Page 1 of 1

Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 9:15 am
by Vantheman
Dagse.

Ek wil graag meer uitvind oor hierdie teleskope. Is daar iemand van julle wat al te doen gekry het met hulle en dit vergelyk het met van die ander scopes.

Dankbaar

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 11:37 am
by Louis Kriel
Ek het net gister begin oplees oor die scope en het op hierdie review afgekom.

http://www.realguns.com/articles/609.htm

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 12:14 pm
by Eugene
Hierdie is nogal vir my goeie nuus:
Forever Warranty: Simply stated by Burris "We will repair or replace your Burris optic if damaged or defective: no charge to you, no questions asked, no matter whose fault it is, no warranty card needed, no receipt required, automatically transferred to future owners. Now that is a warranty.
Dit wys vir my Burris het vertroue in hulle produk en dit nie gemaak om net 'n jaar of 2 te hou nie.

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 12:21 pm
by VdWalt
"Now that is a warranty"

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 12:42 pm
by Rudie
Ek het die Veracity 5-25 X 50 op my 260 Rem en is baie happy met hom. Die scope se eye relief is baie lank en ek moes agter en voor extended mounts op die Tikka Varmint sit. Ek moet nog so bietjie 'n review doen op hom maar kry net nie tyd nie. Sy Turrets stel soos hulle moet en ek gebruik hom slegs om te dial en hy is elke keer terug op sy Zero.

Die FFP Varmint reticle se "Elevation" merke is eintlik maar useless in my opinie aangesien dit FFP is en nie in MOA merke nie gekalibreer nie so die gaps tussen merke gaan jou tussen afstande los en jou vergroting gaan niks help om jou op die merke te kry op ander afstande nie.. Jy kan strelok gebruik maar jy gaan waarskynlik tussen afstande uitwerk op die kruishaar se merkies. Die Windage merke werk lekker om af te mik in die wind as jy vinnig wind kry wat op tel of gaan lê na jou verstellings gemaak is. Hulle is in 1 en 2 MOA merke gekalibreer.

Sal ek weer een koop? In sy prysklas is daar nie iets anders wat ek van weet wat jou 'n FFP scope met die vergroting en ordentlike turrets wat caps op het nie. Jy kan lekker jag met hom want jy kan jou turrets toe maak en as ek gaan ver skiet haal ek die caps af en los hulle af. Lense kan beter wees. Myne raak baie dof oor 20 vergroting. My Burris 6.5X20 EMV1 scopes het baie beter lense as die een wat ek het. Wil nog een of ander tyd vergelyk met 'n ander een om te kyk if daar nie dalk fout is met myne nie.

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 1:51 pm
by Vantheman
Dankie Rudie
Sien uit na jou review. Weet jy hoe sy glase met vortex vergelyk.
Is die veracity se beeld swakker as jou ander Burris op 20x

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 2:34 pm
by Rudie
Ek sal jou more kan sê hoe hy vergelyk ;D Ek gaan die 6-24X50 Vortex HST met MOA reticle op die 308 sit. Die Veracity is nie vir my so duidelik op 20 vergroting soos wat die
6.5-20 X 50 Burris met die MV1 kruishaar is nie. Op 15 vergroting is hy koning en dit is waar ek meeste van die tyd met hom skiet ook.

Re: Burris Veracity

Posted: Wed Nov 12, 2014 4:36 pm
by JTM
Dis ook wat my pla van die Veracity naamlik die FFP reticle wat nie met die turrets in MOA vergelyk nie. Ja die kruisdraad het waardes in MOA, maar dit is meer 'n BDC tipe reticle wat nie bedoel is vir afstand skat nie. As hulle net 'n MOAR tipe kruisdraad soos Nightforce gehad het sou die scope meer sin gemaak het.

Burris het wel die XTR II scope wat aan my bogenoemde vereistes voldoen. Prys is duurder maar nog steeds nie sleg nie.