Page 1 of 1
Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Tue Mar 29, 2011 9:05 am
by Dawidjvr
Aan al die slim manne en dames op die Forum.Ek het vir my 'n 7mm Winchester M70 Re Mag gekoop en opsoek na raad.
Ek gaan hierdie jaar in die ooskaap en bo in die Noorde Jag en wil graag weet wat se Gryn patrone om te gebruik aangesien daar bo in die Noorde op korter afstand geskiet word as in die Oos Kaap.
Ons gaan Rooibok.Kudu en Swart Willdebees skiet
Byvoorbaat dankie vir die inligting
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Tue Mar 29, 2011 9:31 am
by Wouter Roets
Hallo David
Baie welkom op die forum en hoop jy gaan jou gate uit geniet!
Ek neem aan jy herlaai nie en is op soek na fabrieksaminusie? Indien dit die geval is kyk na n koeel in die premuim klas met n gewig van 150-175gr. Die 7mm Rem Mag is maar bekend vir sy vleiskade met swakker koeels en met sy hoer spoed gekombineer met die tipe koeels gaan jy defnetief met hierdie probleem sit. As jy konfensionele loodkerm koeels na kyk moet hulle gebond wees(Die chemiese proses wat die koper en lood aan mekaar verbind). Die eerste prys is natuurlik n monometaal koper koeel. Hulle is maar skaars in fabrieksaminusie so jy sal maar bietjie moet soek.
Groetnis
Wouter
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Sun Apr 03, 2011 10:09 pm
by erx
Hallo Dawid
Herlaai jy of soek jy fabrieks ammo?
Ek laai slegs 175gr Sierra op my 7mm RM, ek was egter verbaas met 'n groepering wat ek op die PMP kompetisie met hull proamm 170 grieners geskiet het.
Ek het geen ondervinding met hulle performance op bokke nie, maar ek was meer as tevrede met die performance op papier vir fabrieks ammo!
Groete
erx
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 7:02 am
by Homer
Kyk bietjie na GS Custom se 130 gr HV patrone
Skiet met hulle al 'n rukkie en nog noot spuit nie
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 7:17 am
by 243Songdaug
Dawid
As jy patrone wil koop gaan en saammet Wouter stem. Probeer gerus PMP se African Elite reeks - vrekduur, maar 'n R25 se patroon is baie goedkoper as om vir 'n gekweste bok te betaal wat met 'n swak konstruksie koe?l geskiet is.
As jy herlaai kan jy beslis nie verkeerd gaan met Barnes nie.
Praat bietjie met my of 168 Supremacy - ons laai Barnes vir hom vir sy 7mm Rem.
Groete.
Jaco
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 7:19 am
by Francois Briedenhann
More ooms.
Ek is nou nie lekker by nie maar is hier regtig daames op die forum?
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 8:16 am
by James Wilson
daar is, maar hulle ken hulle plek

Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 8:24 am
by 300Winmag
Jagbehep! wrote:
daar is, maar hulle ken hulle plek

fighting talk ...!
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 8:29 am
by Biltongjagter
erx skryf:
Ek het geen ondervinding met hulle performance op bokke nie,
Wat 'n flenter geskiete stuk bok wag op jou as jy d?t sou probeer
Volg maar gerus Homer se raad
Welkom op die forum, Homer!
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Wed May 11, 2011 9:42 am
by tripodmvr
Ek skiet 7x64 en ek dink met PMP se Pro-amms is daar maksimum 150fps tussen myne en 7mm Rem. Uit 'n praktiese oogpunt is dit nie 'n slegte roep om te koop nie. Drie lyfskote op rooibokke het nie uiterlik flentervleis getoon nie. Klein in en redelike uitgangswond. As die ingevoerde Remington ens op prys goed vergelyk kan dit ook aangewend word, maar hulle sal heelwaarskynlik nog hoer trompshnelheid h?. Kyk mooi na klassifikasie op pakke waarop hul aanwending aangetoon word dws light game, heavier game ens. Kies dan liewers die sterker patroon vir swaarder wild.
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Tue May 17, 2011 12:38 pm
by Jaco 7mm Rem Mag
154gr hornady interbond vir meerkatte tot elande met regte skootplasing.hulle stap lekke en skiet plat.
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Tue May 17, 2011 10:04 pm
by erx
Hi daar Jaco 7mm, is jy nuut op die forum?
Groete
erx
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Mon May 23, 2011 12:22 pm
by tau
Ek gebruik 150gr Nosler BT vir Springbokke en Gemsbokke Koedoes en dan Natuurlik Jakkies. Hulle werk mooi. Baie akkuraat. Moet net nie been slaan nie hulle breek nogals alles voor die patroon.
Dan op Eland 175gr Hornady's hulle dreun 'n Eland lekker.
Volgende wil ek Berger se 175gr of 180 gr laai. Hulle doen great in my.243 met akkuraatheid en mens kan mos nie net heeltyd dieselfde goed laai nie....
Re: Watter Patrone vir 7mm Winchester Re Mag
Posted: Sat Jun 18, 2011 11:52 am
by .::Alwyn-U::.
Yes Jaco, ek skiet ook met 'n 7mm RM. Ek gerbuik maar die 175gr punte. Hulle het vir my nog altyd die ding gedoen met koedoes en ander groot wild. Hy kan ook sy trajec baie goed behou op lang afstande met hom. As jy bietjie kleiner wild gaan skiet sal ek se kyk na die 140gr. Ek skiet hulle nou vir die eerste keer hierdie jaar en om eerlik te wees, vrek die koedoes nie vinniger of stadiger met hom nie! Dit is net my gevoel daaroor so as jy minder recoil soek of NOG langer afstande wil aanpak sal ek se die 140gr reg sal wees.
Groete