Laaste jag vir die jaar
Posted: Sun Nov 16, 2014 8:27 am
Ek het verlede naweek die kans gehad om n laaste jag vir die jaar te doen. Ek ken die eienaar van Tusk Safaris, en het hom n ruk terug gevra dat hy moet my laat weet as hy weer plaas toe gaan, as ek kan saamry om n bok of twee te skiet. Als het redelik gou bymekaargekom, en ek ry Vrydag vroeg weg van werk na Baltimore in Limpopo. Ek het vat gewoonlik my gesin saam, maar M het n hardloop aan gehad, en my kinders moes by Ma bly.
Ek verkies meer tyd om te jag, omdat daar dan effektief net een dag is om te jag, en als haastiger moet gebeur. Met dit in gedagte, wou ek vroeg genoeg op die plaas kom om te kan inskiet, dat ek vroeg Saterdag kan begin jag. Dinge het darem reg uitgewerk, ten spyte van die padwerke na Makopane/Potgietersrus, en ek was so uur voor sononder op die skietbaan.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141109_105151_zpstylkxuuw.jpg
Die maan was amper vol, en ek het gewonder hoe die jag gaan wees as die bokke dalk wei in die maanlig.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_050923_zpsapngfgdj.jpg
Ek het die die bosveld son ingewag met koffie en beskuit op die dek van die lodge, geen wolke in die lug, wat n warem dag beteken.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_053456_zpsxcbzpyeq.jpg
Ek is veld in saam met PH Cloete. Ons het n paar eland bulle in die verte gesien, en hulle spoor gevat. Ons het te veel wind af beweeg, en hulle het ons ontduik. Ons draai toe wind op, en werk ons pad stil stil deur die bos. Na n uur sien on n trop wildebeeste, en ons bekruip staaadig vir n skoot. Twee bulle staan eenkant bymekaar onder n boom, voorkant na ons toe en Cloete sit die skietstok neer. Ek lĂȘ aan met my 308 op 80m. Die bul in teiken was n meneer, ek besluit om nie vir n kopskoot te gaan nie. Ek mik in die middel van die bors, onder die ken en bo die grasse en takke, en die skoot loop. Raak! Die bul tol en hulle is weg. Ons soek vir bloed en kry niks. Nog soek en geen teken nie, ons kry wel spore waarvan een stel n poot het wat sleep. Ek raak bekommerd, en maak reg vir n dag van spoor volg. Cloete roep die lodge, en Boela word gebring (Jack Russell). Ons het intussen klein druppels bloed gekry, en Boela snel soos n blits die bos in. Ons stap agterna, maar na net so 5 min hoor ons hom hard blaf in die verte, en hardloop on vol spoed tussen blaar en tak agterna. Cloete gooi lood, en maak die wildebees van kant met 3 skote van so 30 - 40m af (375 met 200gr perigrines.) My eerste skoot was hoog, die 180gr Federal soft point is in skuins van voor deur die brisket, deur die blad en deur die voorpoot uit ander kan. Die wildebees het verbasend ver gegaan met n af blad. In retrospek moes ek dalk maar eerder na die kop geskiet het, dit was n mooier teiken, of ek moes laer af tussen die takkies deur gemik het. Danksy Boela het ons hom gou gekry, 28" horings, 109 kg geslag.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20141108_073900_zpsmxjcnckr.jpg