Page 1 of 1
Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 3:11 pm
by DUTOITF
Soek bietjie raad.
Ek is versoek om rooibokke op 'n plaas uit te dun maar die eienaar wil dit met die minste moontlik ontwrigting vir die diere laat gebeur en versoek dat dit in die aan gedoen word en dat dit met knaldempers gedoen word.
Ek het 'n 7X57 wat ek graag sal wil gebruik hiervoor. Is daar iemand wat dalk bietjie meer inligting rondom knaldempers het en dalk ervaring met knal dempers het wat kan raad gee.
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 3:20 pm
by Arnold
Ek weetnie of die ouens op die forum kneldempers gebruik nie. Dit is taamlik iets nuut hier dink ek

So tydjie terug het ek iets gelees van 'n Terminator, soek dalk hiervoor

Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 3:51 pm
by raychell
Dankie Ludwig, was self verbaas oor Arnold se opmerking.
Raynie
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 5:09 pm
by MJK

Skerp Arnold!
DuToitF
Ek sal nie verbaas wees as boere binnekort net jagters met silencers op (roere en tydens die braai na die tyd...

) op plase wil he nie. Bel? maar sonder twyfel in Terminator KD

Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 8:34 pm
by JPS
Hi,
Het die Naweek die .303 se Terminator Knaldemper weer (aleen sonder laaitie) uitgetoets wat ek aangekoop het spesifiek vir my laaitie. Het 3 skoot groepering geskiet to kom ek agter ek het nie oormofs oppie.
Daai Terminator KD is maar nou een maal koning, is baie bly ek het al die manne op die forum se raad gevolg en toe die Terminator aangeskaf, skiet nou 150gr sierras teen 2540vps en met die KD het die omtrent geen terugskop en die demping van die klank is groot bonus.
Groete
JP
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 9:06 pm
by Jagtersdok
Fanie
Kry vir jou Terminator. Sal jou beste belegging wees
Neels
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 10:47 pm
by Arnold
Ek het maar so bietjie gespot, het geweet die ouens sal gou bywees om raad te gee
Self gebruik ek ook die Terminator en is heel tevrede.
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 11:28 pm
by Francois Marais
Arnold
Jy moet passop, sien die
nuwe manne hou nie baie van die manier waarop die
ou manne hulle antwoord nie, is self bang om ietsie kwyt te raak, netnou is ekke inni sop.
Mooi loop
Francois
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 11:35 pm
by Arnold
Ek verstaan en daarom was ek nie lelik nie en het die bewoording mooi probeer kies en meer met die ou manne gespot
Wat my tebowe gaan is dat almal Google kan gebruik maar die soek funksie op 'n forum nie ...

Ek reken net dat as jy laat in die klas aankom moet jy eers die notas bestudeer voor jy vrae begin vrae. Dit is maar my beskeie opinie

Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Mon Mar 28, 2011 11:42 pm
by Francois Marais
Arnold
Stem........
Mooi loop
Francois
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 12:06 am
by Louis102
Arnold wrote:
Ek verstaan en daarom was ek nie lelik nie en het die bewoording mooi probeer kies en meer met die ou manne gespot
Arnold, meeste van ons het darem 'n redelike sin vir humor en het presies die luim waarin daardie post geskryf was, verstaan. Eintlik was dit nie nodig om jou self te verduidelik nie. Vir my is dit (terloops) nogal opvallend dat dit moontlik is om redelik baie van iemand se persoonlikheid af te lei, in veral sy eerste post. Miskien verbeel ek my?
Groete
Louis
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 7:48 am
by DUTOITF
Baie dankie vir die manne wie my raad gegee het. Wil net plegtig omverskoning vra vir my onkunde om nie eers te soek op die forum se "argiewe" nie. Het egter knaldemper in soek funksie geplaas met geen resultate nie. Sal maar eers weer bietjie speel en leer hoe om dit reg te doen .
Aan die ander kant is dit ook goed om die "topics" van tyd tot tyd weer te bespreek aangesien dit nuwe gedagtes en ervaringe na vore bring.
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 7:58 am
by BLOK
Ek stem kry n terminator myne is gister in die pos gegooi, en ek is soos n kind die aand voor kersvees
Blok
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 8:48 am
by Louis102
DUTOITF wrote:
... Het egter knaldemper in soek funksie geplaas met geen resultate nie ...
DUTOITF
Iewers maak jy iets verkeerd. Ek het gou die search -funksie van die forum getoets en daar kom omtrent 4 bladsye van kortpaaie na onderwerpe oor knaldempers op. Maak seker jy gebruik wel die search funksie van die forum en nie jou internet se search funksie nie (ek het dit al in 'n oomblik van dofheid gedoen) Maak ook seker jy maak nie 'n spelfoutjie nie. Indien jy
"knaldemper" in tik en dan op "search" click sal daar weldra sommer baie plekke waar daar oor knaldempers gepraat word, opkom.
"click" net op die onderstreepte letters hieronder en jy sal outomatoies na 'n onderwerp oor knaldempers gaan:
[align=center]
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9[/align]
Geniet die forum en moenie bang wees om te vra as jy nie regkom nie. Hier is baie behulpsame manne op die forum wat jou enige tyd sal help.
Mooiloop & lekker lees
Louis
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 12:13 pm
by DUTOITF
Louis
Dankie baie, het reggekom.
Spreekwoord is mos " As jy dom is moet jy sukkel" Is nog bietjie "tegnologies" gestremd maar sal bykom.
Die manne hier is egter wakker en baie skerp.
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 2:57 pm
by Boesman
Louis102 wrote:
Arnold wrote:
Ek verstaan en daarom was ek nie lelik nie en het die bewoording mooi probeer kies en meer met die ou manne gespot
Arnold, meeste van ons het darem 'n redelike sin vir humor en het presies die luim waarin daardie post geskryf was, verstaan. Eintlik was dit nie nodig om jou self te verduidelik nie...
Louis en Arnold

Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 3:04 pm
by worshond
Fanie
Kry vir jou n Terminator, jy sal nie spyt wees nie.
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 3:12 pm
by PRIVATE RYAN
1
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 5:25 pm
by Flip Fouche
My 2506 is reeds in Bloemfontein vir sy Terminator.
Sal n foto plaas as hy terug is.
Flip
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 7:31 pm
by fanie17
DUTOITF
n Knaldemper is een ding,as jy wil uitdun is daar ook ander reels wat geld.n Kaliber soos 223 of 222 is baie lekker om mee uit te dun,a1 skoote is verpligtend d.w.s n kop of n hoe nek skoot.Jy moet in die nag skiet,dit maak die ander wild nie wild nie.Hoeveel moet jy skiet
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Tue Mar 29, 2011 11:22 pm
by Wouter Roets
Faan
Dink jy die plaas eienaar gaan vir die man wag totdat sy lisensie vir die 222 of 223 goedgekeer is?

Klyn slukkies ou maat!
Groetnis
Wouter
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Wed Mar 30, 2011 8:10 am
by fanie17
Wouter
Hy moet een van ons wat het saam nooi.Hy kan met my geweer skiet
Re: Knaldemper (Silencer)
Posted: Wed Mar 30, 2011 1:58 pm
by Wouter Roets
Kom ons wag maar dalk kry ons nog n PM!
