Page 1 of 1
30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 1:51 pm
by Dwight375
Middag aan almal
Ek weet hierdie is al seker n duisend keer besreek.
Ek het so week terug al my 165 grein gamekings verkoop en nou sit ek met die volgende dilemma.
Ek soek n punt wat vir my die beste van alle werelde gaan gee in terme van dood maak vermoee / lang afstand skote skiet en jag en dan goeie akkuraatheid.
Dit is n moeilke een ek weet en noudie dag toe ek die manne agter die toonbank raadpleeg word daar vir my gese daar bestaan nie so iets nie. ?
Asb manne, gee raad hier- wat sal die beste allrounder wees in my 30-06 in dien al die bogenoemde in ag geneem word.
180 ?
165 ?
190 ?
150 ?
Dankie en groete
Dwight
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 1:53 pm
by VdWalt
Eintlik is dit baie maklik .... 150 - 165gr mono koeels so vining soos jou geweer
van hulle hou.
Dan is jy reg vir vlakte en bos.
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 1:56 pm
by LUAN
180gr in n 300 teen 3000fps dit is n allrounder nie n 30-06!
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 2:17 pm
by Riaan Kriel
Nee man Dwight375, raak ontslae van die 30-0kwes en vat die laaste deel van jou naam, soos in 375, en jy het die ideale allrounder
VdWalt het dalk goeie raad gegee, slaan maar ag

Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 2:42 pm
by Capt. Yoda
Wat is lang afstand? Ek skiet n 165Gr Swift Scirocco teen so 2900fps uit my 30.06 en ek skiet baie verder met hom as wat baie ouens deur hul 300WM se scopes kan sien

maar het ook al n blesbok en gemsbok onder 100m met hul geskiet.
Vir so ver ek dink jy met daai geweer wil skiet sou ek n 165gr Bonded of 150gr mono vat.
Die minste skade aan n karkas wat ek nog gekry het was met n 165gr GMx teen so 2790fps maar ek dink met mono's hang dit af hoe ver jy wil skiet
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 3:03 pm
by gillie
180 gr goeie kwaliteit punt... vanaf springbok tot eland tot op 200m (het nog nie self verder gegaan as dit nie)
Kry iets wat werk vir JOU geweer and stick to it

Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 3:17 pm
by Capt. Yoda
gillie wrote:
Kry iets wat werk vir JOU geweer and stick to it

Dink daai is die balangrike deel in enige kaliber.Jy soek dalk n "all rounder" wat jou geweer nie van gaan hou nie
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 3:20 pm
by VdWalt
Capt. Oblivious wrote:
Die minste skade aan n karkas wat ek nog gekry het was met n 165gr GMx teen so 2790fps maar ek dink met mono's hang dit af hoe ver jy wil skiet
Ek kon dit ook nie glo nie - 165gr GMX @ 3000fps rooibok op 70m geskiet.
Die donker foto is die ingang op die skouer knop en die uitgang op die regter
blad uit.
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 3:34 pm
by RUPERT
Nee wat met my 30.06 staan ek terug vir geen ander kaliber nie,maar dan moet ek ook se ek weet wat kan ek met daai geweer doen en wat nie. So ek ken ons altwee se perke. Vir my werk 180gr Bonded soos n muis met pantoffels. Skiet baie gemaklik in die bos en rek maar die skote na so 200m. Meer as dit het ek nie nodig nie.
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 3:35 pm
by Spanner
Dit klink soos iemand wat ‘n bakkie soek wat :
Lekker klein en kompak is om sonder moeite in die middestad te kan parkeer,
‘n sterk laaibak het om twee beeste op ‘n slag te kan vervoer,
gerieflik ry, vinnig en lig op brandstof is vir die langpad na die Kaap,
goeie viertrek eienskappe het, met baie stewige veringstelsel want hy moet die beeste teen die berg uit kry,
die bakkie moet laag genoeg wees sodat sy kort, vet vroutjie maklik daarin kan klim, maar die body moet hoog gelig word sodat hy op die modderige paaie gemaklik deur die water kan ry.
Alles gaan oor kompromie - daar gaan nooit 'n item wees wat 100% van die tyd, aan 100% van jou verwagtings voldoen nie.
En dis ook goed so, dit geen ons kruitkoppe meer rede om nog gewere en ladings te motifeer !
Sterkte met jou soektog ...
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 3:57 pm
by NJ_v_N
[quote="Dwight375"]Dit is n moeilke een ek weet en noudie dag toe ek die manne agter die toonbank raadpleeg word daar vir my gese daar bestaan nie so iets nie. ?
Dwight[/quote]
Daar het jy die eerste vout gemaak, ek het nog nie een verkoopsman gevind wat genoeg weet om n ordentlike aanbeveling te maak nie. Ek sê nie hulle bestaan nie, maar ek het nog nie een te gekom nie.
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:27 pm
by spekieries
Goeie vergelyking Spanner. Horses for courses. Goed gesê!
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:37 pm
by Dwight375
Manne
Dankie vir al die raad tot en met dusver, ek wardeer dit.
Ek is nog nie n 100% seker nie maar op die stadium gaan dit seker n 165 mono wees, watter een kan ek nog nie se nie maar ek sal seker by Barnes begin.
Vir n papier punt sal ek waarskynlik kyk na die 168 matchking of 175 greiner.
Ek is mal oor my 375 maar my 30-06 het darem net n spesiale plek ir my, ons kom al n lang pad saam.
Dankie weereens
Groete
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Thu Nov 06, 2014 7:00 am
by Ratel
Jou probleem klink vir my na ' goeie motivering vir nog 'n geweer.

Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Thu Nov 06, 2014 10:30 am
by Smitstertjies
Dwight , jy hoef niks verder te kyk as die 168gr Barnes TTSX teen so 2800vps nie. Van Springbokke op 300m tot elande op 20 meter in die bos gaan val voor daai kombinasie, met bitter min vleisskade.
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Thu Nov 06, 2014 10:38 am
by Dwight375
Dankie Smitstertjies
Ek het n 100 180 grein accubonds in die hande gekry, gaan hulle n go gee- hoop ek kan hom skiet teen so 2700 fps.
Sal julle op hoogte hou.
Dankie en groete
Dwight
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Thu Nov 06, 2014 10:39 am
by sako 30-06
Smitstertjies wrote:Dwight , jy hoef niks verder te kyk as die 168gr Barnes TTSX teen so 2800vps nie. Van Springbokke op 300m tot elande op 20 meter in die bos gaan val voor daai kombinasie, met bitter min vleisskade.
Ek skiet die 150gr Barnes TTSX en het nog geen probleme gehad nie.
Het al van Eland tot springbok geskiet en ek sal nie gou verander nie.
Ek laai net goedkoper punte vir baanskiet.
Die manne wat se jy kry nie n allrounder nie het seker nie n 30-06 nie

Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Fri Nov 14, 2014 8:14 pm
by bosjagter
Dwight - ek wou dieselfde doen met 'n 7x57, en my keuse het uiteindelik geval op Hornady. Vir teiken gebruik ek die goedkoper 154gn SST's, vir jag 154gn Interbonds. Jy skiet jou geweer in die jagveld in met die SST's - en slegs een Interbond om die trefpunt te toets. So ver dit die 30-06 gaan, kan jy kies tussen 150gn, 165gn, of 180gn. Die SST's en Interbonds het dieselfde BC - so jy kan basies doen wat jy beoog, sonder om aan jou "dies" of lading te verander. Die interbond is "bonded" en teen 2720 fps kan ek nie kla nie. Hulle advertensie van die Interbond is nogal op die kol. Hier is my 154gn Interbond nadat hy deur 'n eland koei se hart is
7x57 154g interbond2.JPG
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Fri Nov 14, 2014 9:59 pm
by Joe308
bosjagter wrote:Dwight - ek wou dieselfde doen met 'n 7x57, en my keuse het uiteindelik geval op Hornady. Vir teiken gebruik ek die goedkoper 154gn SST's, vir jag 154gn Interbonds. Jy skiet jou geweer in die jagveld in met die SST's - en slegs een Interbond om die trefpunt te toets. So ver dit die 30-06 gaan, kan jy kies tussen 150gn, 165gn, of 180gn. Die SST's en Interbonds het dieselfde BC - so jy kan basies doen wat jy beoog, sonder om aan jou "dies" of lading te verander. Die interbond is "bonded" en teen 2720 fps kan ek nie kla nie. Hulle advertensie van die Interbond is nogal op die kol. Hier is my 154gn Interbond nadat hy deur 'n eland koei se hart is
7x57 154g interbond2.JPG
+1 Dwight hierdie is goeie raad! Die Interbond is n fantastiese punt en ook goeie waarde vir geld! Koop as jy hulle kry!
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:36 pm
by Nico de Jager
150gr TTSX. 52.5 gr 355 vir 2925vps.
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Feb 11, 2015 6:27 am
by Speelmansjagter
150gr HV GS Custom
Re: 30-06 ideale "allrounder"
Posted: Wed Feb 11, 2015 3:38 pm
by Louis Kriel
Ek het vir baie jare baie springbokke/gemse/koedoes met die 150gr Interbonds geskiet. Hulle het teen 3046 fps uit my cz550 geskiet. Nou ja daai gun is nou n 358 Norma Mag en my gemsbok geweer is n 375Ruger. Self n lekker allrounder.