Page 1 of 2

Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sat Nov 08, 2014 4:35 pm
by MichielC
Goeiedag manne,

Ek het julle hulp nodig asb. Met my 7mm Rem Mag is die punt los sodra ek dit klaar ge-"Seat" het.

Hy druk ook dieper in met die hand, as ek dit rerig forseer, na hy in gedruk is sit die punt goed vas maar aansienlik dieper.

Op die foto onder is die tpl soos ek dit wil he en wat goed werk. Let die pen merk
ImageUploadedByTapatalk1415457013.300414.jpg

Daarna nadat ek hom met my hand sonder baie druk ingedruk het.
ImageUploadedByTapatalk1415457035.723914.jpg

Dit gebeur met nuwe en reeds gevuurde doppe.

Ek sal graag by die kominasie wil bly, aangesien ek gereeld sulke groepe skiet as ek die dag my kant bring.
ImageUploadedByTapatalk1415457132.713128.jpg
Ek het ook al Nosler Accubond LR en Balistic Tips gelaai sonder enige probleme met presies dieselfde doppe.

Ek het ook op die Utube Video afgekom wat dieselfde wys en dalk nog beter verduidelik ook.

http://youtu.be/Ca9S-4kpEhc

Is daar nog iemand met dieselfde probleem, en enige raad sal waardeer word. Dankie byvoorbaat,

Michiel

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sat Nov 08, 2014 4:37 pm
by MichielC
Ek sien die foto's is net mooi omgedraai, en pas nie by die regte beskrywing nie, laatse foto moet bo wees, en andersom.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sat Nov 08, 2014 6:30 pm
by tripodmvr
Watter matryse gebruik jy? Die balletjie wat in 'n volmatrys is kan net te groot wees met 0,001 tot 0,002 duisendstes van 'n duim en dan is die nek "los". Kry die regte grootte of skuur hom versigtig af sodat die nekspanning reg is. Met Lee se nekmatrys kan die "collet" ook te groot wees en verkleining nodig hê.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 09, 2014 11:33 am
by Reloader270
Decap die slagdoppies eers. Haal dan die expander ball/decapper uit en size doppe weer. As dit nie werk nie, sal jy die koeël dieper moet seat.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 09, 2014 12:12 pm
by Alwin
Korreksie: Meet die koeëls se skag op 'n paar plekke en bepaal of die diameter reg is. 0,284" = 7,21mm.

Die oplossing is moontlik om die "expander ball" effens kleiner te maak, of heeltemal daarsonder te hervorm ("resize").

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 09, 2014 5:16 pm
by Reloader270
'n Ander probleem is die 7mm Rem Magnum se kort nek en die struktuur van die Barnes TSX koeël. Die .223Rem het dieselfde probleem. Die .222Rem hanteer die koeël baie beter omrede die nek baie langer is. Saag 'n gleuf deur die nek van 'n dop soos die foto hieronder. Kyk dan dat jy ten minste 2 van die "druk bande"/ringe om die koeël in die nek vasvang.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 09, 2014 6:50 pm
by PWV
MichielC
Gebeur dit met nuwe doppe ook?
Ek het maar gewonder of die doppe nie al te veel herlaai is en verhard het nie. As die doppe "anneal" word, kan hulle makliker tot die regte grootte gekrimp word.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Mon Nov 10, 2014 9:34 am
by MichielC
Goeiemore manne,

Dankie vir die raad sover , wat julle se maak sin.

@ tripodmvr- ek gebruik Lyman se full sizing matrys

@ reloader270 - ek decap eers met n universal decapping die, en gaan expander ball uithaal van die begin af in die vervolg.

@ 338 lm - ek het nie geweet dat dit kleiner gemaak word nie, dit spreek die problem direk aan, dankie.

@ Oom PWV - my 7mm laai ek nog nie baie lank voor nie, en die vorige ladings was eers met nuwe dope, en toe met 1keer gevuurde doppe.

Ek het wel intussen my "seating die" weer van voor af opgestel, en my tpl verskil bitter min, ek het 5 ge seat as n toets en al5 het gelyk asof hul nou styf sit. Wat Realoader270 hierbo se maak nou sin dat die punt moontlik op 2 plekke die druk bande om die punt vang. In die verlede het ek wel agtergekom dat as ek gery het met die gelaaide patrone die punte losgekom het.

As n begin punt gaan ek die expander ball uithaal, net vir voorsorg.
Michiel

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Mon Nov 10, 2014 2:20 pm
by Wouter Roets
338LM wrote:Die oorsaak van jou probleem, is dat die koeëls effens te klein gemaak is. Dis nie 'n frats nie, die meeste soliede koper- en geelkoperkoeëls word omtrent 0,002" onder groefdiameter vervaardig, om kamerdruk te beperk.

Die oplossing is om die "expander ball" effens kleiner te maak, of heeltemal daarsonder te hervorm ("resize").
338LM

Eh het vir jou rukkie terug gese dat dit nie die waarheid is dat Barnes TSX of TTSX onder kaliber meet nie. Duidelik glo jy nie my bevindinge nie. Ek het ons wapenwinkel hier gebel en hy het ook nou gemeet met dieselfde resutate tussen vier verskillende kalibers. Jy is welkom om my te PM indien jy my nog steeds nie glo nie sodat ek vir jou die wapenwinkel se besonderhede kan verskaf. So hierdie kan nie die probleem wees nie.

Groetnis
Wouter

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Mon Nov 10, 2014 2:41 pm
by ZKK
Beste Michiel.

Ek sien jy se dat jy die probleem kry met beide nuwe en gevuurde doppe.

Resize jy jou nuwe doppe?

Indien nie, is dit baie vreemd, want as die koeels nie "undersize" is nie, behoort hulle tog in nuwe doppe te pas

Indien jy wel jou nuwe doppe ook resize, sou ek raai dat jy eerste die probleem by jou expander button moet gaan soek.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Mon Nov 10, 2014 8:45 pm
by MichielC
Naand,

ZKK ek full size my nuwe doppe.

Wat reloader270 hierbo se dra ook baie gewig, ek het nog nie kans gehad om dop te sny nie. My beredening is dat met die expander ball Nosler sonder drukbande dieselde probleem het nie.

Wouter na aanleiding van jou post hierbo, sou jy saamstem dat die drukbande die verskil maak as daar nie ten minste 2 drukbande in die nek vasgevang word nie.

Ek luister graag manne

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Tue Nov 11, 2014 5:06 pm
by Alwin
Wouter Roets wrote:
338LM wrote:Die oorsaak van jou probleem, is dat die koeëls effens te klein gemaak is. Dis nie 'n frats nie, die meeste soliede koper- en geelkoperkoeëls word omtrent 0,002" onder groefdiameter vervaardig, om kamerdruk te beperk.

Die oplossing is om die "expander ball" effens kleiner te maak, of heeltemal daarsonder te hervorm ("resize").
338LM

Eh het vir jou rukkie terug gese dat dit nie die waarheid is dat Barnes TSX of TTSX onder kaliber meet nie. Duidelik glo jy nie my bevindinge nie. Ek het ons wapenwinkel hier gebel en hy het ook nou gemeet met dieselfde resutate tussen vier verskillende kalibers. Jy is welkom om my te PM indien jy my nog steeds nie glo nie sodat ek vir jou die wapenwinkel se besonderhede kan verskaf. So hierdie kan nie die probleem wees nie.

Groetnis
Wouter
Wouter

Dankie vir jou oproepe. Ek het egter sommer my eie mikrometer op my eie Barnes (en 'n paar ander!) koeëls gebruik. Hulle was wel nie 7mm nie, maar .308 en .338 kalibers. Ek maak dus wel 'n aanname, dat van die ander kalibers omtrent dieselfde diameter-afwykings kan hê. En ek glo wel dat ek kan meet, het papiere en als. Wees dus asb so gaaf om nie vir my aan te vat met hoorsê stories nie, meet sommer self. Jy het mos baie koeëls op jou rak?

Ek glo jou wel, dat baie handelaars en vervaardigers die werklike afmetings van hulle produk sal ontken. Ek het presies dieselfde ervaring gehad! (Ek moet noem, dat ek baie lanklaas 'n handelaar raakgeloop het, wat 'n mikrometer besit, en met hom kan meet.)

Neem asb kennis, dat ek nie jou as persoon wil aanvat of kritiseer nie. Ek kan sien dat ons heelwat belangstellings deel, en dat jy nogal kundig is. Die despuut hier gaan oor 'n fisiese, eksak bepaalbare afmeting van 'n voorwerp, nie oor my respek vir jou nie. As ek eendag daar in jou omgewing kom, moet ons tog plan maak en 'n bietjie gesels. Ek sal sommer 'n mikrometer saambring, en vir jou wys hoe die ding werk en als. Ek glo ons het baie (aangename) dinge waaroor ons kan saamstem en lekker gesels.

Groetnis
338LM

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:09 am
by Geno
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender1.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender2.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender3.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender4.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender5.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender6.jpg

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:12 am
by Flip Nel
Geno wrote:https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender1.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender2.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender3.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender4.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender5.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Wouter/FullSizeRender6.jpg

watter winkel het jy beroof :):

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:58 am
by Wouter Roets
Hallo Alwin

Dit is Alwin Fleischmann, of het ek dit verkeerd? Lekker dat ons nou uiteindelik op voornaam basis kan praat en nie agter skuilname nie. Voel dit is darem net reg as ons nou al praat van kuier by mekaar.

Dit is jammer dat ek nou na die absolute laagtepunt moet daal om foto's te laat plaas net om my woord gestand te doen. Soos jy kan sien het ek nie n enorme voorraad van ander koeels om die Barnes teen te vergelyk nie. Ek het wel so paar in 458 en 257's. Met ons laaste gesprek hieroor het ek dit ook so vir jou pertinent genoem en ook gese dat ek dit SELF gemeet het met my bevindinge. Ek sal n foto ook plaas van my micrometer maar het ongelukkig nie papiere om te wys ek verstaan hom nie. Ek het wel nog sy papiere in die boksie met gebruiksaanwysing hoe om hom te gebruik. Na al die jare glo ek ek verstaan hom darem al redelik.

Ferdie Koekemoer, eienaar van Fishers&Shooters hier in Lichtenburg het darem ook n micrometer of drie. Blykbaar gebruik hy hulle ook gereeld in of sy herlaaiery vir honderde manne van die kontrei of waar hy doenig is met sy geweersmit werk. As jy wil kan ek ook soontoe ry en gaan foto's neem. Volgens Ferdie en selfs waar ek al gesien het hy hom gebruik, verstaan hy darem ook hoe hy werk. Het hom nog nie gevra of hy papiere het nie maar glo dit word in die passer en draaier ambag waarvoor hy wel papiere het behandel.

Soos reeds gese vind ons nie die mates wat jy aangee nie. Ons kan dalk vir ander lede vra dat hulle ook die metings doen net om dit te bevestig. Weet nie of dit sal water dra by jou nie, maar kom ons probeer maar. Ek het jou laas pertinent gevra of jy Barnes TSX of TTSX koeels gemeet het en nog steeds nie antwoord gekry hierop nie. Hierdie is n relavante vraag aangesien dit spesifiek die koeels is wat hier onder bespreking is. Dit kan heel moontlik die geval wees dat die oorspronklike Barnes wat nie gebruik gemaak het van dukgroewe soos die huidige ontwerp wel hulle koeels onderdiameter vervaardig het. Ek het n pakkie of twee in 458 so sal dit wel ook meet om dit te bevestig.

Alwin dit lyk of ek oorreageer maar iets wat ek nie kan hanteer is dat iemand my ingeriteit bevraagteken nie. Hierdie is nie onderhandelbaar by my nie en ek glo ook nie by die meerderheid mense hier op die forum nie. Moet dit om vadersnaam nie weer doen nie asb of ons gaan erg koppe stamp. Respek en vertroue is die hoeksteen van vrienskap of enige vorm van interaksie.

Groetnis
Wouter

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Fri Nov 14, 2014 7:16 pm
by Alwin
Wouter Roets wrote:Hallo Alwin

Ek het nie opsetlik jou integriteit bevraagteken nie. Indien ek het, trek ek dit terug en vra om verskoning.

Oor my opinie oor die Barnes koeëls, kan ek net sê dat ek my eie (beslis bevooroordeelde) opinie en my (beperkte?) ondervinding gedeel het. Miskien was die spesifieke koeëls wat ek gemeet het bloot fratse, of dalk was my meetmetode foutief. Dit is moontlik.

Al bogenoemde verklaar nou nog nie, hoekom die een koeël, in die oorspronklike plasing hierbo, los sit in die doppe, terwyl die ander fabrikate korrekte nekspanning het nie. Maar ek laat dit in jou bekwame hande om uit te sorteer.

Dit is wel vir my interresant, dat jy hierbo erken, dat sekere koeëls wel "donderdiameter" vervaardig is. Dis wat ek ook al die tyd gedink het. Ek is bly ons stem darem oor hierdie een punt saam.

Ek sou dit ook hoog op prys stel, as ons enige debat tot die fisiese onderwerp ter sprake kon beperk, en nie sommer persoonlik raak nie. Ons speel mos die bal, nie die persoon nie. Reg?

Siende dat my identiteit nou op die forum bekendgemaak is, sonder my toestemming, het ek nou maar my "gebruikersnaam" verander. Hoop dis aanvaarbaar vir al my vriende op die forum?

Dankie vir die geleentheid, om die saak in die reine te kan bring.

Groetnis,
Alwin.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Fri Nov 14, 2014 8:27 pm
by Wouter Roets
Hallo Alwin

Eerstens wil ek vir jou se ek dink wat jy gedoen het is baie groot van jou en jy het my respek daarvoor. Dankie ook vir die verskoning en ek aanvaar dit onomwonde. Alwin Fleishmann is in elk geval n baie beter naam as 338LM. ;D

Van my kant af vra ek weer omverskoning vir die bekendmaking van jou naam. Elke persoon het verseker die reg om dit konfidensieel te hou indien hy dit so verkies. Vir die rekord is persone se name nie bekend aan die administrasie personeel hier nie en het ek Alwin se naam op ander manier bekom.

Jy is absoluut reg gewees in jou vorige skrywe dat ons duidelik n klomp belangstellings deel en dit maak ons verseker passievol oor hierdie eienskappe. Natuurlik laat dit ons baie keer heuwig reageer waarvan hierdie draad en soveel ander op die forum kan getuig.

Alwin om terug te kom by die punt van hierdie draad kan ek aan n paar verklarings dink. Eerstens hoekom dit met die Barnes TSSX gebeur en nie met die ander koeels nie. Wel soos ek en jy gesien het is om te meet is om te weet. As ek Michiel is sal ek die koeels se deursnee meet net om seker te maak hulle is nie onderdiameter nie. Dit kan n batch wees wat foutief vervaardig is. Michiel jy noem dat as jy die koeel dieper druk is daar tog n oomblik waar hulle stewig gegrip word. Hierdie kan wees dat die koeels innisieel net gegrip word op een drukgroef en as hy dieper geseat word word daar op meer drukgroewe greep gekry word.

Michiel gee nie die gewig koeel aan nie en op die foto's lyk of die koeel redelik ver uitgeseat is so hierdie kan n moontlikheid he dat net een drukgroef gegrip word. So kom ons hoor wat hy se in die verband. Ek dink ook nie hierdie alleen kan dit veroorsaak nie en ek vermoed net soos Alwin en n paar ander manne dat jou expander ball so effe aan die groot kant is wat te min neck tention op die doppe gee. Ek sal size sonder hom en dan kyk wat hy maak. Meet ook sommer die deursnee hiervan. Glo nie hierdie moet veel meer as .280 meet nie.

Michiel dan aan jou wil ek ook omverskoning vra met ons mannewales. Deur dit te doen het ons jou ook sonder respek behandel wat nie reg is nie. Laat weet asb terug sodat ons hopelik n oplossing vir jou probleem kan kry.

Groetnis
Wouter

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Fri Nov 14, 2014 9:14 pm
by Pappabeer
Wout,

Jou skrywe laat my nou dink aan hoe die bande op die TSX en TTSX gesny word.

Daar is n skrale moontlikheid dat die basis diameter van die koeël effens groter as die ander bande op die skag is, wat tot gevolg het dat hy die nek dan eerstens oop "expand", en gevolglik spanning oor die res van die nek tot skag kontak area verlore gaan.

Dit mag dus nodig wees om die skag diameter op 2-3 plekke te meet.

Maar, soos ons weet: "common things happen commonly", en sal n matige hoeveelheid poleerwerk aan die expander ball of button tien teen een die wa deur die drif kry.

Ek sal vir wat dit werd is, vir almal se inligting my Barnes X .458 koeëls, sowel as my .224; .264 en .323 TSX koeëls meet en met Nosler loodkerns vergelyk om te kyk of daar n verskil is.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Fri Nov 14, 2014 9:41 pm
by Pappabeer
Afmetings as volg op die tube micrometer:

.458
BARNES X (ou X) = 11.62mm
Speer = 11,62mm

.224
TSX. =. 5.69mm
Berger=. 5.69mm

.264
TSX. =. 6,71mm
Nosler CC. =. 6,70mm

.323
TSX =. 8,18mm
Nosler CC. =. 8,19mm

5x koeëls van elk is gemeet

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sat Nov 15, 2014 8:52 am
by Wouter Roets
Dewald

Dankie vir die moeite. Jou teorie kan ook heel moontlik reg wees oor die basis diameter teenoor die res van die skag. Om te meet is om te weet so ons wag maar vir Michiel se terugvoering.

Groetnis
Wout

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sat Nov 15, 2014 10:09 am
by MichielC
Goeiemore, dankie vir al die terugvoer, en jou moeite Dewald,

Wouter, die probleem is op 7mm(.284) 150grein.
En dankie vir jou skrywe hierbo, die koppe stamp pla glad nie, inteendeel het ek geleer daaruit.

Wat ook moontlik van waarde kan wees, is dat dit 2 verskillende "batches" is wat dieselfde doen. Ek is net uitstedig die naweek , en sal meet sodra ek terug is, en terugvoer gee.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 16, 2014 6:00 pm
by MichielC
Ok manne,

Ek het gemeet ( alle waardes in " inches" ) .Die Barnes en en Nosler al2 in 150 grein meet presies dieselfde. Die Barnes se groewe is vanselfspreekend dunner.

Ek het gekyk of die of daar tenminste 2 groewe in die dop se nek "vang" en volgens my afmetings doen daar wel.

Hieronder is die foto's van die afmetings, ek glo dit maak logies sin.

Ek stuur van my "ipad" af daarom dat dit gedoen is soos ek dit hier gedoen het.

Ek het nie die regte toerusting om die binnekant van die dop akkuraat te meet nie.

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 16, 2014 6:04 pm
by MichielC
ImageUploadedByTapatalk1416153673.236129.jpg
ImageUploadedByTapatalk1416153804.257704.jpg
ImageUploadedByTapatalk1416153823.782631.jpg
Die wat die kruis agter op os, is die Barnes, die ander een die Nosler.

Barnes is een buite om groewe ender een binne groewe

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 16, 2014 6:08 pm
by MichielC
ImageUploadedByTapatalk1416154066.405795.jpg
ImageUploadedByTapatalk1416154078.126819.jpg

Re: Barnes. TTSX Speling in Dop

Posted: Sun Nov 16, 2014 8:44 pm
by Pappabeer
Hallo Michiel,

Dankie vir die moeite met die meet. Ek wil nie afbreuk doen aan jou metode nie, maar vir die klas van verskille op n thou of drie is die vernier caliper nie sensitief genoeg nie, en moet mens met n mikrometer te werk gaan.

Nie te min, kan ons min of meer aflei uit jou metings dat die Nosler en Barnes die selfde meet na genoeg.

Die antwoord sal dus nou wees om jou expander ball ook te meet, en hom dan in n boor af te werk met 300,600,1200 grit skuurpapier en dan 0000 staalwol.

Ns. Die nek se binnekant kan jy meet met die twee prongs agter aan die vernier.