Page 1 of 1
Hoe lucky kan 1 man wees vir n 2de keer
Posted: Thu Oct 23, 2014 2:03 pm
by 375fanatic
gister aand so 8 uur kry ek n kriewel in my agterstewe om bietjie die ystervarke by ons wartlemoene te gaan pak gee.
teen 20h45 is ek en n maat by die land so 130m van waar hulle inkom ons skyn so elke 10min ons hoor iets links van ons maar dog dis n bosbok in die nartjies toe ek weer skyn skyn ek links en hier staan 4 varke 30m van ons af en wei . ek kon my oe nie glo nie want ons het lekker sit en gesels en rook die ystervarke is mos ver van ons af .
ons was net te stadig om die 2 de een te laat bakkie ry so gelukkie kom nie elke dag nie
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Thu Oct 23, 2014 2:06 pm
by Capt. Yoda
Hond se kierie dit is nou lekker.Met wat het jy hom geskiet?
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Thu Oct 23, 2014 2:23 pm
by SNIPER
Hi 375 fanatic
Baie mooi bosvark my maat.
Jy moet dadelik net bietjie kos daar gaan uit sit dan skiet jy more aand weer een.
Ek is hier op Nylstroom en het so 4 plase waar ek nou al 3 maande voer, het op die een plaas met laaste volmaan 3 in 3 aande geskiet.
Hoop ons kry nog n photo voor die naweek.
Groete
Sniper
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Thu Oct 23, 2014 3:56 pm
by DWB
Vark! Lekker tjoppies daai!
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Thu Oct 23, 2014 5:51 pm
by 375fanatic
Daai rug tjops is bobaas
ek het hom met die 6.5x55 geskiet ons wil die boggers weg kry vd wartlemoene hulle het gelukkig nog nie by die wartlemoene skade gemaak nie maar die ystervark hy is
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Fri Oct 24, 2014 9:38 am
by sako 30-06
Baie nice,mooi bosvark.
Ek het gehoor hulle ruik die waatlemoene van weer af,so hou hulle maar dop.
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Fri Oct 24, 2014 6:02 pm
by Kallie Fernhout
Netjies Rudie
Re: Hoe lucky kan 1 man wees
Posted: Fri Nov 28, 2014 7:21 am
by 375fanatic
Laas Donderdag het ons wartlemoene gepluk en ons was meer as tevrede met die opkoms . toe vat ek en my mater maar so ietsie vir die keel . So teen 9uur se ek vir hom dit sal darem nou die dag uitstekend afsluit as ons nou sommer so in n ou ystervarkie vas ry . want die varke is mos nou vir jou slim hulle hoor as mense praat .
Toe start ons maar vir ou tank en Ry ons was nog nie eers halfpad om die pivot nie toe staan die twee in die land ek het toe 1 geskiet en toe die geweer aangee en hy het die ander een geskiet .
dit verbaas my net hoe jag werk dat jy in n maand 2 varke skiet waar jy vir jare vir hulle jag en jy sien hulle amper nie eers nie .
Re: Hoe lucky kan 1 man wees vir n 2de keer
Posted: Fri Nov 28, 2014 7:29 am
by Jake1
Baie geluk, dis mooies daai.
Re: Hoe lucky kan 1 man wees vir n 2de keer
Posted: Fri Nov 28, 2014 8:33 am
by Riaan Kriel
Lekker man, lekker!
Roei die pestilensies uit, hulle maak groot skade.