Page 1 of 1

redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 6:17 am
by .243
Het enige iemand ondervinding van die Redfield BattleZone 6-18x44 (TAC-MOA). Ek sien hy kom met turrets vir die 223 en sal hom graag op my 223 wil sit. Sy prys is by R4000 rond so mens kan seker nie te veel verwag nie. Sal graag wil hoor wat julle opinie is.

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 7:16 am
by Roger
My vriend het die Revolution as ek reg onthou, 4-12x40 en hy is baie gelukkig met hom op sy Sako 243.

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 7:35 am
by Philip J
Ek het 'n Revolution 4-12x40 op my .303 en 'n Revenge 6-18x44 op my 6mm en ek was nog nie een dag spyt dat ek hulle gekoop het nie. In sy prysklas gaan jy in my opinie moeilik 'n Redfield klop.
Net omdat die teleskope nie mal geprys is nie, beteken dit nie noodwendig dat dit 'n minderwaardige produk is nie.

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 7:39 am
by Nickvn
Ek het drie Redfields en waarde vir geld gaan jy moeilik klop. My .223 het ook die 6-18 vergroting op en ek is baie gelukkig met hom. Jy sal nie spyt wees nie.

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 7:40 am
by Capt. Yoda
My Pa het so ruk terug met n 6-18 battlefield by my aan gekom en gese ons moet dit op n geweer mount want hy hou van die scope.Ek het amper op my rug geval toe ons met die scope geskiet het.Die glas is beter as baie duurder scopes en die turrets werk regtig baie baie lekker, ek sal nie vir n sekond wonder of ek so scope op n geweer moet sit nie

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 7:46 am
by .243
Dankie vir die vinnige reaksies. Gaan hom vir my aanskaf. Die oor see se forums praat ook meestal net goeie goed van die scope. Wou net eers by my mense seker maak... Nou moet die 223 se lisensie net kom.

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 8:44 am
by NEGE3
Ek het 'n Accu-Ranger 6-18 op my 6.5x55 en is baie tevrede. Redfield vlieg onder die Leipoldt vaandel en na verkope diens is baie goed.
Dink nie jy sal 'n fout maak nie.

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 4:27 pm
by Christo J
Wie is die agente??

Re: redfield battlezone

Posted: Mon Oct 27, 2014 8:01 pm
by NEGE3
Formalito