Page 1 of 1

Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 6:52 am
by tripodmvr
Ook heel gepas vir die nuwe SA.
Tank M18.JPG
http://www.ebay.com/itm/261669453235

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 7:19 am
by Smitstertjies
2 blikke S365 (As jy onseker is gooi nog so eetlepel of wat by)

22500 grein Barnes solid

TPL van 1010.25 mm

Oppas net dat jy nie die Chrony moer toe skiet nie!

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 7:22 am
by Bielie
He he! Dink so tien blikke S365 sal beter spoed gee!?

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 11:17 am
by Marc
:laugh:

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 12:03 pm
by henning
God bless America, wat jy darem nie als daar kan koop nie.

Groete
Henning

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 12:09 pm
by VdWalt
Ek wonder of RAM hom vir sal gaan haal?

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 1:11 pm
by Piet Pille
Henk- wat sal 'n Hunt buddy vir die outjie kos?

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 1:19 pm
by musgrave270
Die Silencer


http://www.guns.com/2013/02/05/the-tank ... -4-photos/

http://www.thefirearmblog.com/blog/wp-content/uploads/2013/01/155mm_suppressor-tfb-tm.jpg

http://www.guns.com/wp-content/uploads/2013/02/115.jpeg

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 1:54 pm
by Piet Pille
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Lyk of hy hy baie effektief kan wees... sekerlik die 10-kamer model daai?
Eks net bekommerd dat hy die wapen bietjie lomp sal maak vir gewone stap-en-jag, maar behoort mooi te werk vir bakkiejag.
dit bleik ook uit die hoek vd loop dat die wapen se trajek nie vreeslik plat is nie. Vir die langafstand jagters- maak asb seker dat jy wel 'n teleskoop met genoeg vertikale verstelling vir die outjie kry, anders gaan jy uit clicks uit hardloop.

Hierdie splinternuwe een van Zeiss sal bv baie mooi werk:

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 2:40 pm
by Smitstertjies
Ja nee, met daai gun, silencer en scope kan ons die heilige streep net dalk aandurf. Met die petrolprys wat so rof is jag ek Kalahari springbokke sommer so vanaf my stoep hier in Gauteng met daai setup!

Kort net n lekker bakkie om te diesel stalk.

Re: Kan iemand herlaaidata verskaf asb

Posted: Tue Nov 25, 2014 3:00 pm
by henning
Kan miskien goeie jag voertuig uitmaak in digte bos, net jammer van die prys.

Groete
Henning