Page 1 of 2

Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:00 am
by DawieKotze
Die maane is gans te slim so kom ons maak dit so bietjie moeiliker....

'n Trok ry van A na B

Opdraand ry hy 56 kph
Afdraaend ry hy 72 kph
Gelyk pad ry hy 63 kph

Dit neem 4 ure van A na B en 5 ure om terug te ry (B na A)

Hoe vêr is A en B uitmakaar?

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:07 am
by Jaco B
283km

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:28 am
by DawieKotze
Jaco B wrote:283km
Baie naby, maar nee ;) ;)

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:30 am
by PWV
Hierdie tyd van die jaar het ek nie lus vir sulke moeilike vrae nie.
Vra eerder wat ek vir Kersfees wil he. ;)

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:37 am
by JuanPaul
286.50KM

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:44 am
by DawieKotze
JuanPaul wrote:286.50KM
Nope - ook nie reg nie! ^-^

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 9:47 am
by DawieKotze
PWV wrote:Hierdie tyd van die jaar het ek nie lus vir sulke moeilike vrae nie.
Vra eerder wat ek vir Kersfees wil he. ;)
Oom Pieter - hierdie tyd van die jaar is mos vir pensioenarisse soos enige ander tyd van die jaar!! :) :)

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 10:07 am
by Jaco B
283.75km om presies te wees. ;D

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 10:28 am
by DawieKotze
Jaco B wrote:283.75km om presies te wees. ;D
Nog nie heeltemal die antwoord wat ek het nie! Sit jou berekeninge hier dan kyk ons.

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 10:29 am
by Willie
Ag laat ek nou maar weer julle pret bederf 283.5

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 11:15 am
by DawieKotze
Willie wrote:Ag laat ek nou maar weer julle pret bederf 283.5
Netjies Willie 8) 8)

Vertel nou gou vir almal wat sukkel hoe jy dit gekry het.

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 11:26 am
by Willie
A na B rit : 3.5 uur afrdraand @ 72 kph + .5 uur @ 63 kph =283.5 km
en B na A rit : 4.5 uur opdraand @ 56 kph + .5 uur @ 63 kph = 283.5 km

Mens kan natuurlik 'n klein bietjie opdraand in die A na B rit inwerk wat dan die selfde hoeveel afrdraand in die B na A rit sal gee maar dit maak die som net baie moeilik ;D

Om te wys hoe om by die 3.5 uur en 4.5 uur uit te kom : Gestel die tyd is X wat opdraand gery moet word en 1 minder vir afdraand dan :

56x = 72(x-1)
56x - 72(x-1) = 0
56x -72x + 72 = 0
(56 - 72)x + 72 = 0
16x = 72
x = 72/16
x=4.5
So opdraand 4.5 uur en afrdaand 3.5 uur

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 11:44 am
by PWV
madako wrote:
PWV wrote:Hierdie tyd van die jaar het ek nie lus vir sulke moeilike vrae nie.
Vra eerder wat ek vir Kersfees wil he. ;)
Oom Pieter - hierdie tyd van die jaar is mos vir pensioenarisse soos enige ander tyd van die jaar!! :) :)
Ha..ha..ha..

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 11:47 am
by Jaco B
My somme soos volg:

(72+63)/2= 67.5kph gemiddeld x 4 ure = 270km lank

(56+63)/2= 59.5kph gemiddeld x 5 ure = 297.5km lank

270+297.5 = 567.5km totaal vir A na B en B na A

567.5km/2 =283.75km van A na B en vice versa

Jaco

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 12:16 pm
by Willie007
Baie interressant.. Wat ek wil weet, is waste wild loop op daai pad, en het die drywer 'n geweer by hom, en is hy 'n jagter. Dis baie belangrike faktore vir die som?

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 12:20 pm
by Willie
Vorige pos bietjie vleis bygesit vir die manne wat die somme jag

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 12:21 pm
by DawieKotze
Willie wrote:A na B rit : 3.5 uur afrdraand @ 72 kph + .5 uur @ 63 kph =283.5 km
en B na A rit : 4.5 uur opdraand @ 56 kph + .5 uur @ 63 kph = 283.5 km

Mens kan natuurlik 'n klein bietjie opdraand in die A na B rit inwerk wat dan die selfde hoeveel afrdraand in die B na A rit sal gee maar dit maak die som net baie moeilik ;D
Mmm - ek is nie heeltemal seker hoe jy by die verdeling van tyd uitgekom het nie, maar hier is my oplossing.....

Wanneer jy terug ry, word die afdraand 'n opdraand en die opdraand 'n afdraand.

Veronderstel van A na B het ons..

u km opdraande
f km plat
d km afdraaend

....en natuurlik die omgekeerde wanneer jy terug ry.

Dus...

Van A na B: u/56 + f/63 + d/72 = 4 ure
Van B na A: u/72 + f/63 + d/56 = 5 ure

Trek die boonste vergelyking af van onderste een....

u/72 - u/56 + d56 - d72 = 1 en los die vergelyking op..

Dan kry jy...

d - u = 252

Veronderstel u = 0 , dan is d = 252.

A na B neem dan...

0/56 + f/63 + 252/72 = 3.5 + f/63

f/63 moet dus 0.5 wees (totale tyd is 4 ure) en daarom...

f = 31.5

en totale afstand 252 + 31.5 = 283.5

Vir die terug rit....

0/72 + 0.5 + 252/56 = 0.5 + 4.5 = 5 ure.

Jy kan enige waarde (tot maks 15.75) nou vir u gee en die vergelyking oplos, dit sal altyd 283.5 km wees.

Willie - ek sien nou jy het jou berekening bygesit! Netjies.

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 12:47 pm
by GreyGhostGear
kan julle manne mos saam vat op 'n jag trip om die kos budget en verdeling ens. uit te werk.
(julle mag net nie oor die klas onderwerp gesels na sononder nie).

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 12:53 pm
by Willie
Petrie

In die jag veld bereken mens net hoeveel jy moet skiet vir biltong, wors en steaks ;D

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 2:29 pm
by GreyGhostGear
Willie wrote:Petrie

In die jag veld bereken mens net hoeveel jy moet skiet vir biltong, wors en steaks ;D
Haha, nou dit is juis hier waar die berekeningsfoutjies "more often than not" insluip!

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 2:41 pm
by Dirkvh
252km, heelpad gelykpad.

Oppad terug gestop by die Dros naby die huis vir happy-hour....

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 2:45 pm
by DawieKotze
Dirkvh wrote:252km, heelpad gelykpad.

Oppad terug gestop by die Dros naby die huis vir happy-hour....
:D :D

Baie bly die Dros is so naby jou huis. Die tyd van die jaar is die Bl@ks#ms maar net te veel bedrywig met die blaaspypies.

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 2:53 pm
by win270
Ek hou van jou oplossingsmetode, Madako. Moet nou net asb nie ook nog versnelling en windweerstand in die berekening inbring nie . . . Onthou ook dat die voertuig vinniger versnel soos wat sy tenk leër word!

Op die ou end is dit makliker om die antwoord te kry deur die drywer te vra om 'n logboek te hou!! ++>:

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 2:59 pm
by DawieKotze
win270 wrote:Ek hou van jou oplossingsmetode, Madako. Moet nou net asb nie ook nog versnelling en windweerstand in die berekening inbring nie . . . Onthou ook dat die voertuig vinniger versnel soos wat sy tenk leër word!

Op die ou end is dit makliker om die antwoord te kry deur die drywer te vra om 'n logboek te hou!! ++>:
:laugh: :laugh: :laugh: ...........of google sommer die afstand!!

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Dec 02, 2014 3:03 pm
by Chevvy SS
Waar kom julle aan die aannames van soveel uur opdraande en soveel afdraande? As elkeen se skatting daarvan verskil, verskil al die antwoorde tog?