Page 1 of 2
Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 9:41 am
by Tiny Hunter
Het enige iemand ondervinding met hierdie gewere... Hoe groepeer hulle en hoe is die aksies? Ek kyk nou om n geweer van die rak af te koop wat akkuraat en betroubaar is tot op 600m. Die 6.5x47 Lapua klink nogal heel lekker. Dis werklik mooi gewere vir die prys!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 9:51 am
by LUAN
Praat met Riaan van die ko-op hy het self so een. 0422910431
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 9:54 am
by cassie_calvinia
wat is hul pryse?
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 9:54 am
by birklec
Wat prys hul nou?
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 10:07 am
by Tiny Hunter
Sinteties R17000 en Hout R22000
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 10:12 am
by cassie_calvinia
nie sleg nie...
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 2:51 pm
by Nico Harris
Ek het n 300wm. Hy le by consideration. So sal jou hopenlik binnekort kan se!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 3:19 pm
by Tiny Hunter
Dankie oom Nico laat weer my asseblief!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Mon Nov 17, 2014 10:15 pm
by Nico Harris
Solank jy my Nico noem laat weet ek jou alles!
Vanaand die 300wm se doppe en dies gekry! So waneer die geweer kom sal alles klaar geprep wees!
Groete
Nico
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 7:00 am
by JTM
Watter tipe teleskoop monterings beplan jy om te gebruik Nico? Is daar picatiny rails ens. beskikbaar vir die geweer?
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 7:41 am
by Eugene
JTM wrote:Watter tipe teleskoop monterings beplan jy om te gebruik Nico? Is daar picatiny rails ens. beskikbaar vir die geweer?
As ek dit nie mis het nie, kom die geweer met 'n picatiny rail?
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 7:49 am
by Tiny Hunter
Ja ek het hom ook so oom Eugene!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 8:03 am
by G-force
Dis regtig n mooi geweer daai.
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 8:24 am
by Eugene
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 8:38 am
by James Wilson
15 jaar!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 8:39 am
by Tiny Hunter
Ja oom
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 8:55 am
by cassie_calvinia
wie verkoop die ding?
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 9:04 am
by Ockert1992
Cassie hier het die Humansdorp se Kooperasie hulle adverteer.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=35874
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 11:03 am
by Armand Steenkamp
Jy kan hom maar koop. Dink nie jy sal n fout maak nie. Ek het al so bietjie na een in n winkel gekyk. Die aksie herhinner my baie aan die musgtave Mod 90
Groetnis
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 12:32 pm
by Nico Harris
Die manne by humansdorp ko-op het vir my n 20moa rail verkoop vir R800. Hulle laat dit maak. Ek het by die huis leupold mark4 ringe en n Zeiss hd5 , 5-25x50 wat op die 300 kom.
Groete
Nico
Ps- my pa is oom nico!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 2:42 pm
by JTM
Dankie Oom! Die ko-op het 'n bekwame ou vir rails en goed maak ja. Het gereken hulle sal kan verskaf.
Re: Sabatti Tactical
Posted: Tue Nov 18, 2014 8:18 pm
by JPS
Maak net seker die gate vir die rail is in. Myne wat ek opgetel het by huntex het nie gate ingehad nie so moes to geweersmit toe....
Re: Sabatti Tactical
Posted: Wed Nov 19, 2014 5:47 am
by Nico Harris
Hulle fit hom vir my.
Re: Sabatti Tactical
Posted: Sat May 09, 2015 7:03 pm
by Rasmus
Menere
Sedert Huntex spook die Sabatti tactical by my en ek lê nagte wakker....

Wie se lisensies is al goed gekeur, en hoe skiet die gunne?
Is julle tevrede? Gooi bietjie meer info asb!!
Re: Sabatti Tactical
Posted: Thu May 14, 2015 5:57 pm
by Swys14
daar was een (in 308 Win) by Wildman in die Kaap vir 20k...dit lyk na goeie waarde.
Dis werklik 'n baie mooi geweer met 'n vet stuk pyp op...ek hou baie van die kolf...hoe goed daai loop is sal ek nie weet nie.
Het enige iemand al die gewere se akkuraatheid ervaar?