Page 1 of 2

nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 12:33 pm
by cassie_calvinia
wie ken die bakkies? hoe is hul enjins?
ek kan nou een kry, 'n 2001model.
maar, sy km's is hoog. prys nie sleg nie.
help gou asb

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 12:46 pm
by DWB
Cassie, 'n vriend van my het jare terug een gehad, wat 'n monster was dit nie!

Daai ding het baie torque gehad.

Hy is oorlede in daai einste bakkie.

Ek sal met 'n smile een koop.

Straight forward Diesel daai

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 12:51 pm
by cassie_calvinia
al wat my afsit, is bakkie het 440 000km op.
koop by man wat smous. my swear ken hom. en se die man het baie goeie naam.
wel, die man het nou 3000km met hom gery, en enjin gebruik nie olie nie.
bakkie is ook baie netjies opgepas.
dit is maar baie km's vir 'n bakkie enjin

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 12:58 pm
by DWB
Die probleem in my opinie is alles op daai voertuig het slytasie op daai km.

Nou die dag self na 'n pragtige Hilux gekyk, tot ek gesien het hy het dieselfde km op.

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:01 pm
by Flip Nel
cassie_calvinia wrote:al wat my afsit, is bakkie het 440 000km op.
koop by man wat smous. my swear ken hom. en se die man het baie goeie naam.
wel, die man het nou 3000km met hom gery, en enjin gebruik nie olie nie.
bakkie is ook baie netjies opgepas.
dit is maar baie km's vir 'n bakkie enjin
Laat hulle sy compressive toets etc. en laat 'n bekwame mechanic hom inspekteer, en natuurlik moet die prys ook reg wees, daai is maar baie km, daar sal maar slytasie wees.

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:02 pm
by cassie_calvinia
die 4x4 het amper nooit gewerk nie.
die man sit orals nuwe buste in. bakkie gaaan deure gekyk word. dalk moet ek vra dat die AA hom deur kyk.
het nou met iemand gepraat wat al 615 000km op sy Nissan het.
prys is 45k

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:14 pm
by DWB
Daai is nie sleg nie!

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:19 pm
by cassie_calvinia
met 'n man gepraat, hy se syne het 615 000km op, en maker niks.
nou met 'n man by Nissan gepraat, se hy sou 2 keer dink voor hy koop.
nou wat nou?

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:21 pm
by Geno
Bel vir Taf en Mnr. Funck en kry hulle opinies.

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:37 pm
by cassie_calvinia
ek het prober. taffie tel nie op nie. sal nou nou weer

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:37 pm
by PWV
Cassie
Die kilometers op daai bakkies is 'n getuigskrif vir die bakkies!
Ek sou nou nie sê jy moet een met sulke hoë kilometers koop nie, maar jy kan een ry tot by daai kilometers!!

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 4:05 pm
by cassie_calvinia
dit is waar.
het uitgevind. kry enjins van 10k-13,500. gearbox, 6k.
ek ry seker 5000km 'n jaar met jagsbakkie, as hy nog 30000km hou, hou hy nog jare vir my.
ander sluitasie maak ek self reg, ek het 'n landy gehad, ek kan mechanic!!
ek dink ek moet hom oorweeg.

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 4:40 pm
by Chevvy SS
Hulle sit gou vas!!!

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 4:43 pm
by hencohugo
Chevvy SS wrote:Hulle sit gou vas!!!
Chevvy, ek het gedog dit is net honde en Landy's wat vassit.

Re: nissan 3.2d

Posted: Mon Nov 24, 2014 5:01 pm
by henning
cassie_calvinia wrote:dit is waar.
het uitgevind. kry enjins van 10k-13,500. gearbox, 6k.
ek ry seker 5000km 'n jaar met jagsbakkie, as hy nog 30000km hou, hou hy nog jare vir my.
ander sluitasie maak ek self reg, ek het 'n landy gehad, ek kan mechanic!!
ek dink ek moet hom oorweeg.
Cassie dit klink of jy hom ernstig oorweeg.
Fyt van die saak is dat as hy nie veel rook nie is dit n indikasie dat die injector pomp en injectors nog oraait is en dit is mos waar die groot geld le as jy moet herstel.
Feit is diesel kan frek baie kilometres loop as jy na hom kyk.
Die res van die voertuig is mos maar die gevoel wat jy kry as jy na hom kyk.
Ook maar belangrik is dat n haastige hond verbrand sy mond.
Hoop jy maak die regte besluit.

Groete
henning

Re: nissan 3.2d

Posted: Tue Nov 25, 2014 1:36 pm
by SmitH
Daai 3.2 is maar lekker dors

Re: nissan 3.2d

Posted: Tue Nov 25, 2014 1:54 pm
by cassie_calvinia
dit is snaaks, taffie mulder se hy het 10km/l gekry

Re: nissan 3.2d

Posted: Tue Nov 25, 2014 2:03 pm
by henning
cassie_calvinia wrote:dit is snaaks, taffie mulder se hy het 10km/l gekry
Dit klink naby aan die kol.

Groete
henning

Re: nissan 3.2d

Posted: Wed Nov 26, 2014 12:28 pm
by Ratel
Onthou maar om te kyk of die 4X4 werk en of die diff lock aangaan. Ek dink party het met limited slip diff gekom. Jy kan dit by 'n plek toets waar hulle hom op die rollers laat ry en hulle die een roller dan effens rem.

Re: nissan 3.2d

Posted: Wed Nov 26, 2014 1:40 pm
by cassie_calvinia
bakkie sal deeglik getoets word

Re: nissan 3.2d

Posted: Wed Nov 26, 2014 4:13 pm
by Ferdi Bam
Cassie,

Ek ry tans een met 492 000km op die klok. Ek ry hom soms hard maar hy hou. Ruil net elke
10 000km olie maar dit weet jy. Nie n spoedvraat maar werkesel. Nog net n clutch kit ingesit

Groete

Ferdi Bam

Re: nissan 3.2d

Posted: Wed Nov 26, 2014 4:34 pm
by cassie_calvinia
dankie ferdi
word wardeer

Re: nissan 3.2d

Posted: Sun Nov 30, 2014 9:12 am
by cassie_calvinia
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/nissan1.jpg
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/nissan2.jpg
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/nissan.jpg
fotos van died bakkie. hys baie netjies.
hul het nou sy voor bearings vervang, control arm bushings, agter brieke nuut, en disk geskim. en groot diens.
enjin kompressie is 100%, dieselpomp, en injectors is reg.
gaan hom maar vat

Re: nissan 3.2d

Posted: Sun Nov 30, 2014 9:13 am
by cassie_calvinia
en die duidk word die week reg gemaak, en bakkie is deur toets

Re: nissan 3.2d

Posted: Sun Nov 30, 2014 10:37 am
by Heinz Petersen
As hy binne so lyk kan jy maar koop. Weet nou nie wat jy betaal het vir hom nie, maar daai modelle se parte is spot goedkoop.
Enige parte wat jy nog gaan nodig kry in die toekoms kan jy my kontak en ek sal dit hier by my gaan soek.