Page 1 of 1

Worcester groete

Posted: Thu Nov 20, 2014 10:51 pm
by Bravo1
Naand manne.
Ek wil graag myself voorstel....Ek is al n geruime tydjie n 'roofkyker' op die forum en neem elke dag baie informasie in wat ek hier raaklees. Eks nog redelik 'nat agter die ore' as dit by jag en vuurwapens kom en kan steeds ma nog my 'biltong-bokke' op my een hand tel. Ek het so n ruk gelede vir my n Savage model 16 in 308Win met Mute Phantom kd aangeskaf en n Vortex Viper 6.5 -20 x 50 opgesit .Dit is nooit genoeg nie maar ek kry darm so af en toe n kansie om ook n paar skote te skiet met my 12Br Zabala haelgeweer. Soos ek se lees en leer ek graag by die 'slim manne' hier.....

Ek het tot nou toe nog maar net loop ingebreek op die Savage en so paar extra skote na die papier geskiet.....Volgende projek is om meer te leer mbv herlaai-kurses (en natuurlik die forum ) en dan self te begin herlaai.

Soos reeds genoem in subject woon ek in Worcester maar was 'born and bred' in Brits......is al 16 jaar in die kaap though.
Ek is ook lid van vele voertuig- en kamp forums en moet krediet gee aan die moderators vir n baie lekker ,goeie en insigewende forum hier.....thanks!

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 12:03 am
by Heinz Petersen
Welkom Bravo1.
Solank n man nog kan leer is daar hoop.

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 6:01 am
by .223 JAGTER
Baie welkom by goeie forum

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 6:58 am
by Gawie(13mm)
Welkom maat. Ek weet nie waar jy die informasie gekry het wat jou laat besluit het om 'n Savage te koop nie. Al wat ek kan sĂȘ is BRAVO! ;D

Geniet dit hier en moenie skaam wees om te deel nie.

Paarl groete,
Gawie.

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:15 am
by hennief
Welkom Bravo1, geniet dit.

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:26 am
by FCLoretz
Welkom Bravo.

Eerste naam dalk Johhny?

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 10:36 am
by Bravo1
Nee, FCLoretz.....ek ken wel n Johnny - maar die naam is Christiaan. Dankie manne vir die lekker geselskap.

Re: Worcester groete

Posted: Fri Nov 21, 2014 12:36 pm
by Boesman10
Dagse Bravo1. Ek hou van jou "handle". Ek is net deur die tonnel in die Paarl. Welkom op die Forum.