Brakpan
Posted: Wed Nov 05, 2014 8:51 am
Toe was daar mos ook Pietertjie uit Brakpan wat van die bos, (die grens),
af kom. Hy kom die huis in, gooi sy rugsak by sy kamerdeur in, stap deur
kombuis toe, haal sy R4 van sy skouers af en wil nou vir sy ma
beïndruk. Skiet hy nou met die R4 sy voorletters in die plafon uit,
trek `n handgranaat van sy belt, trek die pen uit, stap na die agterdeur
en gooi die handgranaat na die hoenderhok in die agterplaas en jy hoor
net kaboem en daar sien jy net vere en sinkplate trek. Dit lyk toe amper
soos sneeu in die somer soos wat die vere nou afkom. Die hele agterplaas
is nou wit van die vere. En ma sê: 'My seun, dit was nou heel
indrukwekkend, net jammer jou pa kon dit nie gesien het nie.' 'Hoekom
Ma, waar is Pa dan?' Sy ma sê: 'Jou pa was besig om die hoenders kos
te gee.'