Page 1 of 1
Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Tue Nov 18, 2014 9:44 pm
by Fritz
Ek is opsoek na plek vir drie jagters wat maar hoofsaaklik vir die pot wil skiet, vir die naweek van 22 of 29 November. Die plaas moet verkieslik nie te vêr (150-200km) van Johannesburg wees nie.
PM my as julle dalk weet van iets
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 1:08 pm
by Fritz
Niks?
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 2:40 pm
by Jean Marais
Jy kan hier probeer:
www.mapalasi.co.za
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 3:09 pm
by Fritz
Dankie Jean ek waardeer

Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 4:13 pm
by SNIPER
Hi Fritz
Het jy reg gekom.
Groete
Sniper
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 4:18 pm
by Johan Nel
Fritz,
Kontak vir Nickvn hier op die forum. Hy is in die Belfast omgewing en het dalk nog iets by hom beskikbaar. Dis gewoonlik dagjagte op naburige eiendomme, maar hy het baie mooi selfsorg oornaggeriewe op sy plaas.
Groete,
JHN
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 5:51 pm
by tripodmvr
Die meeste boere wil nie nou laat skiet nie. Lamseisoen en die dire moet rus en vet word vir volgende winter.
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 5:59 pm
by Nickvn
Johan Nel wrote:Fritz,
Kontak vir Nickvn hier op die forum. Hy is in die Belfast omgewing en het dalk nog iets by hom beskikbaar. Dis gewoonlik dagjagte op naburige eiendomme, maar hy het baie mooi selfsorg oornaggeriewe op sy plaas.
Groete,
JHN
Die Blesbokke het begin lam en die SWB is ook hoogs dragtig. Ons het nog nie baie reen gehad nie en die diere is nie in baie goeie kondisie nie. Ons laat nie nou skiet nie tot so begin Maart as die lammers al groter is.
Groete
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 8:20 pm
by Johan Nel
Nick,
EK vra om verskoning as ek jou in 'n moeilike situasie geplaas het met my post.
Groete,
JHN
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Wed Nov 19, 2014 10:05 pm
by Fritz
Sniper ek het reggekom dankie. Dankie vir almal se insette.
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:14 pm
by PierredP
Probeer hierdie nommers
0165566154 - Soetdoring vakansieplaas
011 886 4005 - naam vergeet
wat's jou epos dan stuur ek n paar pryslyste waarop ek afgekom het.
Re: Biltongjag 200km vanaf JHB
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:43 pm
by Fritz
PierredP wrote:Probeer hierdie nommers
0165566154 - Soetdoring vakansieplaas
011 886 4005 - naam vergeet
wat's jou epos dan stuur ek n paar pryslyste waarop ek afgekom het.
Thanks!