Page 1 of 1
Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 3:29 pm
by alecjohnson
Die ou het 'n squib load gehad, toe probeer hy om die een wat vas sit uit te skiet
10377438_809691895761067_8077146620617472069_n.jpg
Daar is nie pille vir hulle nie

Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 3:32 pm
by ruaanb
Eish....
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 3:46 pm
by Daneel
Een 357 in sy M%$r
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 3:48 pm
by JacoW
Aanhouers wen blykbaar nie altyd nie...
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 4:42 pm
by gillie
Dalk 'n dom vraag, maar sou iets nie al teen daai tyd ontplof het nie ?
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 5:02 pm
by Hein (Haan)
Daai eerste een was amper uit

Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 5:18 pm
by wlm
gillie wrote:Dalk 'n dom vraag, maar sou iets nie al teen daai tyd ontplof het nie ?
Die gas ontsnap seker tussen die rol en die loop.
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 5:36 pm
by GERT vd M
Hau batoe, eish!!!
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 7:37 pm
by pietbak
Nie baie slim nie maar baie braaf.
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Mon Nov 10, 2014 8:30 pm
by henning
pietbak wrote:Nie baie slim nie maar baie braaf.
Nee wat, braaf is nie deel van hierdie storie nie, net onkunde of sommer net dom.
Groete
Henning
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Tue Nov 11, 2014 10:17 am
by Hein (Haan)
Lyk my as jy n skoonmaak stok saam vat baan toe raak die gevaarlik.
Behalwe nou vir loop inbreek van julle n skoonmaak stok saam baan toe?
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Tue Nov 11, 2014 1:53 pm
by alecjohnson
Ek neem stok saam, vir die moontlike dip wat in die kamer sit, of vir daardie keer wat groepe verswak en net 'n bitjie skoonmaak benodig.
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Tue Nov 11, 2014 4:59 pm
by Riaan Kriel
Dit is weer probeer en weer en weer en weer en weer en weer....... Daar is nie pille vir daai siekte nie

Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Wed Nov 12, 2014 12:54 pm
by SuperVos
alecjohnson wrote:Die ou het 'n squib load gehad, toe probeer hy om die een wat vas sit uit te skiet
10377438_809691895761067_8077146620617472069_n.jpg
Daar is nie pille vir hulle nie

Haha!

baie baie dom...
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Wed Nov 12, 2014 4:40 pm
by Willie
Nou wat is die regte veilige manier om 'n lewendige ronde uit die kamer te kry as die slot dit nie wil uit trek nie ?
Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Wed Nov 12, 2014 6:45 pm
by Riaan Kriel
Nie soos die ou dit gedoen het nie....
Los wapen eers vir 'n paar minute om seker te maak dis nie 'n delayed ignition van die slagdop nie.
Maak wapen veilig, maw verwyder ander rondtes in rol/magasyn.
Maak wapen so ver moontlik uitmekaar uit - probeer om loop heeltemal uit te kry, nie so maklik moontlik met 'n rewolver nie, maklik met pistool
Vat 'n handwapen skoonmaakstel se cleaning-rod en druk dit voor in die loop in totdat dit teen die rondte/koeëlpunt druk (Moenie voor jou gesig hou nie, hou in veilige rigting vir indien iets ontplof)
Stamp liggies en probeer die rondte/Koeëlpunt uitdruk.
Indien nie werk nie, vat 'n rubberhammer en tik liggies totdat die blokkasie uit is.
Wanneer die blokkasie uit is, sit wapen aanmekaar en geniet die dag verder.

Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Thu Nov 13, 2014 8:25 am
by Willie
Duracell wrote:
Stamp liggies en probeer die rondte/Koeëlpunt uitdruk.
Indien nie werk nie, vat 'n rubberhammer en tik liggies totdat die blokkasie uit is.
Die klink nog steeds baie gevaarlik

Re: Hoe jy nie 'n koeël uit loop haal nie!
Posted: Thu Nov 13, 2014 10:15 am
by MEERKAT
Presies soos Duracell verduidelik het ek probeer om rondte wat vassit uit te stamp , rondte het afgegaan met katastrofiese gevolge, seker die mees gevaarlike manier om so patroon uit te haal.
Groetnis
MEERKAT.