Page 1 of 1

Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 7:49 am
by VdWalt
Image Ek is in die hide op 'n plaas halfpad tussen Brits en Thabazimbi. Bwb bul op die spyskaart.... Lol tot iets anders inkom. Ek kry klaar warm. Sal julle op hoogte hou. Vandag is die 5de dag vir die jaar sonder dat ek al iets met die boog gekry het. http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/10/28/d141c7b0734e5f8eb2ba4dbcbe4dcf80.jpg

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 7:51 am
by VdWalt
Koedoe koeie op pad in.

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 7:52 am
by henried
Te lekker, geniet dit.... ;D

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:33 am
by Jakkie 321
Henried het iets al n pyl gekry.

Groette

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:37 am
by sako 30-06
VdWalt wrote:Koedoe koeie op pad in.
Hou ons op hoogte.
Sterkte

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 9:03 am
by VdWalt
Hier was nou net 2 koedoe bulle wat die mielies kom eet het. Ek kry nie die foto van WhatsApp gelaai nie.

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 11:46 am
by OupaZA
Sterkte...!!!

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 1:03 pm
by Flip Nel
VdWalt wrote:Hier was nou net 2 koedoe bulle wat die mielies kom eet het. Ek kry nie die foto van WhatsApp gelaai nie.
Hou op Foto's neem en skiet ++>:

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 1:11 pm
by VdWalt
Lol nou vreet die elande alles op. Die goed is te duur. Ek gaan sooibrand van die biltong kry. My bwb gaan kom.

Re: Live hunt....

Posted: Wed Oct 29, 2014 1:21 pm
by sako 30-06
VdWalt wrote:Lol nou vreet die elande alles op. Die goed is te duur. Ek gaan sooibrand van die biltong kry. My bwb gaan kom.
Skiet hom,die vleis is so lekker dis elke sent werd.

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 6:57 am
by VdWalt
..... Lyk my die Desember koop ek biltong .....!!

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 6:59 am
by sako 30-06
VdWalt wrote:..... Lyk my die Desember koop ek biltong .....!!
Is die jag verby?

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 7:27 am
by VdWalt
Ja - as die kantoor te veel raak dan vat ek 'n dag se verlof en ry na 'n plaas naby (wel probeer binne 2 ure hou)
aan ons net vir die dag. So dag tussen die bokke maak al die brein weer lekker helder, soos gister was 'n
awesome dag gewees al het ek nie geskiet.

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 7:53 am
by sako 30-06
VdWalt wrote:Ja - as die kantoor te veel raak dan vat ek 'n dag se verlof en ry na 'n plaas naby (wel probeer binne 2 ure hou)
aan ons net vir die dag. So dag tussen die bokke maak al die brein weer lekker helder, soos gister was 'n
awesome dag gewees al het ek nie geskiet.
Enige dag in die bos is lekker en maak verseker die kop mooi helder.

Kan jy vir ons bietjie foto's plaas van gister se koedoes en elande?

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:18 am
by VdWalt
Ek het sommer so met net die foon oor die net geneem. Wou nie kans vat dat hulle my
sien om beter fotos te kry nie.

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:19 am
by VdWalt
.

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:19 am
by VdWalt
.

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:20 am
by Smirre
Jy het BAIE meer selfbeheersing as ek!!

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:23 am
by sako 30-06
Smirre wrote:Jy het BAIE meer selfbeheersing as ek!!
My kredietkaart sou gebloei het :):

Dankie vir die mooi foto's.
N dag in die bos sal darem maar lekker wees.

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:30 am
by win270
Hart bons foto's daardie! Hoop jy kry die bwb vlg keer, VdWalt!

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 9:37 am
by Jakkie 321
Ai, ja nee ken daai gevoel van die krediet kaart as als in kom wat nie geskiet kan word nie.
Dankie vir die deel van jou jag.

Groette

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 10:25 am
by Flip Nel
Dankie vir die Foto's

Re: Live hunt....

Posted: Thu Oct 30, 2014 1:01 pm
by ROBBIE1
Baie mooi dankie! Daar nog niks geval nie? Dit werk mos altyd so as jy n ding soek kry jy hom nie, as jy hom nie soek nie vertrap hulle jou!!!