Page 1 of 1

Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 1:40 pm
by rehlers
Hallo Almal,Eks nuut op die forum my lengte is 168cm lank en my gewig is ek is besig om aan te werk ;D Ek's besig om aan my vorm te bou vir my stewige nuwe 416 Rigby!! Ek het reeds 'n 30-30 Marlin Delux Lever Action,Sako 375 Carbine Full Stock asook my ou staatmaker 'n Tikka 30-06. Vriendelike Groete uit die Paarl.
Riaan Ehlers

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 1:47 pm
by .303 JAGTER
Baie welkom Riaan, geniet dit hier by ons. Ek sien jy bou redelik goed aan jou arsenaal ook.
Vertel so bietjie oor waar jy graag jag, ens. Met daardie mooi gewere het jy sekerlik al menige bokke laat bakkie ry.
Groete.
Hennie

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 2:02 pm
by J le Roux
Baie welkom, jy sal dit geniet hier op die forum. Onthou net die Currie beker seisoen is verby, baie geluk aan die WP. Maaaar ons praat eers volgende seisoen weer daarooor.

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 2:04 pm
by MJK
Welkom! Was jy gister in S&O saam met Gawie gewees?

Groete
Marius

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 2:06 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê buurman.

Tussen die werk, skiet en gholf bly daar nou min tyd oor vir slaap as jy hier vashaak.

Groetnis.

Gawie.

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 4:52 pm
by Boesman10
Dagse Riaan en welkom in ons midde. Lyk my ons moet 'n lys van al die Paarl manne bymekaarmaak vir die dag as die oorlog aanbreek. Netjiese arsenal wat jy daar het.

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 5:02 pm
by PWV
Mooi Riaan. Die Paarliete groei aan!
Ons kan later 'n nuwe Party stig!
Baie welkom.

Re: Nuwe Bolander

Posted: Tue Oct 28, 2014 5:33 pm
by Viking
Welkom Riaan!

Hier moet jy net lank genoeg bly....dit gaan nog vir jou baie lekker raak!!

Re: Nuwe Bolander

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:25 am
by jamalley
Welkom Riaan

Re: Nuwe Bolander

Posted: Wed Oct 29, 2014 9:18 am
by Gawie(13mm)
MJK wrote:Welkom! Was jy gister in S&O saam met Gawie gewees?

Groete
Marius

Saam met my? Nooooit. Ek loop nie in werkstyd rond nie!! :o

Kan dalk tee-tyd daar ingeglip het :-X

Re: Nuwe Bolander

Posted: Wed Oct 29, 2014 11:00 am
by rehlers
Gawie(7mm) wrote:
MJK wrote:Welkom! Was jy gister in S&O saam met Gawie gewees?

Groete
Marius

Saam met my? Nooooit. Ek loop nie in werkstyd rond nie!! :o

Kan dalk tee-tyd daar ingeglip het :-X
Hallo Marius,

Dit was ek ja maar ek en Gawie het mekaar daar gekry om besigheid te kan praat :laugh:

Lekker dag!