Page 1 of 1
BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Tue Mar 29, 2011 8:27 pm
by Flip Fouche
Naand manne
Ek was vir n paar dae vinnig na KZN.By St' Lucia deur n "padblokade" waar daar omtrent geen beheer was nie!
Ek is bekommerd oor die invloed wat dit die winter op die biltong jag kan he.
Is daar werklik bek-en-klouseer? Kalwers wat in voerkraal in Gauteng getoets is was negatief!
Groete
Flip
Re: BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Tue Mar 29, 2011 8:31 pm
by Roelo
Flip
Hier by ons in die Karoo moet ek se dit het sover geen uitwerking op die jagters nie ons is volgeboek soos laas jaar en dis jagters uit transvaal ook
Re: BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Tue Mar 29, 2011 10:52 pm
by Foxcreek
Sover ek weet was daar nog net gevalle in die noord-oostelike deel van KZN en die staat is besig om alle diere daar te ent.Dit is hoofsaaklik tussen kommunale boere se beeste. Kommerwekkend egter is dat daar 'n klieniese geval laasweek op 'n kommersiele boer se plaas in die Colenso distrik aangeteken is. Dis in die middel van die jag wereld van KZN.
En soos flip se die beheer is wragtag swak. Daar is areas waar 'n rooilyn opgerig is en steeds beweeg lewendige diere heen en weer daaroor.
Re: BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:03 pm
by fanie17
flip
Bek en klou seer is n baie leleke siekte.Ek dink nie jy sal iets eet wat dit het as jy dit gesien het nie,jy sal dit ook maklik sien,net soos snot siek.Ek weier om n bok wat enige wond of septiese seer het te koop.Septesimia of enige sweer verspry met die bloedstroom en hoewel die seer op een plek is is die gemors in die hele bloed stroom.Hoewel Jagersdokter nie altyd met my saam stem nie is die in sy gebied en sal ek graag wil hoor wat hy se,erntig.
Re: BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:17 pm
by JPS
Dok, sal graag ook wil hoor wat is jou mening hieroor.
Groete
JP
Re: BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Tue Apr 05, 2011 12:42 pm
by Piet Breedt
Ek beskou myself as geen kenner op die gebied nie, maar het in my slaghuis gesien dat wild wat enige sweer aan hom het, al is dit weggesny, se vleis nie so lank kan hang as een wat gesond is.
Met enige wond, veral as dit begin sweer het, bou die wit bloedsel telling dramaties op, en het dit n invloed op die rak lewe en smaak van die vleis. Ek het alteid as ek n bok geskiet het wat n sweer op het met die boer n spesiale prys beding, en dit dan eerder vir my werkers gegee.
Re: BEK-en - KLOUSEER / Hoe sien die biltongjagter dit ?
Posted: Thu Apr 21, 2011 9:37 pm
by henslin
Stem volkome saam Piet. Het ook die probleem opgetel. Kon die ou besering eers sien toe die Koedoe al op die grond was. Die boer was baie tegemoedkomend en het my nog 'n bul in die plek van die swak dier gegee. Die swak bul is toe dadelik opgewerk en aan 'n nedersetting daar naby geskenk. Hulle was baie tevrede en natuurlik ekke ook !! Twee vir die prys van een !!