Page 1 of 2
Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Fri Mar 25, 2011 7:38 pm
by Skiet-Kop
Die geweer wat ek huidiglik in gedagte het is as volg.
RSA Action with magazine, Broughton Stainless Steel Barrel (28 duim), Laminate Custom Stock
vir R20 250.
Is die prys billik?
Sal ek kan kompeterend wees met die opset in lang afstand teiken skiet?
Enige voorstelle en raad is welkom.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Fri Mar 25, 2011 7:50 pm
by rednat
Soek RSA enkelskootaksie vir kompetisieskiet
Kan miskien vir jou een kry.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Fri Mar 25, 2011 8:00 pm
by Monrique (SJ)
Skietkop
As ek so na daai prys kyk sal ek se dis n bietjie baie my maat, eks al dit nie betaal nie. Is dit in .308Win kal.

Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sat Mar 26, 2011 7:36 pm
by 243Songdaug
Skiet.
Die prys is bietjie woes my maat! Jy kan vir jou 'n custom laat bou vir daai prys. Het die geweer hom al bewys? Wie het hom gebou?
Niks fout met die kaleber, aksie of loop vir 'n langafstand skyfskiet rig nie - MAAR hie is hulle aanmekaar gesit?
Neem bietjie 'n foto en plaas dit op die forum?
Groete.
Jaco
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 1:04 pm
by Skiet-Kop
Die geweer wat ek geplaas het is n kwotasie op n nuwe "custom" gweer. In .308
Sou jul se ek moet nog bietjie verder soek of is die prys in die kol?
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 2:05 pm
by Arnold
Vir 'n nuwe custom geweer is dit seker nie buitensporig nie, veral omdat die kolf bykom. Watter sneller het die geweer?
Ek sou egter nie 'n magesyn vir die RSA laat insit nie. Baie manne skiet baie vinnig met die enkelskoot RSA en 'n magesyn gaan die aksie net swakker maak.
Indien ek vir my 'n "goedkoop" 308 moes laat bou vandag sou ek 'n Rem 700 aksie gebruik. Snellers, magesyne en kolwe is baie meer beskikbaar vir die aksie se footprint.
Persoonlik, sou ek eerder 'n Rem 700 VLS koop vir so R15-16k. (Ek is nou besig met 'n custom 260 Rem AI en sal seker nie gou weer die pad stap nie

)
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 2:28 pm
by Jagtersdok
Gooi gou al die specs van die roer. soos Arnold s? die sneller en als.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 3:57 pm
by erx
Hi Skietkop
Ek het self so 'n geweer laat bou.
Enkelskoot RSA aksie, Ferlach 26" loop en kolf by armtech laat bou. Geen Probleem!
Het die geweer 'n scope op? Die prys klink naby.
Ek hou egter nie daarvan dat 'n enkelskoot RSA gechop word vir magasynkas!
Groete
erx
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 4:52 pm
by Penkop
Skietkop,
Wie gaan daai roer vir jou bou?
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 7:17 pm
by Skiet-Kop
Die kwotasie wat ek gekry het is van n geweersmit in in die kaap aan my gegee. (mag ek sy naam hier se?)
Hout Gelamineerde kolf. (Thumb hole)
Jewel trigger
28 duim broughten stainless steel loop
RSA slotaksie met 4 skoot maggesyn
Picatilli rail
Geen teleskoop
Vir R20250
Omdat ek met die geweer wil jag ook het ek gedink om n maggesyn te instaleer
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 7:25 pm
by Jagtersdok
Is die geweer dan gebed en guncoat etc?
Jy behoort te kan doen vir so 16k
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 7:31 pm
by Skiet-Kop
Jagtersdoc.(Die oom wat vir my die kwotasie gegee het is self n sportskut)
Die geweer is volledig gemaak en gepas vir daardie prys.
Kan jy my verwys na iemand wat dit in daardie prysklas kan doen?
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 8:28 pm
by Armand Steenkamp
Skietkop
My eerlike opini is jy moet hom n enkelskoot hou.Jy gan nie benaadeel word nie.Net by gevaarlike wild,maar jy gan tog nie die roer daarvoor gebruik nie.Alowel ons weet met n 308 kan jy ALS skiet

Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 8:31 pm
by Jagtersdok
Nie daar waar jy is nou. Nou moet jy jouself die ander vraag vra. Vertrou jy die ou se werksvernuf so baie en weet die roer gaan perfek wees? Dan maak R4000 glad nie verskil nie.
Manne geweer laat bou is erger as vrou trou. Als moet perfek wees
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Sun Mar 27, 2011 10:34 pm
by James Wilson
welkom hier skietkop, ek sien jy het sommer vinnig hier raad gekry, daai ander site se manne ken eindelik van jag nie. hier sal jy gou regkom
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Mon Mar 28, 2011 5:33 pm
by rednat
Gesels bietjie met Beyers(op die forum) oor 'n kolf. Sy kolwe is sy trots en billik. R-----
Wat wil jy jag??
Gaan jy meer skyfskiet as jag of anders om?
Wat se skyfskiet wil jy doen -- Fklas??
In elk van bogenoemde gevalle sal jy vind dat daar ander behoefte is vir die ideale kolf.
Broughton loop -- reg R5500.
Aksie -- as jy hoofsaaklik gaan skyfskiet -- net enkelskoot en niks anders as jy kompeterend wil wees. As jy sommer net wil saamskiet luister dan na dom raad en vat magasyn R4500.
Kaliber -- doen bietjie vergelyking volgens jou behoefte. 308 is lieflik, akkuraat, mensvriendelik, ens. maar het sy beperkings met groter wild oor langer afstande. Weereens wat is jou prioriteite.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Mon Mar 28, 2011 6:27 pm
by Skiet-Kop
naandse Rednet.
Ek wil van kolganse,ystervarke,jakkalse,ribboke en als regdeur tot en met koedoes met hom skiet.
In die winter dien ek as n PH in my pa se jagbedryf die res van die tyd wil ek aan skiet kompetiesies deelneem.
Ek het die F TR klas in gedagte en dan sommer aan die plaaslike tieken skiet kompetisies ook.
Miskien moet ek dan by n enkelskoot geweer bly.
Ek hou van skiet en doen dit wanneer ek kan,so die kostes betrokke i.v.m die ammenisie is vir my belangrik en dit is hoekom ek die .308 oorweeg.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Wed Mar 30, 2011 4:06 pm
by Armand Steenkamp
Daaarshy skietkop.Jys op die regte pad.Hou hom enkelskoot.
Soos reeds genoen die 308 is n baie goeie allrounder.Baie
akuraate kaliber en nie vol fiemmies as jy hom herlaai nie
Jy kry duim groperings met die minnimumdopvoorberyding
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Wed Mar 30, 2011 6:28 pm
by fanie17
Skietkop
Ek het so wragtag eers Spietkop geskryf en toe besef ek is verkeerd.Kan ons by die begin, begin,Watse gewere het jy reeds. Met daai geld kan jy twee gewere koop waarvan een n 308 RSA geweer kan wees ,moenie te haastig bestel nie kom ons praat eers.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Wed Mar 30, 2011 10:06 pm
by rednat
As daar nie Koedoe by jou lysie was nie dan sou ek beslis die 25 06 oorweeg het -- so tot en met die blesbok ja en 'n baie lekker trajek vir baanskiet en veldskietkompetisies.
Ekself het 'n spesiale verhouding met die 7mm. kaliber (7x57 en ens.) -- let wel nie die 7magnums nie.
7.62/308 het ek ook so 5 van en hulle het my nog nooit teleurgestel nie -- akkuraat en nie vol nonsiies. Weereens looptwist en looplengte moet ernstig oorweeg word vir die doel waarvoor jy hom wil gebruik -- daarom het ek meer as een. Wanneer dit egter by die groter wild soos koedoe en eland kom moet jy beslis sy beperkings goed ken. My seun skiet al sy koedoes en gemsbokke met 'n 308 maar sal dit nooit verder as 200tree doen nie en ook seker maak dat die bok reg staan.
Vir die koedoe en gemsbok is die ou staatmaker 3006 darem maar so 'n kortkop voor die 308 op die bietjie verder staan -- maar dan nou miskien weer nie heeltemal so akkuraat nie.
Lyk my jy het twee roere nodig. Wat van 'n klassieke tweede roer: die 300 H&H vir die gemsbok tot eland. Dan het jy iets wat nie in elke kafee te koop is nie
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Fri Apr 01, 2011 11:01 am
by fanie17
Skietkop
Hier is een van my 308 ,ek het n RSA skyfskiet geweer gebruik,die kolf verander punt van die loop afgesny,en n teleskoop op gesit.Al die gaaitjies sny mekaar op 100m[img]http://[img]
http://i1110.photobucket.com/albums/h455/Faniek/3.jpg[/img][/img]
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Tue Apr 05, 2011 5:25 pm
by Skiet-Kop
Huidiglik het ek net n .22 en n 9mm op my naam,so die gaan my eerste jagwapen wees.
Ek is reeds vertroud met my pa se .243 en .270,maar die manne in die klein karoo gaan nie toelaat dat ek met n .270 skiet op hul plaas wat ek suksesvol by ons dien nie,so ek moet grooter gaan.
Alhoewel Gemsbok skiet met n .270 het sy beperkinge. 200m met n 130gr punt teen 3000fps agter die blad laat die punt net net nie deur gaan by die anderkant nie. Het die punt met n mes uit die vel gehaal.
Ek wil bitter graag die foto van jou RSA 308 sien,maar die 'link' is dood klaarblyklik. (Fanie)
EK dink al hoe meer dat dit maar raadsaam sal wees om 2 gewere te koop.
n skyfskiet geweer en dan n jaggeweer.
Ek kan nou n nuwe Rem 700 sps tactical koop vir net onder die R10 000 vir n jaggeweer en dan maar later n plan maak vir n meer doelgerigte geweer vir skyfskiet.
Ek voel dat as ek die 155gr punt teen +- 2900fps kan jaag deur n .308 sal ek tevrede wees.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Tue Apr 05, 2011 5:42 pm
by Arnold
Spietkop, wees verseker dat jy nie 'n 155gr teen 2900 fps uit 'n SPS tactical sal kan skiet nie. Daardie 20" loop is goed vir so 2650 fps met 'n 155gr.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:08 pm
by Skiet-Kop
Ja jammer. Ek sien dit ook nou. Dan maar die rem 700 xcr tactical long range. Ek weet net nie wat hy kos nie.
Re: Manne ek koop n .308. Help.
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:14 pm
by Skiet-Kop
Die rem 700 Target tactical was my eerste keuse maar die wagtydperk,onkonstante prys en swak diens by formalito maak my negatief.