Page 1 of 1
Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 7:57 am
by Riebeeker
Ek wil graag 'n teleskoop deur hulle koop, enigeen ondervinding met hulle?
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 7:59 am
by cassie_calvinia
jy kan maar gooi
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:17 am
by WILLEBEES
Ek het in 2009 'n scope bestel deur Amazon.com en Amazon het bestel by Euro Optics.
Euro Optics het my direk geskakel, (ek dink die ou se naam was Alex) en reelings vir die aflewering gedoen.
Baie behulpsaam gewees - geen probleme nie.
Ek hoop dit help
Groetnis
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:25 am
by Braamgr
Niks foute met hulle nie, as Alex nog daar is gesels met hom.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:32 am
by Riebeeker
Baie dankie. Sal hulle pos na SA? Of moet ek ander planne maak?
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:32 am
by Finfan
Ek weet net seker scopes is hulle nie magtig om aan jou te verkoop nie. Ek het vroeer vir my Nightforce deur hulle try inbring, maar hulle het gese hulle mag nie, maar kan op ander scopes help. Anders vind ek hulle ook baie behulpsaam.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 9:36 am
by WILLEBEES
My scope was 'n Nigtforce, Alex het 'n uitvoer permit gekry daai tyd en ek het my scope gekry na net 4 weke.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 9:40 am
by Riebeeker
Dit lyk my hulle is tops. Dankie vir almal se raad.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 3:24 pm
by Reghardt
Goeie Dag
Ek het redelik onlangs weer met hulle besigheid gedoen. Ek sal wel aanbeveel dat jy vra of jy met Dave of Jason kan praat. Moet ook nie bank wees om hulle bietjie te druk vir afslag nie. Die manne se diens is regtig tops!! Ek sit en wag nou net dat die poskantoor sy strooi op klaar dat ek my pakkie kan laat kom.
Groete
Reghardt
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 3:35 pm
by Riebeeker
Die manne se diens is uitstekend. Sal later nog terugvoer gee oor hoe die transaksie verloop het.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 7:44 pm
by tgg
wat het jy toe gekoop
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Nov 25, 2014 8:10 pm
by Reghardt
Ek sien hulle het groot specials op hulle site tot 02/12/14
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Wed Feb 18, 2015 5:34 am
by seekoegat
Hoeveel invoer belasting en posgeld betaal jy as jy 'n scope deur hulle invoer?
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Wed Feb 18, 2015 7:35 am
by Capt. Yoda
Enige iets tussen 8 en 18%
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Wed Feb 18, 2015 8:40 am
by Katefbessie
Riebeeker wrote:Die manne se diens is uitstekend. Sal later nog terugvoer gee oor hoe die transaksie verloop het.
Het jy al vir ons terugvoer?
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Wed Feb 18, 2015 1:57 pm
by Riebeeker
Ek het die scope laat stuur na ons Amerikaanse invoerder in Winchester. Ek is tans hier maar die invoer dokumentasie is in sy naam want ek het gehoop hy kom Desember Kaap toe, maar sy planne het verander. Die groot probleem bly hoe om die scope hier te kry.
Een jy kan nie met enige iets wat op die VSA se lys van taktiese wapentoerusting terug vlieg nie - goed soos Badger ringe, Night Force scopes ens.
Twee dit raak koste oneffektief as jy invoer belasting moet betaal, dus my enigste oplossing is om te wag dat my invoerder in Junie kom kuier. Hy of enige ander Amerikaner kan bloot die scope in hul tas pak en regdeur stap deur Doeane sonder enige pyne of risikos.
Wat betref die transaksie, geen probleem. Dit vat sowat 20 dae om aansoek te doen vir die invoerpermit en daarna twee dae vir aflewering.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Sat Feb 21, 2015 4:30 pm
by iceman1982
Ja, direk met Alex gewerk. Kan nie onthou wat ek bestel het nie. Dink dit was n Swarovski scope, en alles het mooi afgeloop.
Hulle lewer goeie diens.
Re: Iemand al besigheid gedoen met Eurooptic.com?
Posted: Tue Sep 01, 2015 4:20 pm
by Vlakvark Soldaat
Manne, het iemand meer onlangs met EuroOptic gedeel en iets ingebring?
Ek is tans besig met n transaksie, en deel met Eric. Hy gaan ook die uitvoer/invoer permit reel. In my opinie, selfs al is daar 18% invoer belasting, bespaar ek steeds n klein huisie vol geld.