Page 1 of 3
7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Tue Oct 28, 2014 1:39 pm
by belinda1966
Ek het Saterdagmiddag laat n rooibokram by my broer geskiet met my 7x57.Afstand was 166m.Die bok het vir my gestaan en kyk en die tyd was besig om ons in te haal.
Selfs op daardie afstand het die 175gr Nosler Partition bykans die hele lengte van die bok gepenetreer,en is net voor die regter boud uit.Ons het nie gesukkel met die bloedspoor nie en die bok het skaars 40m gegaan.Ek sukkel om n 175gr NP in n bok te kry,die penetrasie is fenominaal.
Die ou 7mm bly maar n staatmaker duisend in die bosveld.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Tue Oct 28, 2014 2:54 pm
by M98mauser
Vir n better kombinasie as 175gr Partition en 7*57 sal n mens ver moet soek.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:49 am
by Wouter Roets
Belinda
Ja die 7x57 is n dodelike kaliber wat baie ver bo sy gewigsklas boks. Met hierdie kombinasie van kaliber en koeel is daar bitter min diere in die bos wat nie voor hom sal val nie. Ek verruil my 7x57 vir absoluut niks. Snaaks dat nie meer mense hierdie besef nie.
Groetnis
Wouter
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Thu Oct 30, 2014 12:13 pm
by win270
Hoeveel vleisskade het plaasgevind met daardie betrokke skoot?
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Thu Oct 30, 2014 2:07 pm
by belinda1966
Die vleisskade was minimal
Groetnis
Philip
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Thu Oct 30, 2014 11:58 pm
by Swys14
Hoe sal die kaliber en 175gr Hornady Interlock SP werk op iets groot soos Eland?
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 12:26 am
by Pappabeer
Swys14 wrote:Hoe sal die kaliber en 175gr Hornady Interlock SP werk op iets groot soos Eland?
Hy sal hom seker maar doodskiet...
Ek het al n paar goed met daai lading geskiet. Grootse was n koedoe
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 2:38 am
by Bielie
Daar is twee fantastiese bos kalibers en dis die 7x57 met uitstekende SD faktor en die 9,3x62 as jy bang is vir daai BWB of eland anders as jy weet wat jy doen is die ou 7mm reg soos kan kom!
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 5:42 am
by win270
Met die .308 en goeie skootplasing op maksimum 200 meter is daar min blouwildebeeste wat sal wegkom.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 9:47 am
by bosjagter
Die 7x57 het nie sonder rede legendaries in Suid Afrika geraak nie. Waarom sal almal seker 'n opinie he. Dit was ook my eerste geweer lank gelede . As ek na al my jare se jag net een kaliber moet kies vir jag- sal dit steeds die 7x57 wees.
Hoekom sal mens nie wonder oor 'n klein/medium kaliber wat gebruik is om olifante mee te skiet nie?
In my opinie die volgende:
1- die gewere het oor die algemeen 'n baie lae terugskop. Julle sal ook weet dat almal praat dat dit 'n ideale vrou/kinder kaliber is. Lae terugskop verminder natuurlik die "trek" (winch) van die jagter op die kritieke oomblik wat die skoot loop. Dit beinvloed seker DIE belangrikse faktor in jag - skoot-plasing. Ek het ook 'n 375h&H - so dis nie dat ek die kaliber slegmaak nie - maar mens hoor heeltemal te veel van jagters wat bokke kwes met 'n 375!! Ek glo hierdie jagters word geintimideer deur die skop van die 375 - en daar gaan die skoot-plasing. Sekerlik het die 375 al bewys dat dit genoeg doodmaak vermoe het as hy op die regte plek tref!!
2-lang vir kaliber punt, oftewel sectional density.
3- die spoed van die projektiel. Die 7x57 gelaai met 175gn het 'n baie matige spoed. Party mense se sommer dis plein stadig! Vergelyk met die vinnige kalibers is dit ook. Om die 2400fps in perpektief te plaas die volgende: Ons doen baie voeljag. In die hempsak is daar dan altyd ook 'n bok-haeltjie om die varke wat die lande so opfoeter bietjie pak slae te gee. Die deursnee van die "lood balletjies" is so 8mm, en hulle trek teen 'n spoed van 1200fps. Nou dis stadig!!! Ons vind te gereeld dat al 9 van die balletjies die varke heeltemal penetreer - om te dink dat die spoed werklik te stadig is. Dit klink net stadig. Die "hael" is natuurlik baie ligter as 'n 7mm punt. So buiten dat die 7mm se gewig reg is - is die spoed ook net reg om die punt te mushroom - ideaal vir jag.
Hieronder 'n Eland koei se hart en die patroon wat haar gestop het in 40m. Ek het gewag vir die skoot - en hom presies geplaas waar ek wou
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 9:56 am
by bosjagter
Jammer - ek bedoel "Wince"
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 9:58 am
by VdWalt
Bosjagter, wat se koeel is daai?
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:10 am
by bosjagter
7mm 154gn Interbond. Ongelukkig maak Hornady hulle nie in swaarder punte nie
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:19 am
by ZKK
More Manne.
Ek hI-jack seker so effens die topic, maar sal mens die 175gr partition in n 7mm-08 kan skiet?
Groete
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:25 am
by bosjagter
Absoluut - ek sien Lyman se 49th Edition gee die volgende:
Min Max
IMR 4350: 38.7 -2251 44.0+ -2529
IMR 3031: 32.3 -2112 36.8 -2408
Natuurlik S365 en S335 se ekwivalente
Die koeel gebruik is Speer se 170gn Grand Slam
Doppe Remington
Large rifle primers
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:31 am
by belinda1966
Jy sal beslis n groot elandbul met n 175gr NP met n goeie bladskoot plat te trek,moenie verbaas wees as jy dalk dwarsdeur hom skiet nie.S355 sal die nodige spoed verskaf en vermy maar net die groot bene.Vir die bos glo ek jy sal verseker 175gr NP in die 7mm-08 kan laai en dit sal effektief wees tot seker 200m.
Ek wil nie name noem nie ,maar daar is n bekende boogjagter wat in die SA Bowhunter soms artikels skryf.Hy se dat n NP seker die swakste koeel is op die mark en hy sal dit in sy lewe nie gebruik op wild nie.Hy het ook vir Gregor Woods aangevat oor die dra van n handwapen met Groot vyf jag,volgens hom kan jy niks doen met n handwapen nie.Ek sal enige vuurwapen gebruik,selfs n .22 as ek net eers in n boom is.maar ek wil nie n blikkie wurms oopmaak nie,ek hou van NP.
Groete
Philip
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:38 am
by bosjagter
Die koeel onderwerp is ook altyd interessant. Ek dink nie dat daar regtig slegte koeels gemaak word nie. Elke koeel het sy doel (soos bv varminting), maar belangriker as alles - dat elke koeel 'n optimale spoed het waarteen hy sy verrigting vervolmaak. Vir 'n 7mm PMP sagteneus kan dit 1600fps wees - vir 'n 375 PMP 2000fps en so aan. Wanneer ons dit weet - kies ons dan net die patrone in ons betrokke spoed aanwending. Die gemors begin wanneer die twee nie match nie
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:55 am
by Koos Barnard
Daardie boogjagter rook seker boom? Die baie koedoes en blouwildebeeste, asook rooibokke, hartbees, springbok, ens, ens wat ek al met my 7x57 en 150gr, let wel 150gr Partitions geskiet het, sal kan getuig dat 'n Partitiontjie op die regte plek dodelik is.
Wonder of dit die man is wat jare gelede, toe hy nog 'n handgun boffin was, sewe skote op 'n renoster geskiet het om hom dood te kry. Indien dit wel dieselfde persoon is, is dit seker duidelik hoekom hy nie in handwapens glo vir grootwild nie.
Mooi loop
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 11:09 am
by Swys14
ek laai my 175gr Hornady's teen 2475fps @ muzzle. Wil die como vir eland gebruik volgende jaar.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 11:29 am
by M98mauser
Vir jag glo ek net aan Nosler Partition, ek self gebruik 160gr in my 7*57 teen 2550. Ek weet nie maar as ek na my bokke kyk en na van my vriende se bokke in die yskas is vleisskade altyd opmerklik minder met die Partitions,meeste 7*57 se twist is onder 10 en die spin wat dit op die projektiel sit saam met die SD van swaarder punte veroorsaak die uitstekende penetrasie. My geweer wil egter nie iets ligter as 160gr goed skiet nie,dink dis die 1:8.77 twist. Kan net noem balisties is n 7-08 baie naby aan n 7*57 en ek glo dit is nog n onderskatte kaliber wat uitstekend sal vaar.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 11:34 am
by bosjagter
Swys,
Onthou net 'n eland het pakke en pakke vleis en groot bene as jy hom reg deur die blad probeer skiet. Kies jou skoot baie mooi - verkieslik as hy vorentoe trap. Vir patroon gemoedsrus - skiet jou kombinasie deur 'n 25l drom water - met 'n backstop agter die drom. As jou patroon bymekaar bly behoort hy ok te wees - maar as hy opbreek dink maar nog bietjie daaroor
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Fri Oct 31, 2014 12:35 pm
by belinda1966
Koos Barnard wrote:Daardie boogjagter rook seker boom? Die baie koedoes en blouwildebeeste, asook rooibokke, hartbees, springbok, ens, ens wat ek al met my 7x57 en 150gr, let wel 150gr Partitions geskiet het, sal kan getuig dat 'n Partitiontjie op die regte plek dodelik is.
Wonder of dit die man is wat jare gelede, toe hy nog 'n handgun boffin was, sewe skote op 'n renoster geskiet het om hom dood te kry. Indien dit wel dieselfde persoon is, is dit seker duidelik hoekom hy nie in handwapens glo vir grootwild nie.
Mooi loop
PM vir jou gestuur.Ek dink jy ken hulle dalk.
Ek wonder of die Mauser broers besef het wat se puik kaliber hulle in 1892 ontwerp het.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Wed Nov 19, 2014 8:00 pm
by Hardekool
Ek stem saam dat die 7x57 n baie onderskatte kaliber is. Die eintlik hartseer dat hy amper besig is om n stadige dood te sterf. As mens na die jagfoto's en kalibers in die jagtydskrifte kyk sien mens amper nooit meer n 7x57 nie. Ek self laai 154gr hornady interbonds. Het al alles van rooibok tot blouwildebees geskiet. Jammer hornady maak nie n swaarder interbond nie.
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Wed Nov 19, 2014 8:20 pm
by Hein22
Swys14 wrote:Hoe sal die kaliber en 175gr Hornady Interlock SP werk op iets groot soos Eland?
Ek het al elande met my 7x57 geskiet en moet sĂȘ ek sal 2 keer dink voordat ek 'n interlock op 'n groot eland gebruik. Premium koeel gaan beslis beter wees.
My 7x57 is my go to gun as ek gaan jag en ek gaan volgende jaar155gr spartans teen 2550fps gebruik as my jag lading. Dit behoortperfek te werk vir ALLES, groot en klein. Kan nie wag nie...
Re: 7x57 Skitterend vir die bos
Posted: Wed Nov 19, 2014 9:04 pm
by Dwight375
Manne
Ek hou van wat julle se, ek is besig met n 404 projek en ek dink dan gaan ek vir my n 7x57 bou wat match met my 404.
Groete