Page 1 of 2

.308 Bisley ladings

Posted: Fri Nov 07, 2014 6:57 pm
by Sangoma (IAN)
Ek het met n paar manne gesels ivm ladings vir my geweer. Dit is n bisley geweer wat omskep is in n F-TR geweer.

Ekt nuwe lapua doppe aangeskaf en gan more bietjie laai.
Geweer het n 30" loop met n twist van 1:13

Ekt gedink om by die volgende te begin -

S335 42gr
CCI 200 primers
Sierra Palma 155gr ( die nuwe soort, bc van .504)

Wat dink julle?

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Fri Nov 07, 2014 8:12 pm
by tripodmvr
Kyk ook ernstig na S355.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Fri Nov 07, 2014 8:30 pm
by PWV
Wonder of 140 gr koele nie beter gaan doen met 'n 1:13 twist nie?
Vra maar net!

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sat Nov 08, 2014 3:06 pm
by Alwin
Die 155's behoort baie goed te werk in die 1:13 loop. Jy kan gerus ook S355 probeer, maar net in ingevoerde doppe. Die plaaslikes se kapasiteit is te min. Kry sommer Lapua's van die begin af.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sat Nov 08, 2014 8:02 pm
by Dries101
1-13 is gemaak vir 155 gr of kort 165greiners. Onthou die gewig us nie die issue nie maar die lengte van die koel.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sat Nov 08, 2014 9:57 pm
by PWV
Dries101 wrote:1-13 is gemaak vir 155 gr of kort 165greiners. Onthou die gewig us nie die issue nie maar die lengte van die koel.
Sal graag hierdie tabelle wil sien wat aandui watter kaliber met watter "twist" gemaak is vir 'n bepaalde gewig of lengte koeël.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sat Nov 08, 2014 10:05 pm
by Dries101
Ek self sou my al baie geld gespaar het. Ek het self n 1-13 twist en na baie lees kom ek toe agter dat palma lope 1-13 is en spesifiek vir 155 greiners bedoel is. Ek sukkel om party 165 greiners te stabiliseer soos nosler en berger wat relatief lank is. Hornady sst us nie n probleem nie. Met mono koels is selfs 150 greiners nie vir my n opsie nie.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sat Nov 08, 2014 10:20 pm
by LUAN
Sal hulle nie stabiliseer as jy hulle vinnig genoeg skiet nie? Ek het al tot met 180gr geskiet in n 1:12 twist 26" loop so met 30" behoort jy darem genoeg spoed te kry al is dit 1:13. Kyk miskien na die berger hybrid target 168gr ook S&O het nou stock.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sat Nov 08, 2014 10:33 pm
by Dries101
Man as ek dinge reg verstaan uit daai fancy formules uit speel spoed n rol maar nie so veel soos n mens sal dink nie. Duidelik onder n sekere spoed val dinge uitmekaar maar jy kan ook oor stabiliseer wat dan akuraatheid beinvloed. Ek glo elke twist het maar n optimale spoed/ lengte kombinasie wat beste werk. In my geval werk kort 165 greiners mooi en die meeste 150 greiners.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sun Nov 09, 2014 7:46 am
by archer
I have a 1-13 broughton 28" barrel and have no problem shooting bullets up to 180gr even
sierra 180gr gameking which is quiet long. Anyway my load for 155gr match bullets is 43.5gr of
s 321 works a treat is cheaper and I believe kinder on the barrel.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sun Nov 09, 2014 8:08 am
by tripodmvr
Vir so spesifieke toepassing sou ek die groefdraai baie presies bepaal en dan die programme gebruik wat die koeël vervaardigers voorsien (www.bergerbullets.com). Daarvolgens is sommige van die 155gr koeëls weens hul lengte, maar marginaal in 'n 1 : 13 loop by seevlak. Hoogte bo seëspieel speel hier 'n groot rol.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sun Nov 09, 2014 8:13 am
by archer
I will steer away from s355 as its better suited to the heavier bullets, plus you will not
get velocity due to lack of case capacity.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sun Nov 09, 2014 12:18 pm
by Alwin
archer wrote:I will steer away from s355 as its better suited to the heavier bullets, plus you will not
get velocity due to lack of case capacity.
I managed to get 2950 fps from a 28" barrel using S355, PMP 155 Palma Match bullets and Highland cases. Accuracy was quite decent too. Neck sizing also helps to maximize the available case capacity. It can be done.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Sun Nov 09, 2014 10:02 pm
by Sangoma (IAN)
I went to Krokodilspruit on sat morning. Was very pleased with the results. Not too bad for the first time out with this setup. I will keep you guys updated as progress happens.
Next step will be to chrony to get the velocity spot on. Must be between 2920fps and up to 2980fps.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 10:02 am
by Sangoma (IAN)
Ok, ek het n koeel gemeet. Ek kry n totaal van 75mm met die Sierra Palma punte. 1mm van die landings af. Hoe klink dit?

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 10:36 am
by PWV
Sangoma (IAN) wrote:Ok, ek het n koeel gemeet. Ek kry n totaal van 75mm met die Sierra Palma punte. 1mm van die landings af. Hoe klink dit?
Ian
Ek skat die 75mm is seker die lengte van 'n rondte (patroon)?

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 11:08 am
by Sangoma (IAN)
Ja totale lengte van patroon

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 11:13 am
by Capt. Yoda
koeël
http://www.sinclairintl.com/userdocs/skus/p_749008323_1.jpg

Dop
http://shop.outdoorguru.co.za/images/Lapua%20Rifle%20Cases.jpg

Dryf middel
http://i1332.photobucket.com/albums/w619/TacShac/somchempowders_zpse7eb959d.jpg

Primer
http://steveswholsalenz.net/store3/images/stories/virtuemart/product/gerneral_Primers.jpg

Patroon
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/53/9.3X62-30-06-8X57-6.5X55-308.JPG

Gerweer
http://www.hayabusa.org/forum/attachments/random-thoughts/255711d1351906172-what-308-rifle-should-i-buy-308.jpg

Nar
http://www.atozkidsstuff.com/images/socialm/clown.jpg

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 11:37 am
by Sangoma (IAN)
Jou chop!!

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 1:28 pm
by PWV
Ek verstaan dat die primer dalk 'n slagdoppie kan wees, maar nog nooit van 'n gerweer gehoor nie! ><)

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 2:58 pm
by Sangoma (IAN)
PWV wrote:maar nog nooit van 'n gerweer gehoor nie! ><)
HA HA HA , Ons almal weet Kaptein is baie spesiaal.... :o

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Mon Nov 24, 2014 4:11 pm
by Capt. Yoda
lmga ja slim vang sy baas

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Tue Nov 25, 2014 7:14 am
by tripodmvr
Sangoma, hoeveel van die koeël se skag is in die dopnek in - volgens QL het jy op 75mm slegs 1mm wat in die nek ingaan. Volgens QL is 70mm TPL waarna jy moet mik.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Tue Nov 25, 2014 8:43 am
by PWV
tripodmvr wrote:Sangoma, hoeveel van die koeël se skag is in die dopnek in - volgens QL het jy op 75mm slegs 1mm wat in die nek ingaan. Volgens QL is 70mm TPL waarna jy moet mik.
Dit is sekerlik 'n uiters belangrike aspek wat jy hier noem, Marius. Met die 168 gr Hornady Match-koeëls wat ek laai, is my TPL 71.7mm.

Re: .308 Bisley ladings

Posted: Tue Nov 25, 2014 10:22 am
by archer
Yes 75mm sounds much to long.