Page 1 of 1

Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:31 am
by Andries Treurnicht
More julle. My naam is Andries en ek is van die Strand af en nuut hier op die forum. Vandat die geweer lisensies makliker geraak het om te kry het ek besluit om na huntex te gaan en net rond te kyk. Ek het my eerste geweer ook toe sommer daar aangeskaf omdat pryse soo goed was. Ek het nou n 30 06 savage en wag nog vir lisensie.

Ek het my eerste bok geskiet so 8 maande terug wat n gemsbok was en het dit baie lekker gevind. Visvang was nog altyd my groot hobby maar die jag het my nou gebyt en wil dit verder neem.

Die forum is uitstekend en het baie goeie raad. Nou ja, daar is my voorstelling, mag ek julle manne nou gooi met die vrae???

Groete

Andries

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:33 am
by Finfan
Baie welkom Andries. Sommer lekker om met jou eerste jag geleentheid n Gemsie te kan skiet, baie geluk man.

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:33 am
by Frikkiedbr
Bie welkom Hier Andries, hoop jy geniet dit saam die familie hier!!

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:38 am
by Andries Treurnicht
Baie dankie julle. Ek lees nog rond op forum. Dit beantwoord soo baie vrae op die oomblik

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:57 am
by jamalley
Wekom Andries, hoop jy geniet dit sommer baie op die forum.

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 10:04 am
by Armand Steenkamp
Jis Andries mater! Welkom hier my maat! Die manne is nie skaam om te help nie!
Bly om te hoor jou aansoek is al in!

Groetnis

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 11:35 am
by Andries Treurnicht
Hi Armand!! Lekker om van jou te hoor. Ek het vir jou n pm gestuur maar hy sit vas in my outboks, dalk is dit die swak internet sein hier

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 12:19 pm
by BLOK
Baie welkom en geniet die forum. Net vir interresantheid, is jy moontlik famielie van Die Andries Treurnicht, oud politikus.

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 3:40 pm
by Boesman10
Dagse Andries en welkom op die forum. As jou liksens nou eers gekom het en jy is reg om daai geweer veld toe te neem dan stuur jy 'n epos aan my op master@wetdog.co.za en ek stuur vir jou inligting oor die jagplekke hier in die Wes Kaap. Groetnis uit die Paarl uit.

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 5:29 pm
by Andries Treurnicht
BLOK wrote:Baie welkom en geniet die forum. Net vir interresantheid, is jy moontlik famielie van Die Andries Treurnicht, oud politikus.
Hi daar. Dit was my Pa se Oom geween. Lekker dag verder

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 5:32 pm
by Andries Treurnicht
Boesman10 wrote:Dagse Andries en welkom op die forum. As jou liksens nou eers gekom het en jy is reg om daai geweer veld toe te neem dan stuur jy 'n epos aan my op master@wetdog.co.za en ek stuur vir jou inligting oor die jagplekke hier in die Wes Kaap. Groetnis uit die Paarl uit.

Dit dal baie nice wees van jou, dankie. Ek sal so maak.

Re: Nog n nuweling

Posted: Fri Nov 07, 2014 8:07 pm
by henning
Baie welkom Andries. Ek het n Treurnicht skool maatjie gehad op Riebeeck Kasteel in die 1970s.
Ek weet jy sal dit baie geniet.

Groete
Henning

Re: Nog n nuweling

Posted: Sat Nov 08, 2014 2:51 pm
by KalahariKlong
Baie welkom.

Re: Nog n nuweling

Posted: Mon Nov 10, 2014 11:45 am
by Jacques du Plooy
Baie welkom...Die naam vang die oog!

Groetnis.

Re: Nog n nuweling

Posted: Tue Nov 11, 2014 9:26 am
by 243Songdaug
Welkom Andries. Hoop jy gaan dit geniet.