:27 pm
by KWAGGA ROBERTSE
Nice. Hou my asb op hoogte

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Mon Dec 08, 2014 6:40 am
by tripodmvr
Kwagga, ek is bang vir resepte aanvaar vanaf ander gewere. Presies van watter 130 VLD praat ons hier? Gee liewers die nommer op die houer - QL lys 4 x 130 Bergers. Gee al jou geweerdata soos wat onder die herlaai hofie "Riglyne vir QL" verskyn en dan kan QL die regte inligting verskaf.

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Mon Dec 08, 2014 6:56 am
by vanderlindedj
Ek het gespeel en toe op volgende afgekom wat vir my mooi werk, baie dankie Rudie!

Berger 130gr VLD met 43.5gr S365 Lot 76 en TPL van 75mm.
Skiet n 1" op 300m en al vier skote sny mekaar op 100m.
Ek sal nou in die week bietjie spoed meet en sien, glo darem nie hy gaan te stadig wees nie. My geweer het 26" en twist is 8.

As ek na 43.8gr toe gaan dan sien ek ongebrande kryt op kroon na ek silencer afdraai.

Ek is baie baie happy!

Re: 130gr Berger VLD 6.5mm

Posted: Mon Dec 08, 2014 4:53 pm
by KWAGGA ROBERTSE
Watse spoed kry jy met daai 43.5gr lot 76?