Page 1 of 1
Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Fri Oct 24, 2014 4:02 pm
by Abrie Smit
Francois Marais is besig om 'n kursus te reël in Windhoek wat Taffie sal aanbied einde November. Ons soek egter genoeg manne wat belangstel, want Taffie moet ver reis en diesel is duur. Manne wat belangstel, laat weet asb.
Mooi naweek
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Nov 06, 2014 3:44 pm
by dehacked
1 hier, enige idee van prys?
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Nov 06, 2014 4:02 pm
by Williel
Plaas n advertensie in Republikein met detail en plek vir inskrywing detail.
Die manne lees dit gereeld en baie boere sal so bereik word.
Ek sal ook die woord versprei onder die Suidemanne in Hoachenas se omgewing.
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Nov 06, 2014 5:56 pm
by JK
My naam is daar
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Nov 06, 2014 11:03 pm
by Francois Marais
Manne ons is al so 30 man sterk, dinge loop mooi, daar kan dalk nog n paar bykom voor die tyd finaal aanbreek.....
Mooi loop
Francois
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Fri Nov 07, 2014 8:55 am
by Williel
Francois, ek en myself en swaer sal ook daar wees.
Sit op asb.
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Fri Nov 07, 2014 9:22 am
by Witpietskiet
Hi Willie,
Stuur vir FM n WA asb, dat hy julle nommers kry en by die WA groep kan bysit. Daar behoort jy redelik al die reelings te kry.
Sien jou daar
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Fri Nov 07, 2014 9:50 am
by Williel
Dankie, ek het gestuur.
Groete
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Fri Nov 07, 2014 1:29 pm
by Francois Marais
Ons is nou al 33 man sterk, wonner of Suidwes nog gaan jakke oorhê as die volleerde manne gaan uitspring veld toe, hehe
Is heel opgewonde......
Mooi loop
Francois
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Wed Nov 19, 2014 4:23 pm
by Abrie
Ek het erens verstaan hierdie kurses is vir die 29ste November? Is dit die regte datum?
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Nov 20, 2014 4:23 am
by Francois Marais
Jip Abrie. Saterdag oggend agt uur. 29 Nov. DTS sportgronde. Selle straat as Bush Bar.....
Mooi loop
Francois
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Nov 20, 2014 3:03 pm
by Abrie
Dankie Francois
Julle beplan nie dalk nog 'n kurses erens in volgende jaar nie? Ek moet gaan troue hou in die Kaap die 29ste.
Groete eers
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Fri Nov 21, 2014 1:36 am
by Francois Marais
Abrie
Sover nog nie.....
Mooi loop
Francois
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Dec 04, 2014 11:00 am
by Abrie
Ek is sommer nuuskurig om te hoor hoe die kurses gegaan het, die manne moet darrem laat weet hoe hul sukses rates verander as hul weer in die veld kom.
Re: Roep Kursus te Windhoek Namibia
Posted: Thu Dec 04, 2014 5:18 pm
by JK
Was nog weer in die veld nie, maar weet nou hoekom die jakkalse so honger was die laaste 2-3 maande
