Page 1 of 1

Scope elevation probleem

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:17 pm
by QG18de
Laat ek maar n nuwe topic begin...

Eks skiet 260 Rem. 140gr Nosler Custom comp punte teen so 2790 fps.

Wat ek nou wil weet is: Hoeveel elevation (moa) stel julle om 'n hit te kry op 1000m? en 1200m?
Ek weet atmosferiese toestande sal dit werklike waarde beinvloed, maar net om 'n idee te kry. Ek dink my scope voeter so bietjie rond, aangesien ek 5moa meer moes opstel as wat die ballistiese app voorgestel het!

Op naby afstande skiet ek sommer bo-oor die teiken en op verder afstande skiet ek voor die teiken vas.

Moes 'n totaal van 39moa opstel vir 1000m. en 55moa vir 1200m.

Enige insette sal waardeur word!

Re: Scope elevation probleem

Posted: Thu Oct 23, 2014 4:56 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Hoe lank is 'n stuk tou? >:+

Eers die vrae, dan terugvoer.

Wat is die koeël se BC?
Hoe hoog is die teleskoop bo die middel van die loop?
Watter teleskoop is dit met watter kruishaar?

Met die inligting kan ons jou help.

Groete,
Gawie.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Thu Oct 23, 2014 6:41 pm
by Frikkie Coetzee
Watter afstand is jou geweer gezero.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Thu Oct 23, 2014 7:10 pm
by Arnold
Ongeveer en plus minus ....
1000m - 35.7 MOA
1200m - 50.7 MOA

Watse scope is dit en het jy al gekyk of die scope reg stel?
Watse BC gebruik jy en hoe het jy jou spoed bepaal?

Re: Scope elevation probleem

Posted: Thu Oct 23, 2014 9:37 pm
by Christo
Ek skiet ook een so effe vinniger, maar jy gaan verseker 'n 20 MOA rail moet opsit as jy nie daardie scope van jou se turrets wil "strip" nie.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Oct 24, 2014 12:26 am
by QG18de
Dankie vir die vinnige trugvoer!

Ritou...
Al die antwoorde op al die vrae.

Spoed is bepaal deur crony alpha master op 2790fps.
BC vn nosler 140gr CC is volgens Litz 0.281 (G7). ek gbruik ook hierdie waarde. Watse waarde gebruik julle vir die spesifieke koeel?

Scope is 'n hawke sidewinder tactical 8,5-25x42 met 60moa (dalk bietjie meer) elevation en windage verstelling.

Geweer het n 20 moa rail op.

As ek verstellings doen soos 'n mal ding en hom weer na sy zero toe terug verstel, dan val die koeel weer dadelik op die zero merk sonder foute. Scope is gezero op 200m.

Maar wat ek sien is dat dit stel bietjie meer as die waarde wat die scope aandui. As ek op 200m, 0.5moa (opwaarts) verstel, dan sal die koeel ongeveer 1,5" - 2" hoër val op die kaart, waar dit veronderstel was op net 1" te verstel het? Ek het nog nie getoets deur op 'n teiken te skiet op 200m en elke keer al hoër te stel om te sien hoeveel die scope adjust nie.

Wat dink julle?

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Oct 24, 2014 12:42 am
by QG18de
scope ongeveer 1,5'' bokant loop. Die teleskoop het 'n half mildot kruishaar. Totaal van 20 mildots van bo tot onder en 20 mildots van links na regs.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Oct 24, 2014 6:00 am
by Arnold
Ek weetnie hoekom jy die vraag gevra het nie as jy self sê jou scope stel nie reg nie? Jy weet dan mos waar die probleem is.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Oct 24, 2014 6:17 am
by QG18de
Jis Arnold.

Ek vra dit juis hier om dit te bevestig. Ekt maar gewonder oor die BC van die koeel ook. Watse waarde gebruik julle? Dit kan ms ook 'n verskil maak.

Ek het soveel goeie goed gehoor van die Hawke scopes. Toe probeer ek maar een... :-[

Dankie!

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Oct 24, 2014 6:47 am
by Skywalker
Hi QG18de, om seker te maak of dit wel jou scope is wat rondneuk probeer dalk n ''tracking'' toets doen op 100m om human error so ver as moontlik uit te skakel. Hieso is n vorige post van my op n ander topic hoe ek seker gemaak het my scope is 100%


Ek het die Vortex Viper HS LR 4-16x50 baie tevrede. Ek het 2 naweke terug self oor die tracking gewonder en van waar my scope op 100m gezero is het ek hom 4 clicks regs gegee en n skoot geskiet en toe 2 clicks op (windage 1/4''@100y en elevation 1/2''@100y) en n skoot geskiet toe weer 4 clicks links toe weer 2 clicks af. Hy het presies weer gezero en ek het n mooi blokkie geskiet, en dit was sommer pmp patrone gewees.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Oct 24, 2014 6:56 am
by Arnold
As jy vir ons sê jou scope stel nie reg nie, soos wat jy gedoen het, help dit geensins om BC te bevestig nie. Doen die "tall target" toets op 100m en bevestig eers wat jou scope doen.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Nov 14, 2014 11:17 am
by QG18de
Goeie dag manne

Net 'n update. Ek het die scope gan toets en daar is nie fout met sy tracking nie. Maak nie saak waarheen ek hom stel nie, maar as ek hom trugstel na sy zero toe, dan skiet hy weer presies op dieselfde punt.

Daar is wel 'n fout met die hoeveelheid wat die teleskoop stel. Op 6moa verstel hy 6,3moa. En op 8moa verstel hy al klaar 8,6moa. Van 12moa af stel hy weer baie meer akkuraat en die waardes wat ek gemeet het stem ooreen wat gestel is op die teleskoop. Daar is wel weer foute op 50 tot 60moa. Op 60moa stel die teleskoop in werklikheid net 55moa.

Het nou maar die teleskoop weer teruggestuur na die verskaffer sodat hulle hom kan toets en hopelik omruil met n ander een.

Lekker dag verder!

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Nov 14, 2014 12:10 pm
by Nickvn
QG18de wrote: Daar is wel 'n fout met die hoeveelheid wat die teleskoop stel. Op 6moa verstel hy 6,3moa. En op 8moa verstel hy al klaar 8,6moa. Van 12moa af stel hy weer baie meer akkuraat en die waardes wat ek gemeet het stem ooreen wat gestel is op die teleskoop. Daar is wel weer foute op 50 tot 60moa. Op 60moa stel die teleskoop in werklikheid net 55moa.
Hoe meet jy dit teenoor die verstelling op jou teleskoop. Meet jy dit op n teiken of neem jy dit vanaf n balistiese program soos jy vroeer genoem het.

Ek gebruik Strelok en moes aanpassings maak in die program om die program en die werklikheid by mekaar uit te bring. Ek het gevind dat ek die spoed n bietjie moes opskuif en die BC bietjie afbring in die program om die trajek reg te kry.

Re: Scope elevation probleem

Posted: Fri Nov 14, 2014 12:34 pm
by QG18de
Yes Nick

Ek het dit fisies op n teiken gaan merk.
Het die geweer vasgemaak en die teleskoop verstel en elke keer gaan merk op die teiken.

Ek speel ook altyd so bq met die spoed en bc sodat ek my waardes met die ballistiese program sin kan laat ooreenstem, maar hierdie keer was dit basies onmoontlik. Dit hoekom ek toe die scope begin verdink het.

Lekker dag verder
Jason