Page 1 of 1
Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 5:16 pm
by lucas
Dag se,
Ek soek bietjie raad hoop julle kan help, julle manne al lank in die game.
Ek is nog nuut in die game van gewere, ek het onlangs vir my die Howa 308 gekoop. Dits nou tyd vir teleskoop te soek ens. Ek wil nou nie grootste klomp stront onder die son gaan koop nie en n arm en n been vir een betaal nie.
Wat sal julle voorstel? Sal gebruik vir jag en tekein skiet.
Baie dankie
Lucas
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 5:38 pm
by alecjohnson
Kry vir jou stewige bassise en ringe, betaal maar in die omgewing van 800-1400 rand vir bassise en so 1000-1600 vir ringe, onthou jou teleskoop is net so goed soos jou monterings. Ek sou voorstel Warne of thor of leopold, dis maar my persoonlike opinie.
Dan moet jy besluit wat jou budget is, maak net seker jy koop 'n teleskoop wat se dis FULLY MULTYCOTED dit laat beter lig deur.
uit persoonlike ervaring sal ek 'n Vortex of lynx a.g.v naverkoops diens
3-9x44/50 vir tot en met 200m
4-16 vir bitjie wyer skiet, maar steeds naby skiet
as jy net skote vat van 150m+ kry 'n 6-24 x50 of 8-32x50 maar dan raak dinge erg duur
Die is maar my persoonlike opinie, dan moet jy besluit opo 'n kruishaar ek hou baie van die taktiese goed met die klomp lyne vir baan en bene rek, maar vir jag laaik ek mildot of BDC kruishare.
Dit als gese, as ek nou vir my 'n 308 kry is dit of 'n Vortex Diamondback 4-12x40 Dead Hold BDC(+-R3500), 'n vortex Viper 6.5-20x50 Dead Hold BDC(+-R8000) of Lynx LX2 2.5-14x50 met die rangefinder reticle (+-R10k)
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 5:52 pm
by Pvdw
Lucas, Alec gee goeie raad. Ek sal met hom saamstem dat die 4-16X of iets in daai orde die regte keuse sal wees.
Die Howas is so akuraat dat jy gou gaan wil vêrder as 200m skiet en dan gaan die 9X scopes nie meer die pyp rook nie, veral op papierskiet.
Wat die fabrikaat betref sal jy meer volgens jou budget moet besluit.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 6:41 pm
by PWV
Pvdw is reg as hy sê dat jy kort voor lank oor langer afstande met die Howa 308 sal wil skiet. Ek trek nou by 500 meter en as daai ghong klap, kry jy hoendervleis.
Sit daarom van die begin af 'n 20MOA "picatinny rail" op en monteer jou teleskoop daarop.
Met die teleskoop kan ek jou nie eintlik help nie. Daar is soveel goeies. Die groot ding wat my teleskoopkeuse bepaal, is maar my begroting!
Groetnis
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 7:01 pm
by lucas
Hi
Dankie manne, wat dink julle van burris scopes en Nikon monarch.
Ek wil ook eendag oor die 500 meter kan skiet.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 7:07 pm
by alecjohnson
lucas wrote:Hi
Dankie manne, wat dink julle van burris scopes en Nikon monarch.
Ek wil ook eendag oor die 500 meter kan skiet.
Ek het nie ervaring met hulle nie, een van my vriende het een en hou niks daarvan nie dit gee hom net kopsere op sy 223. en 'n ander ou JohanvB het een op sy 375 as ek dit nie mis het nie en hy is dood gelukkig.
Ek hou nie van Burris nie, waarom weet ek ook nie. Dit is egter 'n goeie produk.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 7:45 pm
by Pvdw
4-16x50 Nikon is 'n puik scope. Bly weg van die 5-20x42 Monarch. Hy raak dof as jy sterker as 16x bedin stel.
Burris is net so betroubaar. Die FFII 4.5-14x42 is een opsie en dan ook die 6-20x50(dink dis 6)
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 8:11 pm
by Rudie
Burris is regtig baie goeie waarde vir geld. Al wat my bietjie afsit van die wat ek hom my gewere het is die die AO, waar meeste scopes Side focus het deesdae. Die Veracity het side focus maar teen 2keer die prys en in alle eerlikheid is die 6.5-20 se beeld baie helderder op alle afstande.
Nikon is net so goed en dan hoor ek baie goeie goed van die Redfield scopes ook. As jy sou belangstel het ek vir jou 'n Lynx 4-16x42 met step reticle wat ek nie gebruik nie. Laat weet maar as jy sou belangstel.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 8:39 pm
by alecjohnson
Rudie wrote:Burris is regtig baie goeie waarde vir geld. Al wat my bietjie afsit van die wat ek hom my gewere het is die die AO, waar meeste scopes Side focus het deesdae. Die Veracity het side focus maar teen 2keer die prys en in alle eerlikheid is die 6.5-20 se beeld baie helderder op alle afstande.
Nikon is net so goed en dan hoor ek baie goeie goed van die Redfield scopes ook. As jy sou belangstel het ek vir jou 'n Lynx 4-16x42 met step reticle wat ek nie gebruik nie. Laat weet maar as jy sou belangstel.
Step reticle?, neem aan dis die Rangefinder reticle? Lyk hy so? of hoe lyk die step reticle?
http://outdoordepot.co.za/media/catalog ... ato_rf.jpg
baie lekker reticle daai.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Sun Nov 09, 2014 9:07 pm
by Rudie
nee sorry Alec dit is nie hy daai nie, ek weet nie of hulle sy benaming so bietjie verander het nie maar daai lyk amper soos die ou Nato van Lynx. Ek het so een ook gehad. Dit is die Milstep
http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... -4-16x42d/
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Mon Nov 10, 2014 8:53 am
by Boesman10
lucas wrote: Wat dink julle van burris scopes en Nikon monarch. Ek wil ook eendag oor die 500 meter kan skiet.
Ek het 'n Burris Eliminator III op my Remington .308 en dit is 'n fantastiese scope. Dan het ek 'n Nikon Monarch 6-24x50 op my .300WM en is vreeslik gelukkig met hom. Die Nikon is natuurlik helfte van die prys van die Eliminator maar jy kan nie verkeerd gaan met enige een van die twee nie.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Mon Nov 10, 2014 9:13 am
by Ratel
Jy kan gerus ook kyk na Nikon Monarch 3. Iets soos 4-16 x 42. Die na verkope diens is puik. Ek hou van die feit dat beide my Nikons hulle zero baie goed hou.
Re: Teleskoop vir 308 Howa
Posted: Wed Nov 12, 2014 6:59 pm
by Steppenwolf
Ek het die Nikon Prostaff 5 met BDC kruishaar illumination in 3.5-14 x 50 vir my .308. Een woord "fantasties" vir die prys!
Gaan loer ook na Vixen (Camdix hou hulle aan)