Page 1 of 1
Wild pryse
Posted: Mon May 04, 2009 1:47 pm
by Gernie
Wil weet of iemand kan help. Ons gaan daar in Vanzylsrus se omgewing jag en wil net 'n aanduiding he van R/kg vir springbok. Kan iemand help?
Re: Wild pryse
Posted: Mon May 04, 2009 3:18 pm
by WillJak
Ek weet nie van Van Zylsrus of eintlik oor die algemeen in die Kalahari nie - gewoonlik jag ek net trofee bokke daar saam met kliente. Biltong bokke hier in die Karoo gaan so R20 - R21 per kilo. Bokke in die Kalahari is ook groter - die gemiddelde gewig van ramme wat ons laas seisoen (trofee) daar geskiet het was so 33 kg - so teen daai prys kos die bok jou digby die R700.... Ek sou reken enige iets onder R20 is 'n winskoop. Dan is daar natuurlik hoe word hy geweeg - is dit vel af, kop af, pote af en binnegoed uit, of is dit net die binnegoed uit, of binnegoed uit, kop en pote af maar vel aan ens. Maak maar mooi seker, anders kos daai springbok jou nou nou amper R1000....
Re: Wild pryse
Posted: Mon Jun 01, 2009 11:51 am
by Jaco jag
Ja ek stem ons kom nou net trug van Prieska da springbokke geskied vir R21/kg vel kop en binnegoed uit en ngemidilde gewig van 19 kg
lekker jag
Re: Wild pryse
Posted: Mon Jun 01, 2009 1:00 pm
by Gernie
Ons het darem pryse gekry. R20/kg wat glad nie sleg is nie. Kan nie wag nie.
Re: Wild pryse
Posted: Tue Jun 02, 2009 8:47 am
by WillJak
Gernie, as dit binnegoed uit, kop, vel en pote af is, is dit 'n baie billilke prys. Geniet dit!
Re: Wild pryse
Posted: Fri Nov 13, 2009 2:50 pm
by Raven
Manne,
Ek kyk maar net vir interesantheids onthalwe, na die topic.
Ek het 2 plase gejag gedurende die winter nou, en ons het N$12 per kg betaal. Dit werk uit op 'n gemiddelde van N$ 300 'n bok.
Jy gebruik jou eie bakkie in die veld, net 'n plaaswerker wat die veld ken gaan saam. Ons kamp ook sommer innie veld, wat baie lekkerder is as om by die plaas opstal te bly.
N.s Namibian dollar = Rand
Raven
Re: Wild pryse
Posted: Fri Nov 13, 2009 7:14 pm
by Chris101
Raven
Daais n baie nice prys .Watter omgewing.
Dis mos hoekom ons gaan jag om in die veld te bly.
Gaan jag elke jaar so entjie uit Ariamsvlei op die Aroad pad.
Bly lekker in die veld vir so week.
En jag baie lekker.
Was vanjaar die 21 ste jaar wat ek genooi is om daar te jag.
Koedeos gemsbok springbok en as permitte reg is n paar volstruise.
Re: Wild pryse
Posted: Mon Nov 16, 2009 9:07 am
by Raven
Chris,
Die een plaas was in die Kalkrand omgewing, so 180KM suid van Windhoek.
Die ander plaas was in die Dordabis omgewing, so 140km oos van Windhoek.
Groete Raven
Re: Wild pryse
Posted: Mon Nov 16, 2009 9:57 am
by Janjak
Miskien kan iemand hier my in die regte rigting beduie.
Ek wil n lekker vlaktejag reel vir 2010 - springbokke en gemsbokke.
Weet julle dalk waar ek kan begin kers opsteek?
Sou bitter graag wou Nam toe maar weet nie lekker van die afstand en die vleis terugbring nie.
Het nog nooit in die karoo gejag nie.....
As iemand weet van plekke stuur my sommer n PM.
Dankie
Jannie
Re: Wild pryse
Posted: Thu Nov 26, 2009 9:42 am
by JACQUES BOTHA
Jannie
Hoeveel is julle en hoeveel wil julle skiet?
Dalk kan ek help. Maar jy sal dalk ook regkom by die baie boere op die forum.
Laat weet maar
Groete
Jacques