Page 1 of 1

Focus en Parallax hulp asb

Posted: Thu Oct 30, 2014 11:41 am
by Skywalker
More manne

Hierso is n BAIE lang artiekel oor scopes focus en parallax

http://bossons.awardspace.info/Scope%20Adjusting.htm
As julle wil kan julle skip tot op die deel wat se HOW TO SET UP A SCOPE! (Dis waar my vraag inkom)

Ek was gister bietje op die skietbaan om lading ontwikkeling te doen en daarmee saam met die scope gespeel om natuurlik die beste grouping te skiet deur nie n parallax fout te maak nie. Nou wat ek gesien het is dat as my scope tot op 16 gezoom is dan moet ek my parallax setting verby "infinity" stel om nie n parallax fout te kry nie (my kop op en af en links en regs beweeg en die kruishaar staan stil)

Nou wil ek weet is dit reg? Is dit maar net so op my oe? As dit werk vir my moenie verder rondneuk ni?
Of is daar n general rule of thumb wat n mens volg soos in die artiekel?

Met dit gese het ek my huiswerk gedoen op die onderwerp en ek het ook gelees dat as jy op 100m skiet moet jou parallax setting om en by 100 op jou scope wees, selle storie vir langer afstande en soos ek se myne is maar altyd VIR MY die beste op infinity.

Ek skiet 308 met n Vortex Viper LR 4-16X50

Enige raad of voorstelle sal wardeer word asb manne.

Hieso is ook n foto van my beste groepeering vir die dag.

Sierra Game king 165gr punt
Winchester LR Primer
40.5gr S335
OAL 71.52mm

Dankie

Re: Focus en Parallax hulp asb

Posted: Thu Oct 30, 2014 11:49 am
by douw
Tik bietjie by Youtube in: How to set parralux, daar is 'n paar lekker video's

Groetnis

Re: Focus en Parallax hulp asb

Posted: Fri Oct 31, 2014 2:13 am
by uitenwaj
Ek het my parralax op 150 gestel op my Burris en my Lynx en werk vir my tot so 400m toe sonder om weer aan dit te stel. Eers van 500m af raak dit vir my nodig om dit aan te pas en dit is oor die beeld lyk of dit uit fokus is dan stel ek die parralax na so 400 of 500 en dan is dit weer reg. Nog nooit my parralax op infinity gestel nie.

Ek glo maar aan die "KISS" prinsiep.

Re: Focus en Parallax hulp asb

Posted: Fri Oct 31, 2014 6:48 am
by Skywalker
Dankie vir die replys sover. Uitenwaj ja dis hoe dit vir my ook moet wees maar dit wat jy se van dat hy uit fokus raak is wat ek ondervind op korter afstande.

Re: Focus en Parallax hulp asb

Posted: Sat Nov 01, 2014 2:10 pm
by uitenwaj
Net n klip in die bos is dit nie dalk jou kruishaar se fokus wat jou rond voeter nie? Dit al agter gekom op n vriend se Vortex Viper teleskoop op verskillende afstande.

Ek het al gelees dat hulle se as jy aan jou parralax gestel het moet jy dit eers weer na die kleinste stelling stel en dan na waar jy dit wil stel soos 100 of 150 ens. Nie seker is dit maar net n storie nie en of dit dalk die parralax weer "reset/zero" as ek dit so kan stel nie.