Nuwe lid, maar 'n ou besoeker!
Posted: Wed Nov 26, 2014 8:58 pm
Goeie Naand
Ek is Corné Geldenhuys van Greytown,Kzn. Ek jag al van 2000 af boog en het so sewe jaar gelede ook begin geweer jag.
Ek het al BAIE die forum kom besoek oor die laaste paar jaar om persoonlike ervarings en so hier en daar ook tegniese opinies te kry oor wapens en al die bybehore van deesdae se jag.
Veral jag toerusting is soos kar koop, daar is so baie opsies en opinies wat my maar baie laat kopkrap voor ek daai paar rande uithaal. Het maar min van hulle so wil die beste moontlik maak daarmee. Hier het ek baie inligting gekry wat ek gebruik het, BAIE dankie.
Ek het juis nou weer begin krap om uit te vind oor silencers of die mooi woord modulators, en het toe besluit dat dit tyd is om aan tesluit. Dalk kan ek, of my opinie, ook eendag iemand help.
Ai en dis darem lekker om die meeste van die tyd AFRIKAANS te sien! Groete.