Page 1 of 1

Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Tue Mar 29, 2011 10:35 am
by Stefan764
Manne ek wil net gou n voorstel maak en ek dink ons gaan almal baat daarby.

Die Forum is besig om eksponensieel te groei, wat ook beteken meer en meer inligting. Ek dink dis baie belangrik dat ons alle topics korrek "benaam" as ek dit so kan noem. Die probleem kom in as nuwe lede inligting soek en hy sal nooit die topic raak gesoek kry in die "search" funksie nie.

BV, die topic word genoem: HELP ASB???

Die man wat topic start vra byvoorbeeld hulp met Rooikatte en kry dan goeie raad daarop, maar daai inligting is verlore na n paar maande vir nuwe lede wat soek onder Rooikat probleme. Ek weet die search funksie tel individuele woorde ook op, maar dis baie meer akkuraad met n goeie opskrif of dan nou"subject"

Weet nie of julle saamstem nie, maar ek dink om die "SEARCH" funksie optimaal in die toekoms te kan benut moet ons net so rapsie meer inligting in die "Subject" lyntjie sit.

Stef

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Tue Mar 29, 2011 11:57 am
by Louis102
Stefaans/Ludwig/Piet-Skiet

Ek vermoed die moderators kan die inhoud van topics verander en topic's sluit ens., maar ek weet nie of ons die benaming van topics kan verander nie.  Daarom is dit juis belangrik om die benaming mooi te kies.  Dit sal ook help as diegene wat topics begin eers mooi na die "menu"-bladsy of Index-bladsy kyk om seker te maak hy plaas sy topic op 'n relefante plek in die forum.  Sien dat ons somtyds bietjie lui is en alles sommer onder algemeen ingooi.

Toevallig, Stefaans, soek die forum se soekmasjien, die sleutelwoorde wat jy invoer, in die onderwerpe self ook, nie net in die benaming van die onderwerp nie.  Jou punt bly egter steeds geldig.

Mooimaak
Louis

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Tue Mar 29, 2011 1:42 pm
by Andy
Almal,

Baie goei voorstel ek het vanoggend lank gesoek na 'n ou topic wat ek al voorheen gelees het.

Andy

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Tue Mar 29, 2011 11:19 pm
by JPS
PietSkiet,

Wat wil jy weet van die Frontier koels? Elaborate dan kan ek dalk help.

Groete

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Thu Mar 31, 2011 10:40 pm
by Francois Marais
Manne

Het die topic gemis die laaste paar dae, dit was lankal terug onder bespreking, en die gevoel was dat ons nie so anal soos bv. gunsite moet raak oor waar topics geplaas word en hoe dit benoem word nie, en dit is nou die gevolg daarvan........Ek het op n stadium probeer om alles reg te skuif, maar teen die tempo waarteen die forum groei is daar GEEN manier wat ek kan byhou nie, deesdae kry ek nie eers alles gelees nie, wat nog van regstelllings maak.

Mooi loop, geniet maar die lekkerste loslit Afrikaanse forum oppi hele ganse WWW.
Francois

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Sat Apr 02, 2011 10:59 am
by JPS
Piet Skiet,
Hulle werk net soos die barnes X punte. Jy kan ook die barnes data volg om hulle te laai.

Werk goed op wild, soek miskien net bietjie spoed om mooi om te klink, as jy te stadig gaan het ek gevind hy maak partykeer nie oop nie en perform soos 'n solid.

Groete
JP

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Sat Apr 09, 2011 10:43 am
by Pvdw
Hi Manne.

Piet-Skiet ek sien jy s? sommer dat julle die thread Hi Jack :o :o :o Dankie vir jy s? (nie wat jy doen nie ;D ;D ;D :police:) Ek dink dat afgesien van verkeerde/swak benaming gaan daar baie keer waardevolle inligting verlore met Hi-Jack's aangesien niemand onder 'n Topic met die naam "Benaming van NUWE TOPICS" gaan soek vir inligting oor Frontier koe?ls nie ;) Sorry piet dit was sommer so uit die heup geskiet en dit was sommer nou 'n lekker maklikke voorbeeld om te gebruik. Bly asb. by die onderwerp en die soek glo ek sal ook maklikker gaan.

Peet

Re: Benaming van NUWE TOPICS

Posted: Sun Apr 10, 2011 7:30 pm
by theedge
Great plan