Page 1 of 1

Strelok balistiese program

Posted: Mon Nov 03, 2014 10:00 pm
by marco
Naand manne het enige iemand ondervinding van die basiese strelok program. Ek het hom afgelaai en bietjie gespeel met hom en als lyk goed net gewonder of enige iemand terugvoering wil gee wat hom huidiglik gebruik.

Re: Strelok balistiese program

Posted: Mon Nov 03, 2014 10:23 pm
by Philip J
Naand Marco.

Solank jy die trompsnelheid en bc korrek inlees, is Strelok nogal akkuraat. Ek het my geweer op 100m gezero, Strelok se elevasie tabel gebruik en die gong op 400m met die eerste skoot raak geskiet. By gesĂȘ, ek het nog nooit voor dit gekyk hoeveel klieks ek moet lig om op 400m te skiet nie en het bloot net Strelok se aanbeveling gevolg. Vriend van my gebruik dit ook en hy het ook baie goeie resultate daarmee.

Groetnis
Philip

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 5:52 am
by marco
Baie dankie Philip
Ons skiet die naweek n komp en ek sal hom daar toets vir die eerste. Soos ek se als lyk goed.

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 9:39 am
by NJ_v_N
PhilipJordaan wrote:Naand Marco.

Solank jy die trompsnelheid en bc korrek inlees, is Strelok nogal akkuraat. Ek het my geweer op 100m gezero, Strelok se elevasie tabel gebruik en die gong op 400m met die eerste skoot raak geskiet. By gesĂȘ, ek het nog nooit voor dit gekyk hoeveel klieks ek moet lig om op 400m te skiet nie en het bloot net Strelok se aanbeveling gevolg. Vriend van my gebruik dit ook en hy het ook baie goeie resultate daarmee.

Groetnis
Philip
+1 werk 100% vir die 100m-500m wat ek dit op gebruik het, die BC en spoed kalibrasie feature werk lekker. En jy kan die G7 BC's gebruik as jy die lang koeels gebruik.

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 11:16 am
by Capt. Yoda
Onthou ook maar van altitude

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 12:44 pm
by James Wilson
Strelok werk vir my beter as Bullet flight

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 1:10 pm
by Piet Pille
Hoe gemaak as jou spesifieke teleskoop/reticle nie default op strelok is nie?

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 1:47 pm
by Gawie(13mm)
Pieter Vorster wrote:Hoe gemaak as jou spesifieke teleskoop/reticle nie default op strelok is nie?
Soos watter teleskoop?
Hou op om so te ween en kners en skaf die "Pro" weergawe aan. Ek dink nie daar is 'n kruishaar wat nie daaroo beskikbaar is nie. >:+

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 2:27 pm
by Capt. Yoda
Pieter Vorster wrote:Hoe gemaak as jou spesifieke teleskoop/reticle nie default op strelok is nie?

Dan kyk jy na die drop tabel en draai daai turret dat hy so trrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr maak

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 2:32 pm
by NJ_v_N
As die reticle nie daar is nie dan mail jy vir die developer (my pa het al vir hom n mail of twee gestuur oor n paar klein issues), en dan moet ons almal weer on s'n ook opdate...

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 2:37 pm
by Gawie(13mm)
Piet, daai Duitse mill #43 kruishaar lyk baie soos 'n Nikko Stirling Mill kruishaar.

Kaptein, Piet gooi met 'n .270 maat. Hy skiet so plat dat hy net kr-kr stel dan is hy daar. 8)

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 3:13 pm
by Capt. Yoda
Gawie(7mm) wrote:Piet, daai Duitse mill #43 kruishaar lyk baie soos 'n Nikko Stirling Mill kruishaar.

Kaptein, Piet gooi met 'n .270 maat. Hy skiet so plat dat hy net kr-kr stel dan is hy daar. 8)

Ek het al gehoor as jy n 270 op 100m zero skiet hy 3 duim hoog op 200

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 5:04 pm
by Scrappies
Ek het al gehoor as jy n 270 op 100m zero skiet hy 3 duim hoog op 200[/quote]

Lekker man!

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 5:10 pm
by douw
Ook lekker dat jy die program kan kalibreer volgens jou trefpunt...

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 5:59 pm
by Piet Pille
Dankie manne ek sal gaan kyk.
Gawie- ek koop dan nou juis vir my ook 'n scope met kolletjies en nou wil jy he ek moet gaan krrr-krr met hom. Terloop - hys vir die nuwe 243, die 270 is mos oopvisier uit die heup uit... ;D ;)

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 6:00 pm
by Piet Pille
Gawie(7mm) wrote:
Pieter Vorster wrote:Hoe gemaak as jou spesifieke teleskoop/reticle nie default op strelok is nie?
Soos watter teleskoop?
Hou op om so te ween en kners en skaf die "Pro" weergawe aan. Ek dink nie daar is 'n kruishaar wat nie daaroo beskikbaar is nie. >:+

Ek het die Pro weergawe........ maar hys nie daar nie.. :'(

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 6:03 pm
by Gawie(13mm)
Jammer maat. Smaak my jy hou daarvan om stroom-op te wees. ;D

Kolletjies is vir dames. Manne met hare op hul bors skiet met strepies!!! >:+

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 6:06 pm
by Piet Pille
Gawie(7mm) wrote:Jammer maat. Smaak my jy hou daarvan om stroom-op te wees. ;D

Kolletjies is vir dames. Manne met hare op hul bors skiet met strepies!!! >:+
Strepies in scopes kom eers in 2020 in Grootfontein uit saam met elektriese stowe en G-strings...
Teloops -- hier het die Scope (tydskrifte) ook nog kolletjies (of sterretjies)..
;D >:D

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 9:01 pm
by joe rocket
Marco daar is n mildot (usmc) recticle wat behoort te werk anders kan jy strelok + aflaai dit kos R 57. Dit het die meeste kruishare op.

Groete

Re: Strelok balistiese program

Posted: Tue Nov 04, 2014 9:05 pm
by Christo
Upgrade na Strelok+.

Daar kan jy op verskillende vergrotings ook die reticle opsie gebruik. En as jou scope nie daar is kan jy die ontwerper van Strelok email. Hy sit hom sommer gougou by.

Re: Strelok balistiese program

Posted: Wed Nov 05, 2014 11:06 am
by Riaan Kriel
Gawie(7mm) wrote:Jammer maat. Smaak my jy hou daarvan om stroom-op te wees. ;D

Kolletjies is vir dames. Manne met hare op hul bors skiet met strepies!!! >:+
O tog :o Dan tel ek seker as 'n dame, meeste van my scopes het Mildot recticles :confused: ++>: