Page 1 of 3

Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Wed Nov 12, 2014 5:20 pm
by MichielC
Middag Manne,

Ek sal graag julle opinies wil hoor.

Ek het n 416 Rigby gekoop, lisensie is in proses, en nou moet ek op n teleskoop besluit.
Die geweer sal die meeste van die tyd vir bosveld jag gebruik word, en moontlik vir n buffel of 2 in sy leeftyd. Dan word daar ook beplan om "Dangerous Game Shoots" aan deel te neem soos die geleentheid homself bied.

Op my ander 2 gewere het ek n Leupold VX1 en n Zeiss Conquest HD5. Wanneer ek my dertig nul sukses met die Leupold op in my skouer sit , werk dinge net, al is hy op sy maximum vergrooting van *12 gestel. Leupold is tans my voorkeur teleskoop.

My oorwegings is tans in Leupold die - VX-3 1.5-5x20mm - / -VX•R 1.25-4x20mm - / of selfs die/ - VX-6 1-6x24mm - /
Ek verkies die German #4 Kruishaar.

Die VX-3 se maximum vergrooting is in werklikheid *4.5 en die -VX•R n werklike *4

My vrae dus .

1. Gaan die verskil tussen die VX-3 en VX•R noemenswaardig wees , a) teleskoop self ? b) op maximum vergrotings ?
2. Is dit amper dubbel die prys werd om n VX-6 te koop ?
3. Enige ander voorstelle ook welkom asb.

Ek gaan met my huidige Leupold op die verskillende vergrotings skiet op afstande om n idee te vorm, intusentyd manne, opienies en voorstelle asb.

Dankie byvoorbaat,

Michiel

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Wed Nov 12, 2014 6:41 pm
by Bielie
Enige lae vergroting soos 1.5x of 1.75 sal mooi werk sodat jy oop oe kan skiet op kort afstand. Leupold se VX-R met die rooi koletjie is net die ding! Ek sien nie einlik verskil tussen die Vx3 en Vx-R behalwe vir die rooi kol.Ek sal ook goeie "detach mounts" op sit as jy sonder teleskoop moet skiet.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Wed Nov 12, 2014 7:29 pm
by Beer (Christo)
Ek so vx3 op my 458 lott. Dit hang maar af van jou oe, maar ek sukkel om ver te sien. Die vx6 se lense is vir my baie helderder en dan het jy bietjie ekstra vergroting wat lekker kan werk as jy die geweer vir gewone bosveld jag gaan gebruik

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Wed Nov 12, 2014 7:36 pm
by rudib
Ek het n VX 3, 1.5 -5 x 20 en hy werk lekker vir my 375.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Wed Nov 12, 2014 7:48 pm
by junglejulian
ek het n 2-7x33 leupold op my 9,3 en hy werk perfek.Hy is ook eintlik heel bekostigbaar.goeie Warne Quick release mounts is ook n moet.Koop die beste glas wat jy kan bekostig.My hart begeer n VXR of iets soortgelyks maar my bestaande kombinasie regverdig nie die kostes nie

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 8:32 am
by Hercules Louw
Michiel

Ek kan die 1-6x24 Lynx LX2 met groot vrymoedigheid aanbeveel. Die scope is op my 416Ruger en ek het al so 400 skote met hom geskiet. Die oog afstand is 106mm wat oorgenoeg is sodat die scope nooit jou oog sal slaan nie. Die huidige modelle kom met 'n German #4 kruisdraad met 'n verstelbare helder groen dot. Die scope is helder genoeg om my toe te laat om goeie groepe op 200m te skiet. Op 1x vergroting kan jy met beide oë oop skiet en die beeld is in fokus so naby as 2m. Die scope verstel absoluut presies, sien die toets in SA Jagter tydskrif so 'n 18 maande gelede. Die scope is tops vir DGS kompetisies.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 8:45 am
by DWB
Ek geniet my VX-R bitter baie!

Ek weet dalk van een wat jy vir 'n billike prys kan optel.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 8:58 am
by Geno
MichielC wrote:3. Enige ander voorstelle ook welkom asb.

March 1-10x24

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/scopes-hunting-1-10.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/1-10.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/1-10eland.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/1-10Dimensions.JPG

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 9:37 am
by ZKK
As ek net my persoonlike opinie mag lig.
Ondervinding het ek min, maar ek lees graag ;D
Ek was ook nou in die mark gewees vir n lae vergroting scope op my .375.

Een ding wat my gepla het van die 1.5 x vergroting scopes is dat jy n effens verwronge beeld sien as jy met altwee oe oop wil skiet.
een oog sien 1,5x en die ander oog sien 1x.
Ek het persoonlik niks daarvan gehou nie, en verkies n scope wat n ware 1x vergroting het vir n dangerous game scope.
As jy met altwee oe oop kan skiet, vergroot jy jou "field of view" geweldig, veral as jy naby en vinnig moet skiet.

Ek moet egter bieg, en se dat as ek teiken skiet op die baan, mis ek my scopes met bietjie meer vergroting.
maar....horses for courses.

Die een baie nice ding van lae vergroting (4x) wat ek ondervind het, is dat mens baie makliker takkies en grassies sien wat voor jou is, wat mens nie nootwendig op hoe vergroting gaan sien nie.

Wat ek gelees het is dat hoe groter en swaarder jou scope is, hoe meer stremming sit jy op jou scope mounts tydens recoil.
So op n 416Rigby sou ek raai mens soek n lae profiel scope wat so lig as moontlik is.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:22 am
by Lourens
Hercules Louw wrote:Michiel

Die scope is helder genoeg om my toe te laat om goeie groepe op 200m te skiet.
Hercules,

Om op 200m groepe met die 416 Ruger te skiet, gebruik jy seker darrem lekker ligte koele ook of hoe?

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:32 am
by Hercules Louw
Lourens, ek sien ons is weer skerp vanoggend!

Die draad gaan oor teleskope vir 'n 416 Rigby, en as 'n 6x teleskoop jou toelaat om groepe op 200m te kan skiet, dan sê dit iets van die helderheid van die scope.

Maar om jou nuuskierigheid tevrede te stel, ek skiet 320gr Impala koeëls uit my 20" Ruger 416 teen 2550ft/s.
'n Ligter koeël in die kol is beter as 'n swaar koeël wat mis.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:34 am
by gs23139
Ek het vir my een van hierdie bestel vir my CZ 416:

http://www.info.sightron.com/product_im ... 4IRMOA.jpg.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 11:20 am
by Wouter Roets
Hallo Michiel

Ek het vir baie jare n VX3 1.5-5x20 op my 458 Lott gehad. Eye relief wat n kritiese aspek is word in oorgawe aangespreek. Beeld is goed met goeie FOV. Ek wat krities is op die goed het wel gewens vir n ware 1x vergroting aan die onderkant om met beide oe oop gemaklik te kan skiet. In my opinie moes hulle dit liewers n 1-4 vergroting gemaak het.

Ek het so jaar terug drie VX6 1-6x24 German No4 kruishaar teleskope gekoop vir my 416 Rigby, 458 Lott en 505 Gibbs. Die VX3 doen nou diens op my 416 Ruger. Wel die uiteinde is dat ek gelukkiger is as n vark in Palestina. Voorwaar n top produk teen n billike prys. Die lense is uitstekende sowel as al die ander gegewens. Ek kan die produk met n absolute geruste hart aanbeveel. Die teleskoop met sy vergroting tiek net soveel boksies.

Daarmee saam kry jy nog n baie belangrike aspek en dit is gemoedsrus wat jy het met die grootste teleskoop vervaardiger se uistekende naverkoop diens en top waarborg. By my was die besluit n no brianer.

Groetnis
Wouter

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 3:09 pm
by Doomslayer
Ek sien dat jy soort van reeds op Leupold besluit het - niks fout met die keuse nie.

Vir my eie .416 Remington wat nog gebou word bestel ek hierdie ene:

http://www.schmidtundbender.de/en/produ ... -exos.html.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 3:42 pm
by Louis Kriel
Ek is self besig om my 375 n ander scope voor te soek. Hierdie een het n baie goeie "review" gekry.

http://swfa.com/Weaver-15-6x24-Super-Sl ... 40570.aspx

Goeie prys ook.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 3:51 pm
by Dries101
Mense Nikon monarch African 1-4- werk soos n droom (-,

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 5:17 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:Hallo Michiel

Ek het vir baie jare n VX3 1.5-5x20 op my 458 Lott gehad. Eye relief wat n kritiese aspek is word in oorgawe aangespreek. Beeld is goed met goeie FOV. Ek wat krities is op die goed het wel gewens vir n ware 1x vergroting aan die onderkant om met beide oe oop gemaklik te kan skiet. In my opinie moes hulle dit liewers n 1-4 vergroting gemaak het.

Ek het so jaar terug drie VX6 1-6x24 German No4 kruishaar teleskope gekoop vir my 416 Rigby, 458 Lott en 505 Gibbs. Die VX3 doen nou diens op my 416 Ruger. Wel die uiteinde is dat ek gelukkiger is as n vark in Palestina. Voorwaar n top produk teen n billike prys. Die lense is uitstekende sowel as al die ander gegewens. Ek kan die produk met n absolute geruste hart aanbeveel. Die teleskoop met sy vergroting tiek net soveel boksies.

Daarmee saam kry jy nog n baie belangrike aspek en dit is gemoedsrus wat jy het met die grootste teleskoop vervaardiger se uistekende naverkoop diens en top waarborg. By my was die besluit n no brianer.

Groetnis
Wouter
Raakgevat hier Wout

Net jammer hulle raak nou so vrek duur

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 5:22 pm
by Stefan764
Hercules Louw wrote:Lourens, ek sien ons is weer skerp vanoggend!

Die draad gaan oor teleskope vir 'n 416 Rigby, en as 'n 6x teleskoop jou toelaat om groepe op 200m te kan skiet, dan sê dit iets van die helderheid van die scope.

Maar om jou nuuskierigheid tevrede te stel, ek skiet 320gr Impala koeëls uit my 20" Ruger 416 teen 2550ft/s.
'n Ligter koeël in die kol is beter as 'n swaar koeël wat mis.
Hercules maak hom bietjie swaarder man. Ek gooi n 300gr teen 2600fps uit die 375Ruger uit. Loop soos stroop, kry dam al drie onder n duim in op 100m. Nog nie op 200m getoets maar die zebras val mooi so tot op 280m so hy is in genoeg hehe

Manne aangesien die nou n ope vraag is gaan ek my opinie lug maar dit help seker veel, kan self nie die scope bekostig nie, maar o BLOED dis n spuls teleskoop...

Schmidt & Bender se EXOS 1-8x24 is nou op die rake en daar kan nie n beter swaarwild-geweer/kaliber scope op die mark wees nie. Sy vergrotingspektrum is briljant en sy optics van die beste wat bestaan. Met n 8x vergroting is jou skietbaanwerk uitgesort en jy kan n Gemsbok op 250m in die Kalahari lekkkker sien

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:50 pm
by Safari Outdoor
Stefan764 wrote:

Sjoe Stefaans, lanklaas sulke waar woorde uit jou mond gehoor. Daai is nou n regte teleskoop. As ek eendag groot is......

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Fri Nov 14, 2014 10:32 am
by Umshwati Boy
Stefan764 wrote:
Hercules Louw wrote:
Schmidt & Bender se EXOS 1-8x24 is nou op die rake en daar kan nie n beter swaarwild-geweer/kaliber scope op die mark wees nie. Sy vergrotingspektrum is briljant en sy optics van die beste wat bestaan. Met n 8x vergroting is jou skietbaanwerk uitgesort en jy kan n Gemsbok op 250m in die Kalahari lekkkker sien
Hoeveel is die Exos reeks?

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Fri Nov 14, 2014 10:37 am
by Geno
Stefan764 wrote:Met n 8x vergroting is jou skietbaanwerk uitgesort en jy kan n Gemsbok op 250m in die Kalahari lekkkker sien

Stef...
Net 200m met daai 8x. Jy het my mos geleer van 25m vir elke 1x.
Dus, vir 250m, is die 1-10x March meer geskik ;D

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Fri Nov 14, 2014 10:59 am
by Sangoma (IAN)
Daai March lyk na een fantasies scope!

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Fri Nov 14, 2014 11:55 am
by MichielC
Dankie vir al die terugvoer, ek waardeer !

Geno, daardie scope lyk fantasties ! Op n vorige draad het ek die prys gesien, alhoewel ek glo dat dit waarde vir geld is, is dit so bietjie buite my begroting.

@DWB gesels met my asb.

@ Safari & Outdoor, kan julle nie dalk vir ons forum manne laat weet of daar n Seisoen aanbieding is op die telescope, ek het nog niks in die media raak gelees nie.

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Fri Nov 14, 2014 5:24 pm
by Stefan764
Retail is R25k

Dit sluit BTW en landsye aflewering in.

Lekker naweek!

Re: Teleskoop vir 416 Rigby

Posted: Fri Nov 14, 2014 6:10 pm
by Albert84
Wat dink julle van die Trijicon vir n 416?