Page 1 of 1

My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Mon Dec 01, 2014 11:09 am
by ThinusD
Hello Julle

Ek het Saterdag gou Safari & Outdoor toe gegaan om bietjie "Scope Shopping" te doen.
Ek het na n hele paar Scopes gekyk en was beindruk, Maar..... Toe sien ek die daai Pragtige Rudolph Tactical T3 scope raak waarvan Dolph gepraat het laas week. Die Sights is regtig baie helder en voel sommer net reg vir my.

Ek wil graag vir Dolph baie dankie se. Jou span het my baie gehelp. Ek voel ek het die regte keuse gemaak en vir my die 6-24x50 T3 Tactical Rudolph Scope gekoop. My .270 Win se kaarte is oppad en ek kan nou nie meer wag om alles by Safari & Outdoor Rivonia te monteer nie. Gaan Blerrie Smart lyk! ;D

Groete Thinus

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Mon Dec 01, 2014 11:35 am
by Swede
Baie lekker scope!! en goeie waarde vir geld ;D

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Mon Dec 01, 2014 12:08 pm
by ThinusD
Ek stem Swede. Kan nou net nie wag om op die skietbaan te kom nie.
Dan vlaktes toe.... :)

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Mon Mar 30, 2015 5:35 pm
by roboman
Price if i may ask?

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Mon Mar 30, 2015 5:43 pm
by ThinusD
Hi Roboman

Then i paid R7500.
R6800 for the Scope and R700 for the Rings.
Its an Awesome Scope. Shooting at 300m is a walk in the park!

Regards Thinus

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 11:19 am
by Capt. Yoda
ThinusD wrote:Hi Roboman

Then i paid R7500.
R6800 for the Scope and R700 for the Rings.
Its an Awesome Scope. Shooting at 300m is a walk in the park!

Regards Thinus

Is dit die T of V? Die man by Rudolph het dan vir my gese 11 of R12 000 vir die T 6-24 ?
Teen R6800 soek ek 3

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 12:22 pm
by ThinusD
Dit was die T3 Tactical 6-24x50. Ek het hom gekoop terwyl hulle nog besig was om dit uit die boks te pak op die rak. Weet nie of dit dalk op special was met die launch nie..

Dalk was ek net Damn Lucky! ;D

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 1:48 pm
by Albert_7
So as ek reg verstaan is dit die T1 en nie die V1 of C1 nie? Sien hierdie link on guntree adverteer S&O die T1 vir R11 250

http://www.guntree.co.za/latest-ads/ite ... t3-reticle

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 1:57 pm
by Sangoma (IAN)
T3 is die reticle. Jy kry die T3 tipe reticle in verskillende Rudolph scopes. As jy n T1 Scope met n T3 reticle vir onder R7k gekoop het, het die verkoopsman dalk n fout begaan

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 2:54 pm
by ThinusD
Dankie vir die verduideliking Sangoma (IAN)

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 3:40 pm
by Capt. Yoda
Gooi vir ons n fodie van die scope en as dit die Tacktical is kan jy my ma se wie die salesman was. Klink my jy het nogals n bargain raak geloop daar.Geniet hom!!

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 5:02 pm
by Sangoma (IAN)
Ek weet nie of dit al gepost was nie. Daar is BAIE info hier oor Rudolph Optics, veral op die nuwe/ou T1 scope.

Mods, delete asb as dit onvanpas is!

http://www.sniperforums.com/forum/optic ... -24-a.html

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 6:27 pm
by ThinusD
Capt. Oblivious wrote:Gooi vir ons n fodie van die scope en as dit die Tacktical is kan jy my ma se wie die salesman was. Klink my jy het nogals n bargain raak geloop daar.Geniet hom!!
Capt. Oblivious. Ek sou met graagte n foto wou opsit, maar van dag een af sukkel ek om dit reg te kry om enige fotos te post. Hete ek kon nogsteeds nie eers my Profile foto opsit nie. :-[

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Mar 31, 2015 7:57 pm
by vriell
Het ook een van daai !! lekker scope.Het die afgelpoe naweek op 'n pel se plaas 500m geskiet met .308 Howa en was net 2 clicks vert uit nadat gegewens in strelox program gesit was vir berekening met geweer gezero op 100m.Moet ook net noem dat my vorige scope (selfde) het probleme gegee maar met GOEIE diens van Dolph hulle is die scope vervang en sal hulle al die pad ondersteun.Geniet hom !!

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Wed Apr 01, 2015 8:10 am
by ThinusD
Janee ek stem saam met Len. Dit is een goeie scope. Ek moet nog opvang met jou my maat. My verste wat ek geskiet het was op 300m en dit saam met hitte golwe op die vlaktes. nie te goed gegaan nie. ;D

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Wed Apr 01, 2015 6:25 pm
by Capt. Yoda
Het nou nou bq met daai Tac 6-24 gespeel en dis n bul van n scope.Daai foute met die turrets wat die ouens in die US van gepraat het is duidelik reg gemaak.Die glas is fantasties...sal ek se beter as n NXS en enige ander scope in daai prys klas, wel die bq wat ek met hom gespeel het was ek baie beindruk.As Dolf nie sy moer gestrip het hier nie sou ek dam nou geskimp het vir een ........

As jy hom vir R6800 gekry het het jy die bargain van die jaar gekoop.

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Thu Apr 02, 2015 3:53 pm
by ThinusD
Dankie Capt. Oblivious

Ek is baie gelukkig en soos jy se die "Scope met n bargain op getel" by Safari Outdoor Rivonia. ;D

Groete en lekker lang naweek vir almal.

Thinus

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Thu Apr 02, 2015 3:55 pm
by ThinusD
Ps. as iemand my ooit kan assist om fotos te upload dan sal ek dit baie waardeer. Daar was wel iemand n ruk terug wat een of ander program geoffer het wat dinge sal makliker maak, maar het nie reg gekom nie.

Ek is maar komputer dom. Hehehe!!

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Fri Apr 03, 2015 2:57 pm
by Capt. Yoda
mail vir my siebert@live.co.za

Re: My Nuwe Rudolph T3 6-24x50

Posted: Tue Apr 07, 2015 2:23 pm
by ThinusD
Jou n mail gestuur.

Dankie