Page 1 of 1

Nuwe Teleskoop: Instel (Moes Shim)

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:17 pm
by J le Roux
My S&B 3-12 x 50 Klassik (dankie Terven) is gister gemonteer en ge-boresight. Ek wil hom Saterdag inlyf, maar more eers skietbaan toe vir instel.

Nou advies asb. Ek wil met die minste skote moontlik (partoon voorraad is laag :-[ ) die teleskoop instel sonder om kort paaie te vat.

Kan julle jul "resepte" deel asb.

Bv:
Eerste skoot op 25m A4 teiken: verstel, dan skoot op 100m teiken:verstel, nog 'n skoot: verstel, nog 'n skoot: fyn verstel, 2 skote vir groepering?

Klink dit tipies? Is dit realisties om met 6 patrone reg te kom? Ek het my Lynx met 12 skote ingestel, maar het ook maar lekker gespeel.

Ek skiet 'n Howa 30-06, omtrent hoe lank tussen skote om te voorkom dat die warm loop my nie rondneuk nie?

Dankie manne, ek luister by die radio asb.

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:27 pm
by win270
Stel in met teleskoop op grootste vergroting gestel . . . dis wat ek meestal hoor. Wat sê die ander hieroor?

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:33 pm
by musgrave270
As jou scope reeds geboresight is sal ek sê dis nie nodig om op 25m te skiet nie.

Iewers op die forum is die metode al bepreek. Skiet 'n skoot, met kruishaar op kol waar jy gemik het, dan stel jou kruishaar na die gat op die teiken sonder om jou geweer te verskuif. Vra iemand om jou te help. Jy behoort dan op die kol te skiet waar jy mik, so dit behoort gedoen te kan word in 4 skote.

Ek sal voorstel, nadat jy op 100m geskiet het, kyk hoeveel clicks jou teleskoop nog kan opstel. Anders wil jy dalk 'n anderdag jou geweer op 200m of 300m zero en daar is jou clicks weg.

Groete
Ruan

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:34 pm
by Capt. Yoda
As hy ge-boresight is behoort jy dam n A3 papier op 100m raak te kry. As jy wil skiet hom n skoot op 25m en vat hom dan 100m toe, as jou scope nie sterk genoeg is (glo dam daai scope is) om mooi skote op 100m te sien nie zero hom op 25m waar jy die gate mooi kan sien.As jy hom op 25 eers zero behoort hy net bq laag te skiet op 100.As hy op papier is op 100m behoort jy hom met 3 of minder skote op kol te kry.Jy weet mos min of meer hoeveel jou scope stel op 100m of yards. As hy klaar ge-boresight is sal ek hom somer klaar 100m toe vat n skoot skiet en stel na waar jy hom wil he

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:40 pm
by Dawie Malan
Plaas die teiken presies op die afstand wat jy gaan skiet, werk dan uit presies hoeveel gaan jou teleskoop verstel op die afstand met een click en vat 'n lineaal saam. Ek sou raai jou teleskoop vertel teen 'n 1/4 MOA op 'n 100 yards en dit beteken dat jou teleskoop ±1.9mm gaan verstel op 25m. Skiet 3 skote en werk jou verstelling van die middel van die 3 uit tot op die teiken.

En so kom jy op die teiken met min patrone.

Groete

Dawie

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:43 pm
by win270
En as jou ammunisie op is na die vier skote agv instelling, hou jou kettie byderhand as jy veld toe gaan!! ++>:

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:55 pm
by alecjohnson

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:57 pm
by SNIPER
Hi Le Roux

Ek is hier op Nylstroom,stel voor jy ry gou deur ,ons gaan skiet gou 4 skote en jou geweer is reg,dan kan jy 2 skote vat op 200m net om te kyk wat jou lading maak en of jy te vrede is.

Laat weet of jy reg kom.

Groete

Sniper

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:57 pm
by PWV

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 3:08 pm
by J le Roux
Dankie vir die insette, ek sou wragtag sonder 'n liniaal gegaan het! Sniper, ek het so idee as ek "gou" deurry na jou toe gaan die kuier by die skietbaan net so lank as die ryery vat, maar dankie vir die uitnodiging.

As ek 'n groepering kan inbewe sal ek laat weet.

Re: Nuwe Teleskoop: Instel

Posted: Thu Oct 23, 2014 3:26 pm
by DawieKotze
Musgrave270 het goeie raad gegee. Teoreties het jy dus net 2 skote nodig om die scope in te stel. Onthou dat met hierdie metode jy die turrets in die teenoorgestelde rigting moet draai terwyl jy deur die scope kyk.

Indien jy na die 1ste skoot jou liniaal gebruik om bo en onder die koeëlgat op spesifieke afstande vir jou scope, geweer en lading merke te maak, dan stel jy die scope na daardie punt toe waar jy wil zero.

Hoop dit maak sin

Groete

Dawie

Re: Nuwe Teleskoop: Instel (Moes shim gebruik)

Posted: Mon Oct 27, 2014 9:52 am
by J le Roux
Dit was toe maar 'n gesukkel. Moes shims laat insit op agterste ringe, want ek het uit clicks uit gehardloop met op verstelling, al was die skoot nog 8 duim laag.

Dis 'n Schmidt & Bender 3-12 x 50 Klassik, met Thor basisse en ringe op 'n Howa 30-06.

Hy's darem nou ingestel, maar ek weet daar is manne wat nie hou daarvan om shims te gebruik nie. Ek luister graag na jul opinie.

Re: Nuwe Teleskoop: Instel (Moes Shim)

Posted: Mon Oct 27, 2014 12:27 pm
by Chevvy SS
Nou moet die landmeters( oom Driepoot) en ander wiskundiges help. As die shim agter ingesit is, sou dit nie die "op" versteliing nadelig beïnvloed (teengewerk) het nie?

Re: Nuwe Teleskoop: Instel (Moes Shim)

Posted: Mon Oct 27, 2014 12:31 pm
by J le Roux
Die Shims is darem reg ingesit. Die koeel het baie laag getref, dus as die scope agter met shim gelig is, kyk jou kruishaar darem bietjie meer "af", nader aan waar die koeel tref en het ek darem in die "range" van die verstelling klieks gekom en kon hom zero.

My vraag bly of die shims nadelig is vir die scope of akkuraatheid kan be-invloed?

Re: Nuwe Teleskoop: Instel (Moes Shim)

Posted: Mon Oct 27, 2014 1:26 pm
by PWV
My vriend Chevvy-motorkar, as die teleskoop agter gelig word, "lig" die punt van die geweerloop ook op en skiet dus verder.
Kan nie eintlik sien dat dit nadelig sal wees nie.
Ek het egter 'n 20MOA "picatinny rail" ingesit in plaas daarvan om die "shim"-pad te vat.
Die "shim"-pad is egter baie goedkoper en as dit nie vir S & O se welwillendheid was nie, het ek die pad gevolg.
Groetnis

Re: Nuwe Teleskoop: Instel (Moes Shim)

Posted: Wed Oct 29, 2014 6:59 pm
by Reloader270
Ek sentreer eers die teleskoop se kruisdraad. Daarna monteer ek die teleskoop stewig op die ring, maar sluit/lock nog nie die sydelingse sluitmoere nie (die wat die pivit point op die basis sluit/lock). Dan druk ek my "bore sigther" in. Stel die teleskoop op sy grootste vergroting. Dan sentreer ek die kruisdraad deur die sydelingse sluitmoere so te manipuleer dat die kruisdraad van die teleskoop met die bore sighter se middelpunt sentreer. Dan weet jy jou teleskoop is 100% gesentreer op die loop se middelpunt.