Page 1 of 1
Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 10:47 am
by James Wilson
Hallo manne. Elke jaar die tyd tyd begin n tendens sy kop uitsteek. Ek wil maar glo dat dit moegheid, spanning en werkslading is, wat dit veroorsaak. Ek praat natuurlik van maniere en hoflikheid wat skielik in die tyd, n afname beleef. Dit is nie beperk tot ons pragtige forum nie, ek sien dit elders ook.
Wees dus maar ekstra sensitief as jy wil kommentaar lewer. Wees ook maar minder liggeraak, en onthou maar dat n gesprek wat jy lees(soos op n forum) kom baie keer hard voor, dit terwyl dit nie so bedoel was nie.
Jaracal was nog altyd geken vir sy gemoedelike "familie en vriende om die kampvuur" atmosfeer. As dinge te veel raak, vat maar n breuk, gaan skietbaan toe of vat n koue een( verkieslik nie saam nie

)
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 11:03 am
by Carel Kolesky
+1Well said!
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 11:32 am
by win270
Pro-aktief . . . dankie, James.
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 6:51 pm
by wlm
Dankie James
Moenie jou humeur hier kom verloor nie, ons het nie so laat in die jaar tyd om dit te soek nie.

Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 8:04 pm
by Cobus(Cobb)
Ek lees nie elke post of onderwerp nie, maar ek verbeel my dinge is rustiger as vorige 2 jaar...
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 8:22 pm
by Jacquesb
Ons het almal n breuk nodig. Wie het n boskamp?
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Thu Nov 13, 2014 8:31 pm
by spekieries
Nou praat jy Jaques!!!!!!!!
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Sun Jan 17, 2016 8:08 pm
by Williebees
'n Jaar en 3 maande na die oorspronklike pos maar tog toepaslik.
Ek het so einde 2015 by Jaracal aangesluit, en dink die gesindheid op die webwerf is puik.
Ek was al op ander webwerwe, waar daar soms venynigheid is teen wat hulle sien as "stupid'.
Tog het ek op daardie webwerf gesien dat iemand noem dat daar reeds sedert 1912 'n bepaling is in die nasionale omheiningswet, wat die ooplaat van 'n hek kriminaliseer. Toe vra een van die lede:' Nou wat sou die rede wees vir so 'n wet?'!!!
Duidelik is daar nie baie van daardie forumlede wat al in die warm son na vee gaan soek het nie!
Hier op Jaracal is waarskynlik meer boere en mense met sterk plaas agtergrond - die dat ek so tuis voel.
Williebees
Re: Forum gesindheid, en einde van die jaar sindroom.
Posted: Sun Jan 17, 2016 8:43 pm
by matewis
Of dit nou n hek, deur, koekieblik of yskas is, jy maak toe agter jou agterent. Maar bees ek stem, hierdie plek is onder die bestes